Statevertaling – Bybelstigting
Weg na die woestyn!
VIR die musiekleier; 1met snaarinstrumente. ’n 1Onderwysing van Dawid.
o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
Luister na my en verhoor my; in my 2onrus dwaal ek rond en 3is verward,
weens die 4geroep van die vyand, weens die geraas van 5die goddelose; want hulle stort 6onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
My hart 7krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die 8dood het op my geval.
Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
Toe het ek gesê: 9Ag, had ek maar 10vlerke soos ’n 11duif, dan sou ek wegvlieg 12en wegbly!
Kyk, ek sou 13ver wegvlug; ek sou 14vernag in die woestyn! 15Sela.
16Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die 17onstuimige wind, teen die storm.
Verwar, Here, verdeel hulle 18spraak, want ek sien geweld en twis in die 19stad.
Dag en nag 20omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
21Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
Want dit is geen 22vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my 23groot maak nie, anders sou ek my vir hom 24wegsteek;
maar jy, ’n man 25soos ek, my 26vriend en my vertroude!
Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het 27met die woelige skare.
28Laat die 29dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die 30doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle 31woning, in hulle binneste.
Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
32Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
Hy verlos 33my siel in vrede van die stryd 34teen my, want 35met menigtes is hulle teen my.
God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon 36sit van lankal af, 37Sela; omdat by hulle 38geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
39Hy het 40sy hande uitgesteek teen die wat in 41vrede met hom geleef het; hy het sy 42verbond ontheilig.
Glad is die 43botterwoorde van sy mond, maar sy hart is 44oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is 45ontblote swaarde.
46Werp 47jou sorg op die HERE, en Hy sal jou 48onderhou; 49Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
Maar U, o God, sal 50hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; 51manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die 52helfte bring nie; maar ék vertrou op U.
1 Sien Ps. 4:1 en 32:1 se kanttekeninge. |
2 Of: gepeins, gebed; hy wil sê, dat die oordenking van al sy swarighede en gevare hom onrustig en klaend maak in sy gebed.
3 Of: maak rumoer, geraas. |
4 Hebr. stem, dit is, die geroep wat uitgaan van my vyande, dat hulle my van alle kante wil omsingel en in die verderf bring. Vgl. 2 Sam. 17:11-14, 21, 24.
5 Dit is, wat die goddelose my aandoen. 6 Of: valsheid, onwaarheid; dit is, hulle belas my met leuens en versprei allerlei bose gerugte oor my, asof ek my hierdie lyding op die hals gehaal en verdien het. |
7 Dit is, ly smart soos ’n vrou wat baar.
8 Dit is, dodelike. |
9 Hebr. wie sal my gee, ens., algemene manier van wens van die Hebreërs, soos in Ps. 14:7; 53:7. Sien Deut. 5:29 se kanttekening.
10 Hebr. ’n vlerk of veer, dit is, vlerke. 11 ’n Swak en vreesagtige voël, wat skuilplek in woestyne en spelonke soek. Sien Jer. 48:28. 12 Hebr. en sou bly of woon; hy wil sê, die enigste plek waar ek veilig sou kon wees. |
13 Hebr. my verwyder, swerf, dit is, ver van hier wegvlug, rondswerf waar dit ook al mag wees.
14 Of: herberg vind, verblyf. 15 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
16 Hebr. Ek sou haastig ontkoming soek vir my, of haastig vir my ontkoming soek.
17 Hebr. wind van drywing of van die storms, van die aanval, dit is, hierdie vervolging wat my haastig oorval of dreig om my weg te ruk, soos ’n stormwind alles neergooi of wegruk. Vgl. 2 Sam. 15:14; 17:21. |
18 Dit wil voorkom of die verwarring en verdeling van spraak dui op die oordele van God wat Hy uitgevoer het oor die bouers van die toring van Babel, Gén. 11:7, 8.
19 Jerusalem, soos sommige verstaan, wat daarop dui dat hierdie psalm oor Absalom se vervolging handel toe hy in Jerusalem aangekom het nadat Dawid haastig gevlug het. Hy het gruwelhede in die paleis gepleeg en raad gevra hoe om sy vader op die beste manier te oorval en te verdelg. Die raadgewers het nie met mekaar saamgestem nie, aangesien God hulle tonge verdeel het, 2 Sam. 17:14, volgens Dawid se gebed hier en in 2 Sam. 15:31. Ander verstaan Gíbea van Saul, waar Saul se paleis was (vlg. Ps. 59:7). Of, nie ’n stad nie, maar in die algemeen oor die ongebonde goddeloosheid wat oral aan die orde van die dag was, ook in stede (waar die beste orde behoort te wees). |
20 Naamlik, geweld en twis omring die stad; of: die bose gaan rondom die stad, dit is, loop oral om alle kwaad te bedryf of om my in te haal. |
21 Hebr. Verderwinge, dit is, slegs skending, allerlei skade, ellende, verdrukking. |
22 Verstaan hiermee geen openbare vyand nie, want (wil hy sê) as hy vir my ’n openlike vyand was, sou dit nie vir my so vreemd voorgekom het en so ondraaglik gewees het nie.
