Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 60

Gebed en vertroue ná ’n neerlaag.

1

VIR die 1musiekleier; op die wysie van:2Die Lelie van die Getuienis.” ’n 3Gedig van Dawid, 4om te onderrig.

2

aToe hy oorlog gevoer het teen die 5Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van 6Soba, en 7Joab 8teruggekom en die Edomiete 9verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend.

3

o God, bU het ons 10verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; 11herstel ons!

4

U het die land 12laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5

U het u volk 13harde dinge laat 14sien; U het ons 15bedwelmende wyn laat drink.

6

U het aan die wat u vrees, ’n banier gegee, 16om te vlug vir die boog! Sela.

7

c17Sodat u bemindes gered mag word; 18verlos deur u regterhand en verhoor 19ons!

8

God het gespreek in sy 20heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil 21Sigem verdeel en die dal van 21Sukkot afmeet.

9

Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die 22beskutting van my hoof; Juda is my 23veldheerstaf.

10

Moab is my 24waskom; op Edom werp Ek my 25skoen; 26jubel oor My, o Filistéa!

11

27Wie sal my bring in die 28versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12

Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

13

Verleen ons 29hulp teen die vyand, want die mens se 30hulp is 31ydelheid.

14

In God sal ons 32kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Hebr. Sjoesjan edoet. Sommige vertaal dit as volg: sessnarige instrument van die Getuienis. Onder Getuienis word die ark van die Getuienis verstaan, waarin die twee tafels van die wet gelê het, wat die Getuienis genoem is, Ex. 40:5, 20. Hierdie psalm sou dan in die voorhof van die priesters gesing word voor die ark van die Getuienis. Sien verder oor die Hebreeuse woord sjoesjan Ps. 45:1 se kanttekening.

3 Sien Ps. 16:1 se kanttekening.

4 Dit is, om God se kerk te onderrig in dit wat in hierdie psalm vervat is.

a 2 Sam. 8:13. 1 Kron. 18:3. 5 Hebr. Aram (dit is, Sírië) van die twee riviere, dit is, Mesopotámië. Sien Gén. 24:10 se kanttekening.

6 Sien 2 Sam. 8:3 se kanttekening.

7 In 2 Sam. 8:13 staan geskrywe dat Dawid in die Soutdal agttienduisend verslaan het; en in 1 Kron. 18:12 word dieselfde aan Abísai toegeskryf. Hier word meegedeel dat Joab twaalfduisend op daardie plek verslaan het. As dit nie ’n ander veldslag was nie, kan ’n mens hierdie drie Skrifgedeeltes só met mekaar in verband bring, dat Dawid (as koning) deur hierdie twee leërowerstes van hom by verskeie geleenthede (moontlik in twee of meer veldtogte) soveel Edomiete op daardie plek verslaan het, dat hulle in totaal agttienduisend is, waarvan Joab twaalfduisend verslaan het.

8 Ná hierdie stryd teen die Arameërs het hy teruggekeer na die suidelike grense van Kanaän om teen die Edomiete, wat daar gewoon het, te veg. Toe het Dawid hierdie psalm gedig; vgl. verse 11-13; waarna die oorwinning gevolg het.

9 Vermoedelik het Dawid hierdie psalm gedig nadat die oorwinning behaal is.

b Ps. 44:10. 10 Dit dui op die nederlae en verwoestinge wat Israel gely het in die tyd toe Saul saam met sy seuns en die hele leër deur die Filistyne verslaan is (sien 1 Sam. 31:6, 7), asook die daaropvolgende langdurige binnelandse stryd tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, 2 Sam. 3:1. Dit dui ook op die ellendes, wat Israel dikwels getref het in die laaste tye van die rigters, Rig. 13:1; 15:11. 1 Sam. 4:2, 10, 11; 13:19.

11 Of: U sal tot ons terugkeer. Hierdie troos kon Dawid put uit die oorwinning oor die Arameërs wat God alreeds gegee het.

12 ’n Beeld geneem van ’n aardbewing, wat die aarde laat skeur en talle ellendes veroorsaak. Dit beteken: U het die toestand van die land skrikwekkend verander. Vgl. Hag. 2:6, 7 met Eség. 31:16 en Hebr. 12:26, 27.
13 Die volgende het onder andere gebeur: die ark van God is deur die Filistyne verower, Israel is dikwels verslaan, selfs hul koning, Saul met sy hele leër, ens.

14 Dit is, laat voel, ondervind. U het hulle hard aangetas. Sien Job 7:7 se kanttekening.

15 Dit is, U het ons só met u strawwe oorval, dat ons – asof ons van ons sinne en alle moed beroof was – soos mense wat van baie sterk wyn dronk is, swymel, bewe en sidder. Sien Jes. 51:17, 20-22 en vgl. Nah. 2:3, waar die verwante Hebreeuse woord gebruik word vir die swaai, bewe en tril van spiese.

16 Sommige vertaal dit as volg: om op te rig vanweë die waarheid. In daardie betekenis vorm hierdie vers dan ’n kentering, en dui dit op God se beloftes en die triomf van die oorwinning.
c Ps. 108:7, ens. 17 Vanaf hierdie vers, tot aan die einde van hierdie psalm, word herhaal in Ps. 108:7, ens.

18 Vgl. Ps. 20:5-7; 21:2, 3.

19 Of: my.

20 Waar die verbondsark was, wat Dawid intussen na Sion oorgebring het, 2 Samuel 6. Anders: deur of by sy heiligheid, sodat dit ’n seker en vaste woord is wat deur die heilige God gespreek is. Sommige verstaan die woorde van verse 8-10 as die woorde van Dawid.

21 Sien Gén. 12:6, 33:17 en Rig. 8:5 se kanttekeninge oor Sigem en Sukkot. Hy wil sê dat Hy oor hierdie en die volgende plekke volkome Heer en Besitter sal wees, aan beide kante van die Jordaan.

22 Hebr. sterkte of krag. Sien Deut. 33:17.

23 Sien Gén. 49:10 se kanttekening.

24 Dit is, Ek sal die Moabiete en ander vreemde vyandelike volke só verneder, dat Ek hulle vir die slegste en mees veragte dienste sal laat gebruik. Vgl. 2 Sam. 8:2. Hebr. kom van my wassing.

25 Dit is, Ek sal hulle onderwerp asof hulle onder my voete lê. Vgl. Deut. 25:9 en Rut 4:7 se kanttekeninge.

26 Hy sê dit spottenderwys vir die trotse Filistyne, wat daaraan gewoond was om Israel en die God van Israel te beskimp. Daarmee wil Hy sê dat Hy daarenteen oor hulle sal triomfeer en juig, soos Hy hierdie woorde verklaar in die herhaling in Ps. 108:10.

27 Dit is ’n manier van wens, waardeur Dawid te kenne gee dat hy die versterkte stede of (soos sommige meen) in die besonder die Ammonitiese hoofstad Rabba (waarvan 2 Sam. 12:26, 29, ens. spreek) sou mog verkry, al was dit uit die aard van die saak ’n swaar en moeilike taak.

28 Hebr. stad van vastigheid.

29 Dit is, waardeur ons uit ons benoudheid mag kom.

30 Of: verlossing, behoud.

31 Of: leuen; dit is, ’n mens word daardeur bedrieg, dit benadeel jou, soos met ’n leuen of ’n vergeefse saak, wanneer ’n mens jou in nood daarop verlaat. Vgl. Ps. 4:3 se kanttekening.

32 Hebr. dapperheid.