Statevertaling – Bybelstigting
Die verwoeste heiligdom.
’N 1ONDERWYSING 2van Asaf.
o God, waarom het U vir 3altyd verstoot? Waarom rook u 4toorn teen die 5skape van u weide?
Dink aan u 6vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die 7stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
Hef u 8voete op na die 9ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom 10verniel.
U teëstanders het binne-in u 11vergaderplek 12gebrul; hulle het 13hul tekens as tekens gestel.
Dit 14lyk soos 15wanneer iemand byle omhoog hef in ’n digte plek 16bome.
En nou — die houtsnywerk 17daarvan het hulle alles met 18byl en hamers stukkend geslaan.
aHulle het u heiligdom aan die brand 19gesteek; 20tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam 21onderdruk! Hulle het al die 22vergaderplekke van God in die land verbrand.
Ons sien nie ons 23tekens nie; daar is geen 24profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet 25hoe lank nie.
Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam 26vir altyd verag?
Waarom trek U u hand, ja, u 27regterhand, terug? Trek dit uit u 28boesem! 29Vernietig!
Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
bÚ het deur u sterkte die 30see geklief; Ú het die koppe van die 31seemonsters op die waters verbreek.
Ú het die 32koppe 33van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel 34vir ’n volk — vir woestyndiere.
cÚ het fontein en stroom 35oopgeslaan; dÚ het 36standhoudende 37riviere laat opdroog.
Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; eÚ het 38hemelligte en son vasgestel.
Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.
Dink hieraan: 39Die vyand het die HERE gesmaad, en ’n dwase volk het u Naam verag.
Gee 40aan die wilde diere die 41siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie 42vir altyd die lewe van 43u ellendiges nie.
Aanskou die 44verbond, want die 45donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
Staan op, o God, 46verdedig u saak; dink aan die 47smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ’n dwaas.
Vergeet nie 48die geroep van u teëstanders nie — die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur 49opgaan!
1 Sien Ps. 32:1 se kanttekening.
2 Of: vir Asaf, waaronder ’n mens Asaf self of sy nakomelinge kan verstaan. Sien Ps. 50:1 se kanttekening. Sommige meen dat Asaf self hierdie psalm deur die profetiese gees oor toekomstige tye gedig het, om gebruik te word wanneer hierdie swarighede God se volk sou oorkom. 3 Of: in ewigheid, heeltemal, ten ene male. Sien Ps. 13:2 se kanttekening oor die Hebreeuse woord. 4 Of: u neus. Vgl. 2 Sam. 22:16. Rokende toorn beteken soveel as brandende toorn, soos die toorn van God dikwels vergelyk word met vuur waarvan rook optrek. Sien Deut. 29:20. Ps. 80:5. 5 Sien Ps. 100:3. |
6 U gemeente, u volk Israel.
7 Of: stok, roede. Dit is, Israel, wat u erfdeel is, wat U vir U asof met ’n maatstok afgemeet het. So ook in Jer. 10:16. Vgl. Deut. 32:9 se kanttekening. Ps. 16:5, 6. |
8 Of: gange, treë; dit is, wees haastig, kom gou, om hierdie langdurige verwoestinge te aanskou en daarteen te handel; menslik van God gesproke.
9 Hebr. verwoestinge van ewigheid, dit is, langdurig. 10 Of: geskend. Hebr. eintlik: kwaad gemaak. |
11 Waar mense op vasgestelde tye vergader om godsdiens te beoefen en die Woord van die Here te hoor; in daardie tyd was dit die tempel en later ook die sinagoges, sien vers 8.
12 Soos leeus. 13 Hulle het oral hul afgodstekens of krygsbaniere opgerig, as ’n teken dat hulle heer en meester oor ons is. |
14 Hebr. Hy het bekend geword; dit is, elkeen van die vyande het bekend geword, dit is, vermaard en beroemd, asof hulle ’n manlike daad gedoen het. Vgl. Ps. 9:17. Spr. 31:23.
15 Dit is, hulle het gekap en gekerf, soos wanneer hulle besig was om in ’n bos hout te kap. 16 Of: hout. Want ’n mens kan dit as ’n vergelyking verstaan; naamlik, soos ’n digte bos bome neergevel word, so is die kunstig gevlegte houtwerk van die heiligdom verniel. Dan sou die vertaling soos volg wees: wanneer hulle die byle omhoog hef of boontoe gehef word, of: wanneer hy die byle omhoog gehef, aangedryf, aangevoer het; dit is, elkeen het bekend geword as iemand wat so te werk gaan, of omdat hy so gedoen het; omdat as of soos nie altyd dui op enige gelykheid nie, maar soms ook op die daad en waarheid. Sien Gén. 27:12 se kanttekeninge. |
17 Hebr. van haar of haar openinge. Dit is, die uitgekerfde of gesnyde werk van die heiligdom (sien vers 3) waar die gemeente gewoonlik vergader. Dit lyk of die klem op die woordjie haar val. Sien Ex. 28:11 oor hierdie woord.
18 Die Hebreeuse woord stam af van stamp, val, neervel. Dit dui dan op ’n instrument waarmee ’n mens iets afskeur of aftrek om iets neer te vel, soos pikke, hake, hellebaarde. |
a 2 Kon. 25:9. | 19 Hebr. gestuur, weggestuur.
