Statevertaling – Bybelstigting
Goddeloosheid van die mens.
VIR die 1musiekleier; op die wysie van: „2Máhalat.” ’n 3Onderwysing van Dawid.
4Die dwaas asê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; bdaar is niemand wat goed doen nie.
God het uit die hemel neergesien op die mensekinders com te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.
Dáár het skrik hulle oorweldig 5sonder dat daar skrik was; want God het die 6beendere verstrooi van hom wat 7jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle 8verwerp.
Ag, mag die 9verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Dit wil voorkom of dit ook die naam is van ’n sekere musiekinstrument, amper soos die negilôt wat in Ps. 5:1 met fluite vertaal word. Sien die kanttekening. Vgl. Ps. 88:1. 3 Sien Ps. 32:1 se kanttekening. |
a Ps. 10:4; 14:1, ens.
b Rom. 3:12. |
4 Hierdie psalm kom ooreen met Psalm 14, behalwe vir enkele veranderings, wat die Heilige Gees behaag het om daar te gebruik. Sien die kanttekeninge daar. |
c Rom. 3:10. |
5 Dit is, dat hulle nie in die minste gedink het dat iets hulle kon verskrik nie en daarom onverskrokke, koppig en hoogmoedig was. Of: daar was geen natuurlike oorsaak vir hul skrik nie; want hulle het nie aan God gedink nie, wat hulle dit nogtans sou aandoen. Vgl. Lev. 26:36. Deut. 28:65. Job 15:21. Spr. 28:1.
6 Soos met diegene gebeur wat in ’n veldslag omkom of deur wilde diere verskeur is, en wie se beendere hier en daar verstrooi word. 7 Die profeet spreek die vergadering van die gelowiges aan, insluitende homself. 8 Naamlik u vyande en verdrukkers. |
9 Hebr. verlossinge, dit is, volkome verlossing; soos die gebruik van die meervoud elders ook verstaan word. In Ps. 14:7 staan verlossing of heil, saligheid in die enkelvoud. |