Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 66

Loflied ná lyde.

1

VIR die 1musiekleier. ’n 2Lied. ’n Psalm.

Juig tot eer van God, o ganse 3aarde!

2

Besing die eer van sy Naam, 4maak heerlik sy lofsang!

3

Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die 5grootheid van u sterkte sal u vyande 6kruipende na U toe kom.

4

Laat die 7hele aarde U 8aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. 9Sela.

5

Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.

6

aHy het die 10see verander in droë land; hulle het te voet deur die b11rivier gegaan. Daar was 12ons bly in Hom.

7

Hy heers vir ewig deur sy mag; csy oë hou 13wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges 14hulleself nie verhef nie. Sela.

8

15Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —

9

wat aan ons 16siel die lewe gee en nie toelaat dat 17ons voet wankel nie.

10

Want U het ons 18getoets, o God, U het ons gelouter soos ’n mens silwer louter.

11

U het ons in die 19net gebring, ’n 20swaar las op ons heupe gelê.

12

U het mense oor ons 21hoof laat ry; ons het in die 22vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die 23oorvloed.

13

Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,

14

wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.

15

Brandoffers van 24vet diere sal ek U bring saam met 25offerrook van ramme; ek sal 26beeste saam met bokke 27berei. Sela.

16

Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.

17

Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was 28onder my tong.

18

As ek 29ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here 30nie gehoor het nie.

19

Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.

20

31Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Sien Ps. 48:1 se kanttekening.

3 Dit is, alle bewoners van die aarde, daarom staan die woord juig in Hebreeus in die meervoud; soos in vers 4; Ps. 98:4; 100:1, en dikwels elders.

4 Dit is, prys Hom bo alles. Of: ag dit die grootste eer dat jy God loof, laat al jou lof of lofsang daartoe dien. Hebr. stel, soos in Jos. 7:19: maak (Hebr. stel) die HERE heerlik.
5 Of: veelheid.

6 Hebr. lieg, veins, huigel, soos in Deut. 33:29. 2 Sam. 22:45.

7 Dit is, inwoners van die hele aarde, soos in vers 1.

8 Hebr. eintlik: hom voor U buig. Sien Gén. 24:26 se kanttekening.

9 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

a Ex. 14:21, ens.

b Jos. 3:14, ens.

10 Daardie deel van die Skelfsee of die Rooi See, waar die kinders van Israel droogvoets deurgetrek het, Exodus 14.

11 Die Jordaan, toe Israel deur Josua in die beloofde land gebring was, Josua 3.

12 Wat met hul vaders gebeur het, eien hulle hulle toe, volgens die leer in Rom. 15:4. Vgl. Hos. 12:5 en die kanttekening.

c 2 Kron. 16:9. Job 28:24. Ps. 33:13. 13 Soos ’n wagter, wat op ’n hoë toring waghou en sorgvuldig op alles toesien.

14 Of: die afvalliges of wederstrewiges sal nie vir hulleself verhoog word nie, of sal hulleself nie verhef nie. Dit is, alhoewel hulle hulle teen God stel en nie onder Hom wil buig nie, tog sal hulle nie voor Hom en teen Hom staande bly tot hul voordeel en tot nadeel van die vromes nie.

15 Hebr. Seën.
16 Dit is, Hy wat ons, om so te spreek, in die lewe terugbring, aangesien ons soos dooies was. Vgl. Ps. 30:4. Hebr. stellende ons siel in die lewe.

17 Hebr. eintlik: ons voet nie oorgee om te wankel of tot wankeling nie. Sien Ps. 15:5 se kanttekening.

18 Deur swaar lyding. Vgl. Jes. 48:10. Eség. 22:19-22. Sag. 13:9. Mal. 3:3. 1 Petr. 1:6, 7.
19 Met verdriet verstrik; ’n beeld van jagters en vissers, soos dikwels in die Skrif gebruik word.

20 Die benouing en dwang deur ons vyande.

21 Dit is, ons behandel soos slawe en diere, waarop ’n mens ry en soos met voete vertrap. Of soos ’n openbare pad, waaroor elkeen beweeg en ry. Vgl. Jes. 51:23.

22 Dit is, allerlei groot beproewings, waaruit skynbaar geen uitkoms was nie. Vgl. Jes. 43:2. Eség. 15:6, 7; en sien 2 Sam. 22:17 en Job 15:34 se kanttekeninge.

23 Of: in ’n plek wat oorvloediglik lafenis gee. Dieselfde Hebreeuse woord staan ook in Ps. 23:5.

24 Hebr. eintlik asof ’n mens sê: murgagtiges, dit is, wat vol murg (dit wil sê vet) is.

25 Dit is, die vet van ramme of bokke, wat aangesteek is om te rook. Sien Lev. 3:9-11, vergeleke met Lev. 1:10-13.

26 Hebr. bees.

27 As offer. Soos dikwels in die boeke van Moses.

28 Dit is, (soos sommige verstaan) in my hart, in my diepste binneste. Want die goddeloses het God se lof wel op die tong, maar dit gaan nie dieper nie. Ander beskou dit so: my mond sal vol wees van sy lof. Vgl. Ps. 10:7.
29 Dit is, my aan die diens van ongeregtigheid oorgegee het. Vgl. Job 31:26, 27. Háb. 1:13. Anders: As ek ongeregtigheid in my hart gesien het, dit is, voorgeneem het.

30 Want Hy verhoor geen sondaars of huigelaars nie, Job 27:8, 9. Spr. 15:29, ens. Joh. 9:31.

31 Hebr. Geseënd.