Statevertaling – Bybelstigting
Teenoor grimmige vyande.
VIR die musiekleier; 1met snaarinstrumente. ’n 2Onderwysing van Dawid,
atoe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: 3Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?
o God, verlos my deur u 4Naam, en doen aan my 5reg deur u mag!
o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
Want 6vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; bhulle 7stel God nie voor hul oë nie. 8Sela.
Kyk, God is my helper. Dit is die Here 9wat my siel ondersteun.
Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle 10in u trou!
11Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, c12want dié is goed;
want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle 13op my vyande neergesien.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien Ps. 32:1 se kanttekening. |
a 1 Sam. 23:19, ens.; 26:1. | 3 Dit beteken, dit is seker, dat hy hom by ons verberg het. Sien oor hierdie manier van vraagstelling Rig. 4:6 se kanttekening. |
4 Vgl. Ps. 52:11 se kanttekening. Anders: om u Naam ontwil.
5 Dit is, voer my regverdige saak uit teen diegene wat my ten onregte vervolg. |
b Ps. 86:14. | 6 Die stad Sif was wel in Juda, en die woestyn Sif was daarteen geleë, Jos. 15:24, maar Dawid noem hulle vreemdes of uitlanders, omdat hulle met hulle barbaarse en onnatuurlike gesindheid teen die onskuldige Dawid getoon het, dat hulle geen ware Israeliete of kinders van Abraham was nie. Vgl. Ps. 59:6, 9.
7 Hebr. hulle stel God nie teenoor hulself nie, dit is, hulle hou God nie voor oë nie. So ook in Ps. 86:14. 8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
9 Die Hebreeuse sinsnede sou ook vertaal kon word as: Die Here is onder die wat my siel ondersteun. Dit word dus beklemtoon dat die Here die Een is wat my lewe ondersteun en my bewaar, sonder wie al die ander (wat ek tot my beskerming sou mog uitdink en gebruik) tevergeefs sou wees. Of: met diegene wat my lewe in hierdie gevare beskerm, naamlik my offisiere en getroue soldate, 1 Kron. 12:1. Sien dieselfde manier van spreek in Rig. 11:35. Ps. 99:6; 118:7. Soortgelyk in Spr. 3:26. Die gebruik van die letter beth, wat ook as onder, met, in vertaal kan word, is in ooreenstemming met die aard van sommige Oosterse taalgebruike. Sommige beskou hierdie manier van spreek egter as oortollig, soos uit Hos. 13:9 se kanttekening blyk. Die verstandige leser kan, uit die oorweging van die konteks van ’n bepaalde teks, self daaroor oordeel. |
10 Of: na u waarheid of trou, om u waarheid ontwil. Verstaan hiermee, God is waaragtig en getrou in die vervulling van sy beloftes. |
c Ps. 52:11. | 11 Dit is, met ’n vrye, gewillige, vrygewige hart. Sien ook oor ’n vrywillige offer Lev. 7:16.
12 Sien Ps. 52:11 se kanttekening. |
13 Of: na; naamlik my begeerte, my wens of lus. Sien Ps. 22:18 se kanttekening. Of: God se wraak en vergelding, soos in Ps. 91:8, en hier in vers 7. |