Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 50

Die ware godsdiens.

1

’N PSALM van 1Asaf.

Die 2God van die gode, die HERE, spreek en roep die 3aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

2

Uit Sion, die 4volkomenheid van skoonheid, 5verskyn God in ligglans.

3

Onse God 6kom en kan nie 7swyg nie. 8Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

4

Hy roep na die 9hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:

5

10Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat 11my verbond by die offer sluit!

6

12En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! 13Sela.

7

Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan 14inskerp: Ek is God, 15jou God!

8

16Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

9

Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

10

want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by 17duisende.

11

Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is 18van My.

12

As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is amyne en sy 19volheid.

13

Sou Ek vleis van 20stiere eet of bloed van bokke drink?

14

Offer 21dank aan God, en bbetaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

15

en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

16

Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —

17

terwyl jy die 22tug haat en my woorde 23agter jou werp?

18

As jy ’n dief sien, dan 24geval dit jou by hom, en jou 25deel is met die egbrekers.

19

Jou mond 26laat jy los in boosheid, en jou tong 27vleg bedrog.

20

Jy sit en praat 28teen jou broer, die 29seun van jou moeder beskimp jy.

21

Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek 30swyg? Jy dink Ek 31is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit 32ordelik voor oë stel.

22

Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie 33verskeur sonder dat iemand red nie.

23

Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy 34weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat 35geniet.

1 Of: vir Asaf, dit is, vir hom of vir sy nakomelinge gegee, om in God se kerk te gebruik; soos Jakob en Israel dikwels beskou word as die Israeliete of Jakob se nakomelinge, en Aäron as Aäron se nakomelinge, 1 Kron. 12:27. So kan ’n mens ook onder Asaf soms sy nakomelinge verstaan. Asaf was ’n musiekleier en ook ’n siener of profeet. Sien 1 Kron. 25:1, ens. 2 Kron. 29:30.

2 Sien Deut. 10:17 se kanttekening. Ps. 82:1. Sommige verstaan dat hier drie onderskeie Name van God bymekaargevoeg is, El, Elohim, JEHOVA. Vgl. Jos. 22:22.

3 Dit is, bewoners van die aarde.

4 Dit is, wat volkome skoon is, ten opsigte van die suiwer godsdiens, die heilige vergadering, die verbondsark, ens., en van alle sake wat ’n geestelike betekenis het. Vgl. Ps. 48:3. Klaagl. 2:15. 1 Petr. 1:10-12.

5 Of: het God glansend verskyn. Vgl. Deut. 33:2. Sommige verstaan dit as volg: God het die volkomenheid van skoonheid uit Sion laat verskyn.

6 Vgl. Openb. 22:20.

7 Of: stil wees. Sien Rig. 18:9 se kanttekening.

8 Vgl. Deut. 4:24. 2 Sam. 22:9. Ps. 18:9.

9 Om dié as getuies te neem. Sien Deut. 4:26 se kanttekening.
10 Vgl. Matt. 24:31. Dit is God se woorde, waarmee Hy ter sprake gebring word, soos deur sy boodskappers, wat sy volk (wat in die algemeen die titel het van sy gunsgenote) oproep en dagvaar, om sy oordeel oor hul godsdiens uit te spreek.

11 Dit is, wat offer om die verbond wat tussen My en hulle is, daardeur te verseël, en te wys dat hulle my troue bondgenote is. Sien aangaande die seremonies wat gebruik was in die sluit van verbonde, Gén. 15:17, 18 se kanttekeninge, en vir ’n voorbeeld van verbondsluiting tussen God en sy volk deur offerandes, Ex. 24:4-8. Dit alles het gewys op die bloed van die Nuwe Testament en die Middelaar daarvan, ons Here Jesus Christus, in wie alleen die verbond van God met al sy ware gunsgenote bevestig is, Hebreërs 7-10.

12 Dit is weer die woorde van die profeet, wat hy (voordat hy voortgaan in die verhaal van God se woorde tot sy volk) hier invoeg, om die geregtigheid van God se oordeel aan te wys, waarvan alle skepsele getuienis moet gee, in die besonder die hemelse leërskare van die heilige engele, wat Hom in die oordeel bystaan en verheerlik, saam met sy heiliges, van wie ook gesê word dat hulle sal oordeel, Matt. 19:28. 1 Kor. 6:2. Vgl. Dan. 7:10. Matt. 25:31.

