Statevertaling – Bybelstigting
’n Boetelied van Dawid.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid,
toe die aprofeet Natan na hom gekom het, nadat hy by bBátseba 2ingegaan het.
Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; 3delg my oortredinge uit na die 4grootheid van u barmhartigheid.
Was my 5heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
Want ék 6ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
Teen U 7alleen het ek gesondig en gedoen wat 8verkeerd is in u oë, csodat U 9regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Kyk, in 10ongeregtigheid is ek 11gebore, en in sonde het my moeder my 12ontvang.
Kyk, U het ’n welgevalle aan 13waarheid in die 14binneste, en in die 15verborgene maak U aan my wysheid bekend.
Ontsondig my met d16hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Laat my vreugde en blydskap 17hoor; laat die 18gebeente juig wat U verbrysel het.
19Verberg u aangesig vir my sondes en 20delg uit al my ongeregtighede.
21Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n 22vaste gees.
23Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u 24Heilige Gees nie van my weg nie.
Gee my weer die 25vreugde van u heil, en 26ondersteun my deur ’n gewillige gees.
27Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
Red my van 28bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u 29geregtigheid uitjubel.
Here, 30open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
Want U het 31geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
Die offers 32van God is ’n gebroke gees; ’n 33gebroke en 34verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
Doen goed aan 35Sion 36na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
Dan sal U ’n welbehae hê in die offers van 37geregtigheid, in brandoffer en 38voloffer; dan sal 39hulle stiere offer op u altaar.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. Dit is opmerklik dat, net soos dit God behaag het om Dawid se val in die Heilige Skrif te beskryf tot veelvuldige onderwys van sy volk, Dawid ook so deur God se Gees gedryf is om hierdie psalm met dieselfde bedoeling in God se huis te laat sing en speel. |
a 2 Sam. 12:1, ens.
b 2 Sam. 11:4. |
2 Sien Gén. 6:4 se kanttekening. |
3 Of: wis uit, verwyder. Vgl. Jes. 43:25; 44:22. Kol. 2:14. So ook vers 11.
4 Of: veelheid. |
5 Hebr. Vermenigvuldig, was my, of: Vermenigvuldig, doen baie moeite om my te was, of: Was my baie of herhaalde kere, weldeeglik, oor en oor. So spreek Dawid uit die oordenking en gevoel van die grootheid en veelheid van sy sondes. Alhoewel die manier van spreek geneem is van die uiterlike en seremoniële wassing en reiniging (sien Lev. 11:25, 32; 14:8, 9. Núm. 19:19, 20, ens., ook Ex. 19:10), dui dit op die betekende saak, naamlik die geestelike afwassing en reiniging van sondes deur die bloed van die Messías. Sien 1 Kor. 6:11. 1 Joh. 1:7. Openb. 7:14. Vgl. vers 9 hier. |
6 Of: ek weet, my oortredinge is aan my bekend. |
c Rom. 3:4. | 7 Naamlik, vir soveel ek gepoog het om my sondes vir mense te verberg, het ek nogtans deur Natan se bekendmaking bevind en in my gewete gevoel, dat U die Getuie en Regter van die saak is. Dit is ook U alleen wat my sonde kan straf en vergewe.
8 Dit is, wat U mishaag. 9 Dit is, regverdig bevind, gehou en geoordeel word. Deur hierdie bekentenis gee Dawid aan God die eer, dat God se woorde en oordele, deur Natan aan hom oorgedra, regverdig en rein is. Anders: sodat U regverdig is, ens. |
10 Verstaan hierdeur die erfsonde, aangebore verdorwenheid, die vlees en die inwonende sonde. Sien Joh. 3:6. Rom. 7:17.
11 So word die Hebreeuse woord ook gebruik in Job 15:7. Spr. 8:24, 25. 12 Hebr. swanger word. Of: met my swanger geword. Aangaande die Hebreeuse woord, vgl. Gén. 30:38, 39, 41. |
13 Dit is, ongeveinsdheid, onbedrieglike opregtheid, teenoor huigelary en geveinsdheid gestel, waaraan Dawid hom in hierdie tyd skuldig gemaak het.
14 Of: inwendige dele, naamlik van die mens, dit is, in die hart. Vgl. Rom. 2:29; 7:22. 2 Kor. 4:16. 1 Petr. 3:4. Soortgelyk Luk. 11:39, 40. Die Hebreeuse woord word slegs hier en in Job 38:36 gevind, komende van ’n woord wat bestryk, bedek, oortrek (soos mure met kalk, sement, klei, ens.) beteken. Deur sommige word dit vertaal met niere (wat met vet bedek is), waardeur die bewegings van mense dikwels verstaan word. Ander vertaal dit met praecordia, dit is, die hartdeksel of borsbeen wat die hart oordek, waarin God die wysheid neergelê het. 15 Of: ingeslote, naamlik die hart. Dit lyk of hy wil sê, dat God hom geleer het, om nie net van buite sy lig te laat skyn nie, maar ook in die besonder van binne en om in die verborgenheid heilig te wees. Sommige meen dit dui op die wysheid van God in die verborgenheid, 1 Kor. 2:7, ens., in die evangelie en deur sy Gees geopenbaar. |
d Lev. 14:4, 6. Núm. 19:6, 18. | 16 Dit is, deur die besprenkeling met die bloed van die Messías, afgebeeld deur die seremonies, soos in Lev. 14:4-7. Núm. 19:6, 9. Sien die kanttekeninge aldaar; en oor hisop 1 Kon. 4:33 se kanttekening. |
17 Deur my te verseker van die vergewing van my sondes, inwendig deur u Heilige Gees en uitwendig deur die diens van u profete.
