Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 70

Dawid bid God om hom gou te verlos.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid, by die 2gedenkoffer.

2

o God, a3maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help!

3

bLaat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.

4

Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming.

5

Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!

6

Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Sien Ps. 38:1 se kanttekening.

a Ps. 40:14, ens. 3 Vgl. hierdie psalm met Psalm 40, vanaf vers 14 tot die einde, waar bykans dieselfde woorde gevind word. Sien die kanttekeninge daar.
b Ps. 35:4, 26; 71:13.