Statevertaling – Bybelstigting
Troos van ’n vlugteling.
VIR 1die musiekleier; op die wysie van: „2Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. ’n 3Gedig, atoe die Filistyne hom gevang het in Gat.
Wees my genadig, o God, want 4mense 5vertrap my; hy wat my beveg, 6verdruk my die hele dag.
7My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed8.
Die dag as ek 9vrees, sal ék op U vertrou.
Deur God sal ek sy 10woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 11vlees my doen?
Die hele dag 12verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
Hulle val aan, 13lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my 14lewe geloer het.
15Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp 16volke neer in toorn, o God!
Ú het my 17omswerwinge getel; hou my 18trane in u 19kruik; is hulle nie in u 20boek nie?
Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek 21roep; dit weet ek dat God 22aan my kant is.
Deur God sal ek die 23woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
Ek vertrou op God, ek vrees nie; bwat kan 24’n mens my doen?
25Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; 26lofoffers sal ek U betaal;
want U het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God in die 27lig van die lewe.
a 1 Sam. 21:12-14. | 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sommige sien dit as die begin van ’n sekere lied, wat in daardie tyd by die Jode bekend was, en op daardie wysie is hierdie psalm gesing. Ander vertaal dit as volg: van die stomme duif (Hebr. duif van stomheid) in ver plekke; waarmee Dawid homself bedoel wat in die tyd soos ’n duif was, wat uit sy plek verjaag is, treur en geen geluid maak nie. Vgl. Ps. 55:7. Soortgelyk aldus: van die verdrukking van die vergadering (of: van die rots) van die wat ver (vervreemd) is, naamlik van God en sy volk, naamlik die Filistyne, wat Dawid gevang het en voor hul koning Agis gebring het, sonder om te twyfel dat hy opdrag sou gee om Dawid ’n smadelike dood aan te doen. 3 Sien Ps. 16:1 se kanttekening. |
4 Saul met sy manskappe aan die een kant, en nou ook die Filistyne aan die ander kant, sodat hy nêrens veilig was nie.
5 Of: probeer om my te vertrap. Hebr. sluk of verswelg my, of het my verswelg, ingesluk, dit is, probeer om my soos ’n wilde dier te verslind, of: dit skeel nie veel of hy dit doen nie, dit pla hom nie. So ook in die volgende vers. Vgl. Neh. 6:9, 14 se kanttekeninge. Ps. 57:4. Anders: hyg of gaap, snak na my, vervolg my al hygende, dit is, poog, verlang en begeer baie vuriglik daarna, dat hy my sou verniel. So word die Hebreeuse woord ook gebruik in Job 7:2. Ps. 119:131. Pred. 1:5. 6 Of: verdruk my deur stryd. |
7 Wat op my weë loer.
8 Dit is, in hoogheid, dit is, hoogmoedigheid, trotsheid, of: op die hoogste. Anders: Allerhoogste, so word die Hebreeuse woord marom ook vir God gebruik, Ps. 92:9. Miga 6:6. |
9 Hy wil sê: ek sal die vrees oorwin deur op U te vertrou. |
10 Dit is, sy waaragtige en vaste beloftes, wat my geloof ondersteun en my in al my lyding vertroos; alhoewel dit nie dadelik vervul word nie. So weet ek dan vir seker dat sy beloftes nie sal agterbly nie, dat ek my ook daaroor verheug en roem in die Here. So versterk Dawid hom in sy nood.
11 ’n Brose en verganklike mens, wat maar vlees en bloed is. Vgl. Ps. 78:39. Jes. 31:3; 40:6. Jer. 17:5. Sien ook Gén. 6:12 en 2 Kron. 32:8 se kanttekeninge. |
12 Anders: bekommer hulle oor my sake. Die Hebreeuse woord beteken smart, pyn, bekommernis aandoen, en ook formeer, fatsoeneer (sien Job 10:8 se kanttekening), soos ’n pottebakker die klei draai en druk. Dit wil voorkom of Dawid hier wil sê, dat hulle hom verdriet aandoen met die daaglikse verwringing en verdraaiing van sy woorde, wat hulle (om so te spreek) geheel anders vorm en dit met geweld ’n valse betekenis gee om hom in ’n slegte lig te stel. |
13 Om in die verborgene op my doen en late te loer, of hulle my iewers kan betrap en my lewe van my weg te neem, waarna hulle met verwagting uitsien.
14 Sien Gén. 19:17 se kanttekening. |
15 Of: Sal U hulle in hul ongeregtigheid laat ontkom?, dit is, ongestraf laat? Anders: Hulle ontvlugting strek hul tot onreg, of oorlas, dit is, hulle misbruik u lankmoedigheid (dat U hulle nog nie straf nie) om kwaad te doen; daarom, werp, ens.
16 Naamlik diegene wat so optree. |
17 Hoe dikwels ek hier- en dan daarheen moet vlug. Sien verder Job 14:16 se kanttekening.
18 Hebr. traan, dit is, elkeen van my trane. 19 Of: leersak. Menslik van God gesproke, om te verklaar dat God die trane van diegene wat ten onregte verdruk word, in ag neem en in waarde hou, om op sy tyd reg te laat geskied. Vgl. Deut. 32:34. Beide die Hebreeuse woorde beteken omswerwinge en kruik, en het ’n vreemde gelykheid. 20 Of: register, rekening; hy wil sê: ek weet vir seker dat U dit opteken en nie sal vergeet nie. Dit is ’n manier van vra, wat dikwels gebruik is deur die Hebreërs, wanneer ’n mens iets buite alle twyfel wil stel. |
21 Soos in Ps. 4:2.
22 Of: vir my, of myne is; hoe gering my sake ook al mag wees. Anders: dit weet ek; want God is vir my. |
23 Sien vers 5 se kanttekening. |
b Ps. 118:6. | 24 Asof hy sê: ’n verganklike skepsel, wat van stof gemaak is. Vgl. vers 5. |
25 Dit is, ek het my aan U verbind met geloftes, dat ek aan u dankbaarheid sal bewys, wanneer U u beloftes volgens u woord aan my sal volbring. Vgl. Ps. 66:13.
26 Of: dankoffers. |
27 Wat die mense geniet, wat op die aarde lewe. Vgl. Job 33:28, 30. Sien Ps. 27:13 se kanttekening; 116:9. |