18 Dit is, dat ek my verheug, ek, aan wie U deur die boodskap van u gramskap sulke smart aangedoen het, soos iemand ly, wie se beendere gebreek, verbrysel of vermorsel word, of wie se krag, vermoë en begeerte is asof dit versmelt het. Sien Job 2:5; 30:17; 33:19. Ps. 35:10; 38:4, ens. |
19 Dit is, reken dit my nie toe nie. Vgl. Ps. 90:8 se kanttekening; 109:14, 15. Jer. 16:17.
20 Soos in vers 3. |
21 Dit is, werk deur u Heilige Gees kragdadig in my die reiniging van my hart. So word die woord skep ook elders in hierdie vorm gebruik. Sien Jes. 41:20; 57:19. Ef. 2:10; 4:24, ens.
22 Dit is, vernuwe deur ’n vaste geloof ’n vaste en bestendige strewe in my siel tot die gehoorsaamheid aan u gebooie, sodat ek nie meer gly of val, soos nou plaasgevind het nie. Vgl. Ps. 57:8; 112:7. Vgl. verder oor hart en gees Eség. 11:19 met die kanttekeninge; en oor mense se binneste Job 20:14 se kanttekening. |
23 Wat ’n gevolg is van God se groot toorn. Sien Gén. 4:14, 16. 2 Kon. 24:20. Jer. 7:15; 52:3.
24 Hebr. die Gees van u heiligheid, dit is, u Heilige Gees; soos die berg van my heiligheid, Ps. 2:6, paleis of tempel van u heiligheid, Ps. 11:4, ens. So ook het die Here Christus en sy apostels deurgaans die derde persoon van die Heilige Drie-eenheid, die Heilige Gees genoem. |
25 Die vreugde wat ek tevore gevoel en gehad het oor die saligheid, wat U vir my berei het en sal gee, waarvan die gevoel deur my val in my verduister is.
26 Of: ondersteun my met die vrywillige of vrymoedige, goedwillige, edele, weldadige gees; waardeur ek U met kinderlike vrymoedigheid mag aanroep en met blymoedigheid en bereidwilligheid dien. Vgl. dit met die Gees van kindskap, sien daaroor Rom. 8:15, 16. Anders: die Gees van goedwilligheid, vrymoedigheid. |
27 Ek sal hulle deur my voorbeeld onderrig en troos, en deur hierdie middel (siende dat daar by U genade is vir ’n arme boetvaardige sondaar) sal hulle hul bekeer. Sien oor die Here se weë Gén. 18:19 se kanttekening. Ps. 25:4, 10. Hos. 14:10, ens. |
28 Hebr. bloed, dit is, bloedskulde, die skuld van doodslag, wat ek aan Uría en ander wat saam met hom omgekom het, gedoen het, waardeur ek die doodstraf self verdien het. Sien Gén. 4:10 se kanttekening; 9:5, 6.
29 Wat U bewys in die genadige onderhouding en vervulling van u beloftes. |
30 Lê ’n nuwe lied in my mond. Sien Ps. 40:4 se kanttekening. Hy wil sê, dat sy mond, deur die droefheid oor sy sondes en oordenking van sy onwaardigheid, asof gesluit was, en deur God se genade en die troos van die Heilige Gees geopen moes word. |
31 Naamlik sonder voorgaande en gepaardgaande boetvaardigheid. Sien die vorige psalm, en onder, vers 21. Rom. 12:1. So ook Hos. 6:6 se kanttekening. Sommige verstaan dit as die staat van die Nuwe Testament of die geestelike godsdiens daarvan. Sien Ps. 50:8 se kanttekening. |
32 Dit is, wat Hy hoofsaaklik gebied, en wat vir Hom aangenaam is, soos in Joh. 6:28, werke van God.
33 Deur ’n opregte en diepe berou oor die sondes, en hartlike verlange en versugting na die vergewing daarvan. Die beeld is duidelik geneem van die breek, stoot, kneus, verbrysel en vermorsel van harde dinge. Sien Ps. 34:19 se kanttekening. Daarteenoor word ’n harde hart gestel, waarvan die Skrif elders spreek. Anders: Die offerande van God is ’n gebroke gees, ’n gebroke en verslae hart; U sal dit nie verag nie. 34 Of: gekneus, vermorsel, verbrysel. |
35 Die plek waar U woon, waar u kerk haar heilige vergaderings hou en U dien. Sien verder Ps. 2:6 se kanttekening. Aldus bid Dawid vir God se volk, uit bekommernis dat die aanstoot deur hom gegee, tog nie mag strek tot die nadeel en versteuring van die hele kerk nie.
36 Of: deur u goedgunstigheid. |
37 Sien Ps. 4:6 se kanttekening, en vgl. hier vers 18 se kanttekening.
38 Verstaan hiermee ’n besondere spysoffer van die hoëpriesters, wat in sy geheel geoffer en verbrand moes word. Sien Lev. 6:20, 22, 23. Hoewel dit soms ook met ’n slagoffer so plaasgevind het, soos te sien is in 1 Sam. 7:9. 39 Naamlik u volk in Sion. |