Statevertaling – Bybelstigting
Wee oor die bedrieglike tong.
VIR die 1musiekleier. ’n 2Onderwysing van Dawid,
atoe Doëg, die 3Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van 4Ahiméleg ingegaan.
Wat beroem jy jou in die 5kwaad, o 6geweldige? Die 7goedertierenheid van God duur die hele dag!
Jou tong 8beraam 9onheil, soos ’n geslypte skeermes, 10o werker van bedrog!
Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. 11Sela.
Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
So sal God jou dan 12ook vir ewig 13omverwerp, jou 14wegruk en jou uit die 15tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die 16land van die lewendes. Sela.
En die regverdiges sal dit sien en 17vrees; en hulle sal oor hom 18lag en sê:
Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy 19begeerlikheid!
Maar ek sal wees soos ’n 20groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.
Vir ewig sal ek U loof, bomdat U dit 21gedoen het; en ek sal u 22Naam verwag, want 23dié is goed, 24in teenwoordigheid van u 25gunsgenote.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien Ps. 32:1 se kanttekening. |
a 1 Sam. 22:9, ens. | 3 Een van Esau (ook Edom genoem, Gén. 25:30) se nakomelinge, of hy het so lank by hulle gebly dat hy (na sommige se mening) die naam kon dra. Sien Deut. 23:7. 1 Sam. 22:9. 1 Kon. 11:17.
4 Die priester, om met Dawid teen Saul saam te sweer, soos Doëg dit valslik aangedui het. Sien 1 Sam. 22:9, 13. |
5 Wat jy my en God se priesters by Nob aangedoen het. Sien 1 Sam. 22:18, 19.
6 Want hy was in groot guns by Saul en die opsigter oor die veewagters, 1 Sam. 21:7; 22:9. Hieroor was hy vermetel en trots, vers 9. 7 Oor almal wat aan God behoort, en ook oor my, sodat jy jou tevergeefs daarop beroem asof jy my reeds omgebring het. |
8 Dit is, spreek niks anders as jou voorbedagte en beplande kwaad uit nie.
9 Hebr. skade of ellende, dit is, niks anders as leed en verderf van die vromes nie. 10 Dit kan dui op Doëg self, soos hierbo, o geweldige. Of, die skeermes wat in plaas van haarsny iemand kwets of sy keel afsny. |
11 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
12 Sodanige sondes word soos volg gestraf.
13 Soos ’n mens ’n gebou (soos huise, altare, ens.) afbreek en verwoes. 14 Of: gryp, soos ’n mens ’n gloeiende kool vinnig met ’n tang gryp, Jes. 30:14. 15 Dit is, jou woning. 16 Dit is, uit hierdie wêreld, uit hierdie lewe. Sien Ps. 27:13 se kanttekening. |
17 Hulle is verskrik oor die regverdige oordeel van God, en word daardeur aangemoedig om Hom te vrees en te eerbiedig.
18 Die vromes sal hulle op heilige wyse verheug oor die regverdige straf van God oor sy en hulle verdwaasde en bittere vyand, en ook Doëg se ydele troos bespot. |
19 Bedoelende, slegte begeerlikheid. Die Hebreeuse woord kan ook beteken: deur sy skade of ellende, jammer, leed, naamlik wat hy die opregtes aangedoen het, soos in vers 4. |
20 Vgl. Ps. 92:13, 14. Jer. 11:16. |
b Ps. 22:32. | 21 Dit is, omdat U dit sou gedoen het, naamlik die trotse vyand gestraf en my bewaar het vir die beloofde koninkryk, wat Dawid deur die profetiese gees so seker stel asof dit reeds gebeur het.
22 Dit is, Uself, die waarheid en die vervulling van u beloftes, waardeur U metterdaad bewys dat U is soos U U in u Woord beskryf, en soos U by u Naam genoem word. Vgl. Ps. 54:3, 8; 56:5, 11. 23 Naamlik u Naam, wat goed is, dit is, U is lieflik en vertroostend; of: dit is goed, naamlik om U te loof en u Naam te verwag. Vgl. Ps. 92:2. 24 Dit is hier: voor die oë, of teenoor. 25 Sien Ps. 4:4 se kanttekening. |