Statevertaling – Bybelstigting
Die groot raaisel.
’N PSALM van 1Asaf.
2Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat 3rein van hart is.
Maar wat my aangaan, 4my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
aWant ek was afgunstig op die 5onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
Want daar is geen 6kwellings 7by hulle nie, gesond en 8vet is hulle liggaam.
In die moeite van 9sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
Daarom is die trots 10om hulle soos ’n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ’n 11gewaad.
Hulle oë 12puil uit van vet; die 13inbeeldinge van die hart loop oor.
Hulle 14spot en spreek in 15boosheid verdrukking; hulle spreek uit die 16hoogte.
17Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
Daarom draai 18hulle mense hul hierheen, en 19waters in volheid word deur hulle geslurp.
En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
Kyk, so is die goddelose mense, en altyd 20onbesorg vermeerder hulle die 21rykdom!
22Waarlik, tevergeefs het ek my 23hart rein gehou en my 24hande in onskuld gewas.
Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar 25elke môre.
As ek 26gesê het: Ek wil óók 27so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die 28geslag van u kinders!
Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my 29oë,
totdat ek in die 30heiligdomme van God ingegaan en op hulle 31einde gelet het.
Waarlik, U stel hulle op 32gladde plekke; U laat hulle in 33puin val.
Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
Soos ’n 34droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U 35opwaak, hulle 36beeld!
Toe my hart 37bitter gestemd en ek in my 38niere geprikkel was,
toe was ék 39dom en het niks geweet nie; ek was ’n 40dier by U.
Nogtans is ek altyddeur 41by U; U het my 42regterhand gevat.
U sal my lei deur u 43raad en my daarna in 44heerlikheid opneem.
45Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U 46begeer ek ook niks op die aarde nie.
Al beswyk my 47vlees en my hart — God is die 48rots van my hart en my 49deel tot in ewigheid.
Want kyk, die wat hulle 50ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat 51van U afhoereer.
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om 52naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
1 Sien Ps. 50:1 se kanttekening.
2 Of: Ewenwel, nogtans, sekerlik. Met hierdie woorde jubel die profeet uit, nadat hy ’n swaar inwendige stryd en aanvegting, vanweë die goddeloses se tydelike geluk, oorwin het. Vgl. Ps. 62:2. 3 Dit is, die ware Israeliete, nie die wat sonder sonde is nie (Spr. 20:9), maar wat Hom met ’n opregte geloof en ongeveinsde godsaligheid dien. Sien Joh. 1:48. Hand. 15:9. Rom. 9:6, 8. 1 Joh. 3:3. |
4 Anders: ek het amper gegly. |
a Job 21:7, ens. Ps. 37:1. Jer. 12:1, 2. | 5 Sien oor die Hebreeuse woord Ps. 5:6 se kanttekening. |
6 Dit is, hulle het geen kwellings van siektes en liggaamlike swakhede, waardeur die mens in sy handel en wandel gebind en gekniehalter word, nie. So verloop die lewe van talle goddeloses seepglad, sonder groot struwelinge, teëslae of hindernisse.
7 Hebr. tot hulle dood toe. Anders: in hulle dood; dit is, hulle sterf ’n sagte en gemaklike dood. Sien Job 21:13. 8 Dit is, hulle is voorspoedig, gesond (sien Job 21:23, 24). Hebr. vet, gesond. Anders: hulle begin is sterk. |
9 Hebr. in die moeite van mense, en so ook direk hierna. Hier word twee woorde gebruik, enosj en adam (beide beteken ’n mens), waarvan die eerste op die sterflikheid en rampspoed dui, die tweede op die oorsprong van die liggaam: van die aarde. |
10 Vir hierdie woorde, om hulle soos ’n halssieraad, is in die Hebreeus ’n woord wat die betekenis het asof ’n mens sê: ketting hulle vas, dit is, in plaas van ’n ketting, is hulle met ’n sieraad of ’n goue halsband omhang. Of: hulle is reg rondom met hoogmoed omhang, soos ’n ketting reg om die nek hang.
