Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 57

My hart is gerus!

1

VIR die musiekleier; op die wysie van: 1Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n 2Gedig, atoe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.

2

Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel 3geskuil, en in die skaduwee van 4u vleuels sal ek skuil totdat die 5onheil verbygegaan het.

3

Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my 6voleindig.

4

Hy sal uit die hemel 7stuur en my verlos terwyl hy wat my 8vertrap, my 9smaadheid aandoen. 10Sela. God sal sy goedertierenheid en sy 11trou stuur.

5

Ék moet onder leeus lê, 12wraakgieriges, mensekinders wie se tande 13spiese en pyle is, en wie se tong ’n 14skerp swaard is.

6

b15Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

7

Hulle het ’n net gespan vir my voetstappe, hulle het 16my siel neergebuig; chulle het ’n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.

8

dMy hart is 17gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.

9

Waak op, my 18eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!

10

eEk wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

11

fWant u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.

12

19Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

a 1 Sam. 22:1; 24:4. 1 Hebr. Altásjeth. Sommige beskou dit as die begin van ’n bepaalde lied, wat onder die Jode in daardie tyd bekend was, waarvolgens hierdie psalm gesing moes word. Ander meen dat dit ’n kort samevatting is van die inhoud van hierdie psalm, waarin Dawid breedvoerig sou verklaar dat hy in sy benoudheid gewoond was om met hierdie enkele woorde naarstiglik tot God te bid; naamlik moenie verderf of verniel nie.

2 Sien Ps. 16:1 se kanttekening.

3 Of: neem toevlug tot U, en so in die volgende.

4 Sien Rut 2:12 se kanttekening. Ps. 61:5; 63:8.

5 Of: gejammer, ellendes, ongelukke, rampspoede, rampsalighede.

6 Naamlik sy werk, wat Hy met my begin het. Vgl. Ps. 138:8. Filip. 1:6.
7 Sy hand, hulp of heilige engele. Sien Ps. 144:7. Dan. 3:28. Of: sy goedertierenheid en trou, soos volg.

8 Sien Ps. 56:2 se kanttekening.

9 Of: tot smaadheid bring.

10 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

11 Of: waarheid; dit is, Hy sal sy genadige beloftes deur daadwerklike hulp getrou volbring. Vgl. Ps. 40:12; 42:9.

12 Hebr. rusiemakers. Hierdeur bedoel hy diegene wat napraat en nuus aandra, mense wat hom telkens verraai en by Saul aangegee het, en Saul teen hom opgehits het. Sien 1 Sam. 23:19, 20; 24:10; 26:1.

13 Dit is, soos spiese, ens. Hebr. spies.

14 Vgl. Ps. 55:22; 59:8.

b Ps. 108:6. 15 Vgl. vers 4. Omdat God Hom stilgehou het, het Dawid se vyande hulle verbeel dat God hom nie geag het nie en hul goddelose dade, waardeur hulle God onteer het, goedgekeur het. Om hierdie rede bid hy dat God die teendeel vanuit die hemel op die aarde openlik wys, tot eer van sy geregtigheid en waarheid. Vgl. Ps. 58:11, 12.
c Ps. 7:16; 9:16. 16 Hiermee wil hy sê: ek was amper in hul net gevang, ek was besig om te val.
d Ps. 108:2, ens. 17 Of: versterk. Sien Ps. 108:2, ens., en die kanttekeninge.
18 Soos in Ps. 16:9.
e Ps. 108:4.
f Ps. 36:6; 108:5.
19 Soos in vers 6.