Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 59

Hulp teenoor vermetele rowers.

1

VIR die musiekleier; op die wysie van: “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n 1Gedig, atoe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom 2dood te maak.

2

Red my van my vyande, o my God! 3Beskerm my teen my teëstanders!

3

Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die 4manne van bloed!

4

Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, 5sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!

5

Buiten my skuld 6hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, 7my tegemoet, en 8kyk!

6

Ja U, HERE, God van die 9leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die 10heidene 11besoeking te doen; wees 12al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! 13Sela.

7

Elke aand 14kom hulle terug; hulle huil soos 15honde en dwaal deur die stad.

8

Kyk, hulle 16smaal met hul mond; bswaarde is op hulle lippe, cwant — 17wie sou dit hoor?

9

Maar U, o HERE, d18lag oor hulle; U spot met al die 19heidene.

10

My 20Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

11

21My genadige God sal my 22tegemoetkom; God sal my 23op my vyande laat neersien.

12

24Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle 25rondswerwe deur u krag, en 26werp hulle neer, o Here, ons Skild!

13

27Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle 28vertel.

14

29Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle 30weet dat God heers in 31Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

15

32En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

16

Húlle 33swerwe rond 34om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, 35vertoef hulle die hele nag.

17

Maar ék sal sing van 36u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was.

18

My Sterkte, 37tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, 38my genadige God.

a 1 Sam. 19:11. 1 Sien Ps. 16:1 se kanttekening.

2 Maar Dawid is, deur God se genadige regering, deur Migal deur die venster uitgelaat en het ontkom, 1 Sam. 19:12.

3 Hebr. Stel my hoog, waar ek vry en veilig is.
4 Sien Ps. 5:7 se kanttekening.
5 Sonder dat ek teen hulle gesondig het of hulle iets verkeerd aangedoen het, ek is onskuldig.
6 Om my te vervolg.

7 Dit is, om my op die regte tyd en plek te help en te bevry.

8 In watter nood ek verkeer, of watter kwaad hulle reeds teen my bedink.

9 Sien 1 Kon. 18:15 se kanttekening.

10 Baster-Israeliete, wat net so barbaars boos en bitter is soos die heidene. Vgl. Ps. 54:5 se kanttekening.

11 Dit is, straf. Sien Gén. 21:1 se kanttekening.

12 Hebr. wees nie genadig al die, ens. Of: wees nie onregverdige troubrekers genadig nie.

13 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

14 Nadat hulle my die hele dag gesoek en nie gevind het nie, of: hulle draai her- en derwaarts, om my iewers te betrap.

15 Wat blaf en ’n groot geraas maak as hy ’n wilde dier opjaag, of raas en huil vir kos as hy honger is en niks kry nie. Sien verse 15, 16, en vgl. Ps. 22:17 se kanttekening.

b Ps. 55:22; 57:5.

c Ps. 10:11; 94:7.

16 Of: giet, borrel of laat allerlei lasterpraatjies van my uit hul mond uitgaan. Sien Ps. 19:3 se kanttekening oor die Hebreeuse woord, en vgl. Jer. 6:7, en hier vers 13.

17 Dit is die woorde van die vyande, waarmee hulle te kenne gee dat hulle deur geen vrees vir God gekeer word om alles te sê wat hulle wil nie, asof daar geen God was wat dit hoor nie. Sien Ps. 10:11; 94:7.

d Ps. 2:4. 18 Sien Ps. 2:4 se kanttekening.

19 Sien vers 6 se kanttekening.

20 Die sin kan ook soos volg vertaal word: Teen sy sterkte sal ek op U wag. Sy sterkte, dit is, van my vyand Saul, wat vir my heeltemal te magtig en te sterk is, sodat ek hom nie kan weerstaan nie. Dit alles sal ek van U vra en met geduld waghou, terwyl ek in spanning wag en uitsien na u hulp en beskerming, waaronder ek veiliger is as wanneer ek in ’n hoë vesting sou skuil. Vgl. verse 17, 18.
21 Of: My weldadige, dit is, my genadige of weldadige God, wat my gunstig of geneë is en sy genade aan my bewys het. Vgl. Jer. 2:2 met die kanttekening.

22 Of: ontmoet, dit is, op die regte tyd genadiglik help.

23 Of: na my, naamlik my wens, of sy wraak. Sien Ps. 22:18 en 54:9 se kanttekeninge.

24 Bring hulle nie almal gelyktydig en onverwags om nie, maar versprei u oordele oor tye en geleenthede, sodat my volk (waaroor U my tot koning gesalf het, of my landgenote) wat die menigvuldigheid van u strawwe nou en later aanskou, soveel meer daaraan dink en daardeur geleer word.

25 Tot ’n opskudding.

26 Of: laat hulle neerdaal, uit hul staat en eer, wat hulle so trots gemaak het, dat hulle soveel kwaad voorgeneem en bedryf het.

27 Omdat daar niks anders as sonde (naamlik trotse gepraat, gevloek en leuens oor my) uit hulle mond kom nie. Sommige voeg hierdie woorde by die woord vergeet in die vorige vers, in hierdie sin: sodat my volk nie sal vergeet, hoe trots hulle gepraat het en hoe hulle daaroor gespog het nie, naamlik dat hulle tot so ’n mate daarin verstrengel was, dat ’n mens van hul gevloek en leuens (die oorsaak van hul straf) nie genoeg kan vertel nie.

28 Wat hulle daagliks in hul gesprekke sonder huiwering in menigte kwytraak, soos in vers 8. Anders: hulle sal van die vloek en van die swaarkry vertel.

29 Langsamerhand deur verskeie plae, vgl. vers 12.

30 Dit is, gewaarword, vasstel.

31 Onder God se volk, Israel.

32 Hier herhaal die profeet ongeveer dieselfde woorde wat in vers 7 staan, maar spottenderwys, met ’n heilige en vaste vertroue in God se regverdige vergelding, wat sy vyande sou ervaar.
33 Soos in vers 12.

34 Hebr. om te eet.

35 Sien die teendeel in Spr. 19:23. Anders: murmureer, huil, gryns, omdat hulle nie versadig is nie; omdat die Hebreeuse woord in beide betekenisse voorkom.

36 Dit word teenoor die vyand se sterkte gestel, vgl. vers 10 se kanttekening. So ook in die volgende vers.
37 So word die Hebreeuse woordjie el soms verstaan. Sien Job 42:7 en Ps. 2:7 se kanttekeninge. Anders: My sterkte is by U, daarom sal ek U, ens.

38 Soos in vers 11.