11 Of: spogkleed. Die Hebreeuse woord word in Spr. 7:10 gebruik vir die kleed van ’n hoer. Dit wil voorkom of dit die betekenis het van ’n styfpassende, uitlokkende, sierlike uitrusting; net so spog die goddeloses met moeite en geweld, asof dit hul sieraad en mooimaakgoed was. Sien in Job 29:14 die teendeel. |
12 Hebr. gaan uit, naamlik elke oog. Vgl. Job 15:27.
13 Dit is, dit gaan met hulle beter as wat hulle hul ingebeeld het; of: die inbeeldinge van hul harte gaan voort, of: hulle bedryf meer kwaad as wat iemand se hart sou kon bedink. Vgl. Jer. 5:28. |
14 Hulle spot deur allerlei moeite en trots, soos die volgende woorde verklaar. Die Hebreeuse woord kom slegs hier so voor, en word daarom op verskeie maniere vertaal.
15 Hebr. in of met die bose of die boosheid. 16 Hulle voer oral die hoogste woord, en wil deur niemand teëgespreek word nie. Vgl. Ps. 12:5. |
17 Dit is, onbeskroomd belaster hulle sowel God as die mense en alle goddelike sake. Vgl. Openb. 13:6. So word deur die hemel God verstaan in Dan. 4:26. Luk. 15:18. |
18 Dit is, die aanhang van die goddelose. Dit beteken, dat die goddelose praktyke vir die mense aantreklik is. Hebr. draai Hy sy volk hierheen. Dit beteken dan dat die vromes, as hulle hul groot kruis oordink en daarteenoor die voorspoed van die goddeloses sien, met hierdie gedagtes bestry word: of God ook van die menslike saak kennis sou neem, of op die menslike saak ag sou slaan.
19 Dit is, die genieting van die voorspoed met volle teue deur die goddelose. Of: komme water; dit is, lyding word in ’n vol en oorvloeiende maat aan die vromes toebedeel, asof ’n mens vir iemand water in ’n skottel of ’n beker uitwring of uitdruk uit iets wat vol vog is. Sien 2 Sam. 22:17 en Ps. 11:6 se kanttekeninge. Of ’n mens kan hier deur die waters trane verstaan; uit vergelyking van Ps. 42:4 en 80:6; asof die profeet sê: ’n beker vol trane. |
20 Hebr. hulle is die gerustes of mense met die vrede van die wêreld of van die eeu of ewigheid; dit is, wat die vrede (vgl. Joh. 14:27) of die geluk van hierdie wêreld geniet, of hulle lewe lank in rus, gemak en weelde deurbring en geheel en al sorgeloos lewe. Sien oor so ’n gebruik van die woord (ewigheid) Deut. 15:17 se kanttekening, en vgl. met hierdie klag Jer. 12:1, 2.
21 Soos in Deut. 8:17, 18. Rut 2:1. 2 Kon. 5:1. |
22 Woorde van die profeet in sy stryd.
23 Sien vers 1 se kanttekening. 24 Sien Ps. 26:6 se kanttekening. |
25 Hebr. in die vroeë oggendure, dit is, elke oggend, of vroeg. So ook in Job 7:18. Ps. 101:8. Jes. 33:2. Klaagl. 3:23. |
26 Dit kan verstaan word as by myself sê, dit is, dink, so kom dit dikwels elders voor.
27 Dit is, ek sal my deur hierdie versoeking laat oorrompel, aan my vleeslike begeertes toegee, en voortaan die vromes met openlike uitsprake verdoem en die goddeloses prys. 28 Dit is, aan die ganse menigte van die vromes, u ganse kerk, wat ook die geslag van die regverdiges of die regverdige geslag genoem word, Ps. 14:5. Hy wil sê, dat hy die kerk van God grootliks sou verontreg en hom grof aan hulle en aan God self sou vergryp, deur hulle ter wille van die kruis wat hy moet dra te wil verdoem. Sien oor die Hebreeuse woord wat as geslag geneem word, Ps. 12:8 se kanttekening. |
29 Dit is, hierdie saak, van die kruis van die vromes en die geluk van die goddeloses, was oënskynlik vir my te swaar om te verstaan, ek kon my nie daarin vind nie. Sien Job 18:3 se kanttekening. |
30 Verstaan hier die Woord van God en die plek waar God se volk byeenkom en waar sy Woord verklaar, geleer en ondersoek word.
