Statevertaling – Bybelstigting
Loflied op die goedheid van God.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid. ’n 2Lied.
Aan U 3kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet 4die gelofte betaal word.
5o Hoorder van die gebed, tot U moet 6alle vlees kom!
7Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U 8versoen ons oortredinge.
Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u 9voorhowe. Ons wil 10versadig word met die goeie van u huis, die 11heiligheid van u paleis.
Vreeslike dinge 12antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, 13vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
Wat die berge grondves deur 14u krag, wat omgord is met mag,
wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;
sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die 15uitgange van die môre en die aand jubel.
U het die land 16besoek en 17oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die 18stroom van God is vol water. U berei 19hulle koring; ja, so berei U die land.
U maak sy 20vore 21nat, 22sy kluite gelyk; deur 23reënbuie maak U dit 24week; U seën sy uitspruitsel.
U 25kroon die jaar van u 26goedheid, en u 27voetspore 28drup van vettigheid.
Die 29weivelde van die woestyn drup, en die heuwels 30gord hulleself met gejuig.
Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien Ps. 48:1 se kanttekening. |
3 Die Hebreeuse teks het hier ’n woord wat stilte beteken. Dit is, in u kerk prys mense U terwyl hulle, met stilheid en geduld, u weldade verwag en waarneem. Vgl. Ps. 62:2 se kanttekening. Die vertalers het hier ’n ander klinker gelees, in navolging van sommige ou vertalings, wat dan vertaal word as kom toe.
4 Naamlik van dankbaarheid, wat die bidder U in nood beloof het. Sien Ps. 66:13, 14; 61:6 se kanttekening. |
5 Of: U hoor die gebed, of: U, wat die gebed hoor.
6 Dit is, alle soorte mense. Vgl. Gén. 6:12. Ps. 145:21. Joël 2:28. Hand. 2:17. Dit kan ook vertaal word met: tot U sal, ens. So kan dit verstaan word as ’n profesie oor die heidene se bekering tot God. Anders: daarom kom alle vlees, dit is, mense van allerlei stande kom gewoonlik tot U, naamlik, omdat U so genadig is in die verhoring van gebede. |
7 Hebr. Woorde of dinge, sake van ongeregtighede was geweldiger of magtiger as ek. ’n Mens kan dit verstaan ten opsigte van Saul se regering of Absalom se oproer; en verder kan dit beskou word as ’n bekentenis van God se volk aangaande die sondes, wat hulle soms begaan het, terwyl hulle in die geestelike stryd byna verslaan is.
8 Of: U bedek hulle genadiglik. U vergeef dit (die sondes) deur die versoening van die Messías. Vgl. Lev. 1:4 se kanttekening. Dan. 9:24. Die Hebreeuse woord wys op die versoendeksel, wat bo-op die verbondsark was (Ex. 25:17, 18). Dit is ’n afbeelding van die versoening deur ons Here Jesus Christus. |
9 Sien 2 Kron. 33:5 se kanttekening. Ef. 2:19. Hebr. 12:22, ens.
10 Sien Ps. 36:9 en 63:6 se kanttekeninge. 11 Of: heilige dinge, soos offers, ens., wat op die Messías dui. Anders: heilige plek, heiligdom. Verder, met paleis word die tabernakel bedoel; sien Ps. 5:8 se kanttekening. |
12 U gee uit u heiligdom antwoord op ons gebede en tekens van die hemel, teen ons vyande, tot versekering dat U verhoor. Beide (die antwoord en die tekens) is baie ontsagwekkend, en kom ooreen met u geregtigheid. Sien Núm. 7:89. Ps. 3:5; 18:7, 8, ens.
13 Dit kan só verstaan word, dat alle mense in die wêreld hul onderhoud, bewaring en ondersteuning van God moet ontvang, om te kan bestaan. Vgl. Ps. 104:27, ens. Of ’n mens kan dit verstaan as die saligmakende vertroue op God, ten opsigte van die oproep aan die heidene tot die geloof in Christus. Sien Jes. 42:4-6, ens. |
14 Hebr. sy. |
15 Dit is, die mense en wilde diere wat in die oggend en in die aand uitgaan. Sien Ps. 104:20, 21, ens. Anders: die uitkomstes. Dit is, ’n vrolike oggend en aand kom van U af. |
16 Dit is, deur u milde seën doen U goed aan die land, of die aarde, soos in die volgende verse. Vgl. Deut. 11:12, en sien Gén. 21:1 se kanttekening.
17 Of: begerig gemaak, dit is, dorstig na reën, in watter geval die Hebreeuse woord van ’n ander oorsprong afgelei word. Ander vertaal dit so: U maak dit nat. 18 So noem die profeet God se reën, wat Hy stuur om die land vrugbaar te maak, of die wolke, waaruit Hy die reën stuur. Sommige meen dat die toevoeging van die woorde van God ’n oorvloedige reën beteken. Op soortgelyke wyse beteken berge en seders van God, uiters groot of hoë berge en seders. Vgl. Deut. 11:10, 11. 19 Naamlik van mense, wat daarvan moet leef. |
20 Dit kom van die Hebreeuse woord wat, soos baie meen, dui op die skerp rûe wat tussen twee ploegvore opgestoot word en uitsteek, sien Job 31:38 se kanttekening.
21 Dit is, U giet die reën oorvloedig daaroor uit. 22 Of: U laat water daal in sy vore of kluite. 23 Dit is, stortreën, swaar reën. Die Hebreeuse woord is afgelei van die menigte of grootheid van die druppels. 24 Hebr. U maak dit sag, naamlik die landerye. |
25 Dit is, U versier elke deel van die jaar met besondere seëninge.
26 Dit is, u goeie jaar, wat van u weldade oorvloei; soos berg van u heiligheid en dergelike. 27 Hebr. waspore, dit is, voetpaaie. Asof hy sê: Oral waar U heengaan of verbygaan, laat U u seën agter. Vgl. Joël 2:14. Of: u spore, dit is, u wolke, waarop U vaar soos op ’n wa, Psalm 104. Sien ook Job 36:28; 38:26, 27. 28 Of: drup vettigheid. |
29 Soos in Ps. 23:2. Anders: die hutte van die woestyn drup.
30 Bloeiende en versier met gras deur die reën, waardeur hulle, as ’t ware vrolik, die mense toelag. Sien Job 8:18 se kanttekening. |