Statevertaling – Bybelstigting
Doen aan my reg!
SJIGGAJŌN1 van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van 2Kus, die 3Benjaminiet.
HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
sodat 4hy nie soos ’n leeu 5my 6verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
HERE, my God, as ek 7dit gedoen het, as daar onreg in my 8hande is,
as ek hóm kwaad aangedoen het 9wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom 10gered wat my 11sonder oorsaak vyandig was),
mag die vyand 12my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond 13vertrap en my 14eer in die stof laat woon. 15Sela.
16Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak 17vir my, U wat die reg 18beveel het!
En laat die vergadering van die volke U omring; 19keer dan 20bo hulle terug in die hoogte!
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my 21geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
Laat tog die boosheid van die goddelose mense ’n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat aharte en niere 22toets, o regverdige God!
My 23skild is by God wat die 24opregtes van hart verlos.
God is ’n regverdige regter, en ’n God wat 25elke dag 26toornig is.
As 27hy hom nie bekeer nie, maak 28Hy sy swaard skerp; Hy 29span sy boog en mik daarmee
en berei 30vir hom 31dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
Kyk, b32hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar 33leuens.
cHy het ’n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die 34vangkuil wat hy gemaak het.
Die onheil wat hy gestig het, keer op sy 35hoof terug, en 36sy geweld kom op sy skedel 37neer.
Ek wil die HERE loof na sy 38geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.
| 1 Die woord kom van ’n ander Hebreeuse woord wat dwaal beteken; waaruit sommige aflei dat dit ’n veranderende gesang was, waar van die een toonhoogte na die ander gespring word. Dit word gebruik in groot benoudheid van die hart, as die gedagtes en bewegings, deur die grootsheid van die kruis, van die een op die ander val en as ’t ware verstrooi word.
2 Wie dit was, is onseker. Dit wil voorkom of dit een van Saul se hofdienaars was wat by hom in hoë aansien was, omdat hy en Saul beide van die stam van Benjamin was. Teenoor die bittere en bloedige raad van hierdie man, asook Saul se vervolging, het Dawid hierdie gebed tot God uitgestort en in digvorm vervat. 3 Vgl. Rig. 19:16. 2 Sam. 16:11. |
| 4 Naamlik Saul, deur aanhitsing van bose raadsmanne; of hy, dit is, elkeen van hulle.
5 Hebr. siel. Dit is, my persoon en lewe. 6 Hy wil sê dat hulle hom soos leeus sal verskeur, indien die HERE hom nie betyds verlos nie. |
| 7 Waarvan hulle my valslik beskuldig, in die besonder Kus.
8 Hebr. handpalms. |
| 9 Of: wat vrede (harmonie) met my gehad het. Vgl. Ps. 55:21 met die kanttekening; en sien oor die Hebreeuse woord, wat hier met aandoen vertaal is, 2 Kron. 20:11 se kanttekening.
10 Soos duidelik aan Saul geblyk het, wat hy gespaar en bevry het, toe Saul in Dawid en sy offisiere se mag was. Sien 1 Samuel 24 en 26. Anders: ja, as ek hom nie gered het nie, ens., in dieselfde betekenis. 11 Of: tevergeefs, ydellik, dit is, sonder enige rede, ten onregte. |
| 12 Dit is, my persoon, soos in Ps. 3:3.
13 Dit is, mag hy my op ’n skandelike wyse doodmaak, sodat ek in oneer val en neerlê. 14 Dit is, mag hy my eerbare staat in ’n veragtelike staat verander. Sien 1 Kon. 16:3. Job 19:9 se kanttekening. 15 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 16 Sien Ps. 3:8 se kanttekening.
17 Of: ontwaak en wend U tot my. Menslik van God gespreek; soos in die voorgaande en hierna. Anders aldus: ontwaak vir my tot die reg wat U beveel het, dit is, om aan my reg te doen volgens u eie instelling, U, wat die God van die reg is. 18 Of: ingestel, verorden. Sien 2 Sam. 6:21 se kanttekening. |
| 19 Dit is, gaan sit weer ’n keer, soos ’n regter, op u hoë troon of regterstoel om openlik voor die omstanders my onskuld te verklaar. Maniere van spreek wat geneem is van die openbare regsittings wat groot konings hou.
20 Of: ter wille van hulle. Naamlik, van die vergadering van die omstaande volke. |
| 21 Dit is, volgens die regverdigheid van my saak. Soos dikwels in hierdie boek. Sien die verklaring in Ps. 9:5 en die kanttekeninge. |
| a 1 Kron. 28:9. Jer. 11:20; 17:10; 20:12. Openb. 2:23. | 22 Dit is, gedagtes en bewegings ondersoek en deurgrond; ’n beeld van die goudsmede wat die goud deur vuur toets. So ook in Ps. 11:4, 5; 17:3, en dikwels elders. Sien Job 19:27 se kanttekening. |
| 23 Soos in Ps. 3:4.
24 Of: vroomhartiges. Hebr. eintlik: die regtes van hart; soos in 2 Kron. 29:34, en dikwels in hierdie boek; ook sonder byvoegsel: regtes, of regsinniges, wat (soos ’n mens sê) reguit is; soos dit ook van God en sy gebooie gebruik word. Sien Deut. 32:4. Ps. 19:9, ens., en verder Job 1:1 se kanttekening. |
| 25 Anders: die hele dag.
26 Naamlik teen of oor die goddelose; waarop die volgende dui. |
| 27 Naamlik, die goddelose, wat my vervolg.
28 Naamlik God. 29 Hebr. trap; omdat ’n voetboog met die voet vasgetrap word wanneer ’n mens dit wil span; so ook dikwels elders. |
| 30 Naamlik die goddelose; of: vir Hom, om dit te gebruik teen die goddelose.
31 Hebr. voorwerpe, gereedskap, instrumente of werktuie van die dood. |
| b Job 15:35. Jes. 59:4. | 32 Die goddelose probeer om ’n onregverdige en bose saak teen my in werking te stel, terwyl hy woel soos ’n vrou wat in barensnood is. Vgl. Job 15:35. Jes. 59:4. Jak. 1:15.
33 Dit is, ’n misgeboorte. Die betekenis is: Dit sal ’n mislukking wees, sy voorneme sal nie suksesvol wees nie, dit sal so ydel en nietig wees soos ’n leuen, waardeur almal wat hulle daarop verlaat teleurgestel sal word. Vgl. Ps. 4:3 se kanttekening. Sommige verstaan hier deur leuen: valsheid en bedrog. |
| c Job 4:8. Ps. 9:16; 10:2. Spr. 5:22; 26:27. Pred. 10:8. | 34 Die Hebreeuse woord beteken eintlik verderwing, verrotting, en verder kuil, grag, ens., waarin iets vergaan en verrot. |
| 35 Sien Rig. 9:24 se kanttekening.
36 Wat hy my aandoen. 37 Dit wat hy van voorneme was om aan my te doen, sal hom van bo af, deur God se regverdige oordeel en regering, oorkom. |
| 38 Wat Hy bewys deur my (wat onskuldig is) te verlos, en deur my bose vyande te straf. |