13 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

14 Ek sal julle ernstig voorhou en die regte inhoud van die verbond verklaar wat Ek met julle opgerig het. Of: Ek sal teen julle betuig, dit is, julle met erns oortuig dat julle my verbond oortree. God doen beide in hierdie psalm, aan die een kant tot opskerping van die vromes, en aan die ander kant tot oortuiging van goddelose huigelaars en dreig hulle ernstig as verbondsbrekers. Die Hebreeuse manier van spreek word in beide betekenisse gebruik.

15 Of: Ek, God, is jou God. Sien Gén. 17:7 se kanttekening. Dit is die inhoud van die verbond van God se kant. God spreek in die volgende verse van sy volk se pligte.

16 Naamlik vir soveel dit die uiterlike aangaan; jy is gedurig besig om te offer, daarmee skort niks nie, wil die Here sê, maar wel met die belangrikste, met die geestelike. Soos onder volg. Sommige verstaan dit as die afskaffing van die seremonies van die Ou Testament en die instelling van die geestelike godsdiens in die Nuwe Testament.
17 Hebr. gebergte van duisend, wat sommige vertaal met: duisend berge.
18 Dit beteken: julle het ver afgedwaal, as julle meen julle kan My met slegs jul uiterlike offerandes bevredig of aan my verbond voldoen.
a Ex. 19:5. Deut. 10:14. Job 41:2. Ps. 24:1. 1 Kor. 10:26, 28. 19 Dit is, alles wat daarin is, waarmee dit deur My vervul en versier is, soos in Ps. 24:1; 89:12.
20 Sien Ps. 22:13 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.
b Deut. 23:23. Job 22:27. Ps. 76:12. Pred. 5:3-5. 21 Of: lof. Sien Lev. 7:12 oor die seremoniële lofoffer. Maar hier word gespreek van die geestelike offerandes, wat God se bondgenote verskuldig is om te bring. Vgl. Hebr. 13:15.
22 Of: kastyding, bestraffing, met woorde of werke, wat dien tot onderwys en verbetering van sondaars. Die Hebreeuse woord beteken eintlik aan bande lê, bedwing, en word voorts geneem as tug en kastyding, as die weg van die lewe en van wysheid, Spr. 6:23; 12:1.

23 Soos ’n mens doen as jy iets verag en as waardeloos ag, wat ’n mens nie voor jou oë wil sien nie. Vgl. 1 Kon. 14:9 se kanttekening.

24 Of: jy stem met hom in, jy het ’n behae in hom. Dit beteken: Jy is dadelik vurig en gereed om in te stem met sy kwaad, en jy voeg jou met hart, mond en daad by hom. Dit wil voorkom of die Hebreeuse woord beide betekenisse het, loop en behae daarin hê.

25 Vgl. Spr. 29:24, waarop dan volg dat sulke mense hul deel van die straf ook saam met hulle ontvang. Sien Job 20:29 en die kanttekening.

26 Hebr. eintlik: stuur, dit is, jy gebruik dit vir, pas dit toe op, of bestee dit aan slegte sake.

27 Of: smee saam.

28 Tot sy nadeel.

29 Sien Deut. 13:6 se kanttekening.

30 Of: hou My stil, dat Ek jou nie dadelik straf nie, maar tyd gun tot bekering, vanweë my lankmoedigheid, wat jy nogtans misbruik. Vgl. Rom. 2:4, 5.

31 Hebr. sal wees.

32 Ek sal in ’n ry of in orde saamvat en jou laat voel wat al jou verbondsoortredings is.

33 Soos ’n leeu of ander wilde dier. Sien dieselfde betekenis van die Hebreeuse woord in Gén. 31:39; 37:33. Ex. 22:13. Anders: roof, wegruk, naamlik om te verskeur.
34 Dit is, lewe, handel en wandel, soos in Ps. 1:1 se kanttekening. Anders: wat dit tot ’n gewoonte maak of ’n gewoonte daarvan maak, naamlik om God te loof en te dank.

35 Of: sien, soos in Ps. 4:7, en dikwels elders. Sien Job 7:7 se kanttekening.