Statevertaling – Bybelstigting
Die vlugteling-koning.
VIR die musiekleier; met 1snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.
o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
Van die 2einde van die aarde af roep ek U aan as my hart 3beswyk; lei my op ’n rots wat vir my 4te hoog is.
Want U het ’n toevlug vir my geword, ’n 5sterk toring 6teen die vyand.
Ek wil in u 7tent vertoef vir ewig, in die 8skuilplek van u vleuels 9my verberg. 10Sela.
Want U, o God, het my 11geloftes gehoor; U het die 12besitting gegee van die wat u Naam vrees.
Mag U dae 13by die 14koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van 15geslag tot geslag.
Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon 16sit; 17beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.
Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, 18om my 19geloftes te betaal, 20dag ná dag.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
2 Of: uiterste, waarheen hy moes vlug vir Absalom, 2 Sam. 17:24, wat sommige in verband bring met hierdie psalm.
3 Anders: versmag, oorstelp is, naamlik met angs, benoudheid, sorg en bekommernis. Vgl. Ps. 77:4; 102:1; 107:5; 142:4; 143:4. Ook Klaagl. 2:11, 12, 19. 4 Dit is, in ’n veilige plek, waar ek nie anders as deur u krag sou kon in- of opkom nie. |
5 Hebr. toring van sterkte.
6 Hebr. weg van die aangesig van die vyand. Dit is, om my vir of teen hom te beveilig en te beskerm. |
7 Dit is, in u heilige tabernakel vir ’n lang tyd, en daarna in die hemel, wat deur die tabernakel afgebeeld word, in alle ewigheid. Sien vers 6 se kanttekening.
8 Die Skrif noem dit elders die skaduwee van die vleuels. Sien Rut 2:12 se kanttekening. Ps. 57:2. 9 Of: toevlug neem of hê. 10 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
11 Dit is, my gebede, wat ek aan U met geloftes van dankbaarheid voorgedra het, soos die heiliges gewoond is om te doen. Sien Gén. 28:20. Rig. 11:30, 31. Ps. 116:18; 132:2, en hier vers 9.
12 Of: erfenis. Hy bedoel die land Kanaän, waaroor God hom, met beloftes van sy beskerming, as koning aangestel het. Hy vertrou dat God hom ooreenkomstig sy beloftes nie daaruit sou verstoot nie, so ook nie uit die erfdeel van die hemelse Kanaän nie, waarvan die aardse ’n voorbeeld en pand was. Sien Hebr. 11:8, 10, 13-16. |
13 Of: bo, op.
14 Hieronder moet Dawid self verstaan word (alhoewel die vyande voorgeneem het om sy lewe te neem) en in die besonder die Here Christus, sy Seun na die vlees, wie se voorbeeld hy was. Vgl. 2 Sam. 7:13, 16. Psalm 72; 89:21, 30, 37, 38. 15 Hebr. geslag en geslag, dit is, in alle geslagte. |
16 Sien Ps. 29:10. Luk. 1:32, 33. Hand. 2:30.
17 Of: berei, as sy toebedeelde en voorbereide deel. In Hebreeus word dieselfde woordjie man gebruik, wat die hemelse manna gehad het, waarmee God Israel in die woestyn gevoed het. Dit was as ’t ware ’n voorbereide maaltyd. |
18 Of: deur te betaal, ens.
19 Sien vers 6. Sien Job 22:27 se kanttekening. 20 Hebr. dag dag, dit is, daagliks. Sien Gén. 39:10 se kanttekening. So ook Ps. 68:20. Jes. 58:2. |