Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 6

’n Boetpsalm in groot benoudheid.

1

VIR die 1musiekleier; met snaarinstrumente; met 2basstem. ’n Psalm van Dawid.

2

o HERE, astraf my nie in u toorn nie, en 3kasty my nie in u grimmigheid nie.

3

Wees my genadig, HERE, want ek is 4verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.

4

Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot 5hoe lank?

5

6Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6

Want in die dood word aan U 7nie gedink nie; wie sal U loof in die 8doderyk?

7

Ek is moeg van my gesug; 9elke nag laat ek my bed 10swem; ek deurweek my bed met my trane.

8

My oog het 11dof geword van verdriet; dit het 12swak geword vanweë al my 13teëstanders.

9

b14Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.

10

Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.

11

Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ’n 15oomblik beskaamd omdraai.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Hebr. sjeminiet. Dit is, agtste. Sommige sien dit as ’n agtsnarige instrumentespel, ander as ’n sekere toon van musiek of die agtste snaar, deur musici ’n oktaaf genoem. Sien ook 1 Kron. 15:21 se kanttekening.

a Ps. 38:2. 3 Vgl. Jer. 10:24 se kanttekening. Die Hebreeuse woord beteken nie net om te bestraf, onderrig, onderwys met woorde nie, maar ook dikwels met slae en plae. Sien Spr. 9:7 se kanttekening.
4 Of: flou, uitasem.
5 Verstaan hier: sal U u hulp uitstel? Hoe lank sal U my in hierdie ellende laat?
6 U, wat lyk of U van my af weggegaan het, of my die rug toegekeer het, omdat U my nog nie verlos het nie.
7 Dit beteken: Die gestorwenes kan God se Naam nie in sy gemeente op aarde verheerlik nie, waarin God nogtans ’n besondere welgevalle het. Dawid was van voorneme om dit op sy manier openlik tot God se eer en stigting van sy gemeente te doen, as hy van hierdie krankheid verlos sou word. Vgl. Ps. 30:10; 88:11; 115:17; 118:17. Jes. 38:18, 19, en sien meer uitvoerig Job 7:8 se kanttekening.

8 Hebr. sjeol. Dit is, graf.

9 Dit is, hele nagte deur, of: die ganse nag.

10 Dit is om beeldend te spreek, wat dien om die grootheid van sy lyding en sy aanhoudende en baie geween uit te druk.

11 Of: uitgeteer, vgl. Ps. 31:10 en Job 17:7, asook die kanttekening.

12 Of: verouder. Dit is, verslete, het afgeneem, het vergaan.

13 Wat lus en vermaak in my lyding het, en na my dood verlang.

b Matt. 7:23; 25:41. Luk. 13:27. 14 Hier en in die volgende openbaar Dawid die geloof en vertroue van God se genadige en gewisse verhoring.
15 Dit is, haastig, onverhoeds.