23 Sien Ps. 35:26 se kanttekening. 24 Dit is, ek sou vir hom op my hoede wees, hom ontglip, ontwyk. |
25 Hebr. na my skatting of waarde, dit is, as my gelyke geag of geskat, of wat ek as myself ag. Anders: van my orde, dit is, van my staat, toestand en kwaliteit. Hiermee verstaan sommige Agitófel, wat in die algemeen groot agting en aansien geniet het, maar in die besonder van Dawid, sien 2 Sam. 16:23. Die boodskap dat Agitófel hom by Absalom gevoeg het, word in die besonder aan Dawid oorgedra. Dit is nie net baie vreemd, onverwags en troueloos gedoen nie, maar ook só, dat Dawid (ten opsigte van Agitófel se uitnemende skranderheid) ook goed ag daarop moes gee. Diegene wat hierdie psalm op Saul se tyd wil laat dui, verstaan dan Abner of iemand anders van Saul se krygsraad.
26 Of: vernaamste vriend, bestuurder, naamlik van my belange. Sien Spr. 16:28; 17:9. Miga 7:5. |
27 Sien Ps. 2:1 se kanttekening oor die Hebreeuse woord. Hy wil sê, dat hulle beide saam verbind was, nie net deur die band van politieke vriendskap en gemeenskap nie, maar ook deur die allersterkste band van godsdiens. |
28 Of: Die dood sal hulle, ens.
29 Hy wil sê: Laat hulle skielik en verskriklik omkom. Sien vers 10 se kanttekening. Dawid spreek dit deur die profetiese gees en aangevuur deur die ywer van die Here. 30 Hebr. sjeol, dit kan ook vertaal word met graf of hel. 31 Die plek waar hulle verkeer, of: geselskap. |
32 Vgl. Dan. 6:11. Hand. 3:1; 10:3, 9, 30. Hy wil sê, dat hy nie sal ophou of moeg word nie, maar God met sy daaglikse gebede, wat gebeur op die tye soos in die teks genoem, moeite gee en lastig val. Sien Luk. 18:1. |
33 Dit is, Hy het my lewe uit gevaar gered en aan my vrede gegee. Dit kan dui op voorgaande verlossings, of ’n gelowige en profetiese verklaring van die sekerheid van ’n goeie uitkoms, soos baie in hierdie boek gevind word.
34 Dit is, wat hulle my aangedoen het, of wou aandoen. 35 Hebr. in of met, baie (of grotes, magtiges) was teen my, of met my; want die Hebreeuse woordjie kan dui op vriende of vyande. Tog spreek Dawid in die volgende verse oor sy vyande. |
36 As Regter van die begin af. Vgl. Ps. 93:2.
37 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. 38 Hebr. geen veranderinge nie, nie klein of groot nie, naamlik van die kwade tot die goeie; hulle verbeter hulle nie in die minste nie, wil hy sê. |
39 Dit is, elkeen van hierdie goddeloses, of die vernaamste onder hulle, vir wie die ander volg.
40 Of: lê, strek uit, dit is, hy doen hulle kwaad, oorlas, geweld aan. Ja, hy bring hulle om die lewe. Sien Gén. 37:22 se kanttekening. 41 Of: sy vredegenote, bondgenote. Vgl. Ps. 7:5; 41:10, en hier, verse 13, 15. 42 Wat hy met ’n eed (met uitroeping van God se heilige Naam), gemaak en bevestig het, dit breek hy sonder skroom. |
43 Die woorde van sy mond is gladder as botter.
44 Dit is, vol van oorlog of stryd, hulle bedoel niks anders as stryd teen my nie. 45 Hebr. geopende, uitgetrekte, dit is, hulle verwond dodelik, hulle wil my daardeur in die verderf bring. Vgl. Ps. 57:5. Spr. 12:18. |
46 Dawid spreek hier homself en alle gelowiges aan.
47 Hebr. jou bekommernis of jou las, dit is, in al jou bekommernisse en sorge (soos die apostel Petrus die woord gebruik, 1 Petr. 5:7). 48 Of: voed, soos die Hebreeuse woord elders gebruik word, sien Rut 4:15 se kanttekening. 49 Hebr. Hy sal die wankeling van (of vir) die regverdige nie toelaat tot in ewigheid nie. Vgl. Ps. 15:5 se kanttekening. |
50 Naamlik die genoemde goddeloses.
51 Sien Ps. 5:7 se kanttekening. 52 Hebr. halveer, dit is, hulle sal ’n ontydige dood sterf. Vgl. Job 15:32; 22:16. Ps. 58:9, 10; 102:24, 25. Spr. 10:27. Pred. 7:17. |