Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 5

Gebed by die môre-offer.

1

VIR die 1musiekleier; met 2fluite. ’n Psalm van Dawid.

2

o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

3

Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

4

3In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek 4dit aan U voorlê en 5afwag.

5

Want U is nie ’n God wat behae het in goddeloosheid nie; 6die kwaaddoener sal by U nie 7vertoef nie.

6

Die 8onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

7

U sal die 9leuensprekers laat omkom; van die man van 10bloed en bedrog het die HERE ’n afsku.

8

Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u 11huis ingaan, my 12buig na u heilige 13tempel, in u 14vrees.

9

HERE, lei my in u 15geregtigheid om my 16vyande ontwil; maak u 17weg voor my reg.

10

Want in hulle 18mond is niks betroubaars nie; hulle 19binneste bring 20onheil; ahulle 21keel is ’n oop graf; hulle maak hul tong glad.

11

22Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val 23deur hul planne; 24dryf hulle weg oor die menigte van hul 25oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

12

Maar 26laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en 27beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

13

Want U seën die regverdige, o HERE, U 28omring hom met 29welbehae soos met ’n skild.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Hebr. Negilôt. Hierdeur verstaan sommige sulke musiekinstrumente wat deur wind of geblaas geluid maak, soos fluite, basuine, trompette, orrels, ens. Ander verstaan dit as ’n sekere musiektoon.

3 Vgl. Ps. 88:14; 92:3. So word ook van God gesê dat Hy in die môre (dit is, vroeg, betyds) sy genade bewys, Ps. 90:14; 143:8. Klaagl. 3:23.

4 Of: my woorde, my gebed ordelik voor U stel. Sien Job 32:14; 33:5.

5 Soos ’n wagter speur of uitkyk of u hulp nie kom nie; of wag op wat U sal antwoord. Vgl. Ps. 130:6. Miga 7:7. Háb. 2:1.

6 Of: die kwaad.

7 Dit is, geen gemeenskap met U hê nie, nie voor U wees, bly of bestaan nie. Vgl. Ps. 34:17; 94:20.

8 Of: verwaandes, hoogmoediges, grootpraters, dit wil voorkom of die Hebreeuse woord eintlik daarna verwys, maar dit word verder in die algemeen verstaan as dwase, onsinniges, rasendes, wat nie die ware wysheid besit nie, maar soos rasende en sinnelose mense hul in alle ydelheid en sondes wentel, roem en verlustig. Sien Ps. 73:3; 75:5; 102:9. Pred. 2:2, 12; 7:9; 10:13. Jes. 44:25. Jer. 50:38, ens.
9 Vgl. Ps. 4:3 se kanttekening.

10 Hebr. bloede (in die meervoud). Sien Gén. 4:10 se kanttekening. Dit is, die bloeddorstige, moorddadige en bedrieglike. Vgl. 2 Sam. 16:7; 22:49. Ps. 18:49; 26:9; 43:1; 55:24; 59:3; 140:2, 5. Spr. 3:31.

11 Verstaan die tabernakel, want die tempel is nie gebou in Dawid se leeftyd nie.

12 Dit is, in die voorhof, by die ingang van die tabernakel, terwyl ek my aangesig na die Allerheiligste rig, waar die verbondsark is. Sien Lev. 1:3. Ps. 116:19. In die Heilige het die priesters ingegaan, in die Allerheiligste slegs die hoëpriester, Hebr. 9:6, 7.

13 Die Hebreeuse woord is ’n naam vir koninklike wonings, Ps. 45:9, 16. Spr. 30:28, en word ook gebruik vir die plek waar van God gesê word dat Hy daar woon; soos van die tabernakel, 1 Sam. 1:9; 3:3, en hier; van die tempel, 1 Kon. 6:17, ens.; selfs van die hemel, Ps. 11:4. Miga 1:2.

14 Met behoorlike eerbied en ontsag vir u majesteit en onbegryplike genade.

15 Dit is, gehoorsaamheid aan u gebooie, wat ook hierna deur die woord weg bedoel word. Anders: deur u geregtigheid, waardeur U die onskuldige voorstaan.

16 Wat op my loer, die oog op my hou, om my te betrap of te laat val; so ook in Ps. 27:11, 12.

17 Sien Gén. 18:19 se kanttekening. Die betekenis is: Wys en maak vir my deur u Gees, as my leidsman, die weg gelyk wat U wil hê ek moet gaan.

a Ps. 34:17; 94:20. Rom. 3:10-18. 18 Hulle spreek niks anders as valsheid en bedrog nie. (Hebr. in sy mond, dit is, in die mond van elkeen van hulle.) Sien Job 15:5 se kanttekening.

19 Hulle dra in die hart niks anders nie as ’n bitter voorneme om die vromes verdriet, skade en ellende aan te doen.

20 Hebr. in die meervoud, onheile, skendings, booshede, verkeerdhede, wat strek tot hul naaste se verdriet, skande en onheil.

21 Hulle begeer en hunker na die vromes se onheil en ondergang. Die apostel pas dit in Rom. 3:13 toe op alle mense, met betrekking tot hul natuurlike verdorwenheid en boosheid. Vgl. Ps. 14:2, 3 se kanttekening, ens.

22 Dit is, veroordeel en straf hulle, soos hulle dit verdien het. Anders: Verwoes hulle, omdat die Hebreeuse woord beide beteken.

23 Sodat hulle almal misluk. Anders: laat hulle val vanweë hul planne.

24 Soos kaf, Ps. 1:4, of: verdryf hulle, verstoot hulle.

25 Of: afwykinge, trouelose handelinge.

26 Anders: So sal húlle almal bly wees, en so in dit wat volg.

27 Dit is, oordek en bewaar, soos wanneer iemand onder ’n dak beskerm word teen hitte, koue en onweer; of deur ’n skild teen die pyle van vyande.

28 Of: omsingel, kroon.

29 Of: met u goedgunstigheid. Vgl. Ps. 30:6.