31 Hebr. agterste, laaste, uiterste, dit is, hoe die goddeloses se uiteinde sal wees, soos in Deut. 32:20, 29, ens. |
32 Dit is ’n beeld geneem van gladde paaie, waarop ’n mens nie met vastigheid beweeg nie en maklik kan val.
33 Of: rampspoede. Eintlik wat hulle met ’n groot gedruis en onstuimigheid oorval. |
34 Dit is, al hulle geluk, voorspoed, weelde en wellus verdwyn onmiddellik, soos ’n droom, wanneer ’n mens wakker word. Sien Job 20:8, 9. Jes. 29:7, 8.
35 Dit is, U gereedmaak om hulle te straf, U wat tevore oënskynlik geslaap het en hulle boosheid nie gesien het nie. So ook in Ps. 35:23, ens. Anders: as U hulle opwek, naamlik op die oordeelsdag. 36 Dit is, al hulle verganklike geluk, heerlikheid en glans. Vgl. Ps. 39:7. 1 Kor. 7:31. Dit kan verder ook dui op die ewige smaadheid van die goddeloses, wat hulle, ná die opstanding uit die dood, sal ly. Sien Dan. 12:2. |
37 Of: oprys, soos suurdeeg; waarvoor die Hebreeuse woord eintlik gebruik word. Dit is, toe ek so onrustig, verdrietig en toornig oor die geluk van die goddeloses was.
38 Dit is, hewig ontstel was, of: my gemoedstemming baie heftig was. Sien Job 19:27 se kanttekening. |
39 Soos ’n redelose, onverstandige dier. Sien Ps. 49:11 se kanttekening.
40 Dit is, uitermate beesagtig. Hebr. behemot, dit is, diere. Hierdie Hebreeuse woord word in Job 40:10 vertaal met seekoei. Dit beteken: U mag my met reg so onverstandig en dierlik as die diere self beskou. |
41 Dit is, my aan U toevertrou en my in u wyse en heilige regering gerusstel.
42 Dit is, my in my onbegrip en sware stryd bewaar en ondersteun, sodat ek nie afgewyk het nie. Sien vers 2. |
43 Dit is, deur u Woord en u Heilige Gees, asook deur u vaderlike sorg en regering.
44 Vgl. hierdie manier van spreek met 1 Tim. 3:16. Hebr. 2:10. So ook 1 Thess. 4:17. |
45 Of: Wie is daar vir my, naamlik behalwe U? Die woorde wat in die volgende sinsdeel gestel word, hoort ook hierby. Hy wil sê, dat hy in die hemel niemand het wat hy aanroep en op wie hy vertrou nie, behalwe God.
46 Om daarin my genoeë te stel of daarop te vertrou. Die profeet wil sê, dat God sy enigste en hoogste Goed is. As hy God het, is hy volkome tevrede. |
47 Dit is, liggaam en siel, soos in Ps. 84:3.
48 Dit is, op wie my hart vertrou, as my sterkte en toevlug. Sien Deut. 32:4 se kanttekening. 49 Vgl. Ps. 16:5, 6 se kanttekeninge. |
50 Wat geen gemeenskap met U het nie.
51 Dit is, geestelike hoerery of owerspel bedryf, iets anders meer liefhê as U. Sien Lev. 17:7 se kanttekening. |
52 Hebr. nabyheid, of nadering tot God, soos in Jes. 58:2. |