20 Of: hulle het dit ontheilig, deur dit af te breek en met die grond gelyk te maak. |
21 Van die Hebreeuse woord stam ’n ander woord af, wat duif beteken, omdat duiwe maklik gevang kan word. Anders: Hulle kinders sê in hul hart: Hulle het reeds, ens.
22 Dit is, alle sinagoges en skole van die profete, waar God se Woord gelees en verklaar of geleer was. |
23 Die gewone en buitengewone tekens van God se genadige teenwoordigheid en guns.
24 Vgl. Eség. 7:26. Omdat die outeur van hierdie psalm in elk geval ’n man van God en ’n profeet was, daarom was die gevoel van sommige nie so vreemd dat hierdie psalm deur Asaf of enige ander profeet met dieselfde naam gedig is nie (soos soortgelyke profetiese vooruitskouings elders in God se Woord gevind word). Uit vers 1 kan afgelei word dat die openbare godsdiens nog aan die gang was, voordat hierdie swarighede oor God se volk gekom het; om God se kerk in verskeie volgende tye te dien. ’n Deel daarvan was in die Babiloniese ballingskap, nadat Eségiël opgehou het om te profeteer. ’n Ander deel was onder die gruwelike tirannie van Antiochus, wat sommige hier in die besonder verstaan, omdat die tyd van verlossing uit die Babiloniese ballingskap uitdruklik deur Jeremia geprofeteer was. Sommige verstaan dat hierdie psalm (soos ook dergelike ander) ten tyde van Antiochus gedig is, deur ’n man van God of ’n profeet, dit is, leraar, wat God se volk wel deur inspirasie van die Heilige Gees geleer en hierdie psalm gedig het. Maar hy was geen profeet soos die ander nie, wat in die besonder so genoem is, omdat hulle goddelike openbarings oor toekomstige dinge ontvang het, van wie Maleági die laaste was. 25 Dit is, hoe lank hierdie ellendes en verwoestings sal duur. |
26 Dit is, in ewigheid, steeds. Sien vers 1 se kanttekening. |
27 Menslik van God gesproke: waarmee U ons voortdurend so kragtig beskut en verlos.
28 Dit is, stel dit in werking; die teendeel word gesê van diegene wat die verdriet bewerk, Spr. 26:15. 29 Of: maak ’n einde aan, naamlik aan hierdie verwoestinge van die vyand en ons ellendes. Of: verteer, naamlik hierdie vyande. Anders: Werp hulle geheel en al uit u boesem uit. |
b Ex. 14:21, ens. | 30 Verstaan die Rooi See of die Skelfsee.
31 Dit is, van die trotse owerstes of aanvoerders van Farao. |
32 Dit is, die groot kop, wat in die plek van baie koppe is; soos die olifant behemot, dit is, diere, genoem word, omdat dit ’n baie groot dier is. Of verstaan die koppe as Farao se owerstes of aanvoerders.
33 Dit is, van die groot, vreesaanjaende seemonster of van die seedraak, waarmee Farao en ander groot tiranne hier vergelyk word, Jes. 27:1. Vgl. ook Eség. 29:3-5; 32:2. 34 Dit is, voëls en wilde diere, wat die dooie liggame van die Egiptenaars, wat verdrink en aan die land of oewer uitgespoel het (Ex. 14:30), opgeëet het. So word miere, sprinkane, dassies, ens., ook ’n volk en nasie genoem, Spr. 30:25, 26. Joël 1:6. Anders kan ’n mens dit ook só verstaan, dat God vir sy volk die buit van die Egiptenaars in die woestyn as hul lewensonderhoud gegee het. Vgl. Núm. 14:9 se kanttekening. |
c Ex. 17:5, 6. Núm. 20:11. Ps. 105:41. Jes. 48:21.
d Jos. 3:13, ens. |
35 Dit is, die rots oopgeslaan, sodat daar ’n fontein en stroom uit voortgekom het.
36 Hebr. riviere van sterkte. 37 Soos die waters van die Jordaan, waar die kinders van Israel op droë grond deurgegaan het. Hy wil sê: U bring water voort waar dit nie is nie, en droog dit op waar dit wel is. |
e Gén. 1:14, ens. | 38 Dit is, ’n liggewende liggaam, wat ’n mens hier as die maan en sterre kan verstaan, om tydens die nag lig te gee, soos die son in die dag. Sien Gén. 1:16. Ps. 136:7, 8, en vgl. Job 31:26. |
39 Anders: Die vyand het gesmaad of gehoon, o HERE, ens. |
40 Of: hierdie wilde hoop. Sien Ps. 68:11 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.
41 Dit is, die lewe van u kerk; wat so magteloos en weerloos is om hierdie wrede skare teen te staan, soos ’n tortelduif teen die geweld van wilde diere. Verder behelp die kerk haarself deur in stilte met geween en gekla tot God te nader. So bly sy geestelik en inwendig skoon, eenvoudig, sagmoedig en aan haar God getrou. Die beeld van duiwe word dikwels in hierdie opsig in die Heilige Skrif gebruik. Sien Ps. 55:7; 56:1; 68:14. Hoogl. 1:15; 2:14; 4:1; 5:12; 6:9. Jes. 38:14; 59:11. Eség. 7:16. Hos. 11:11. Matt. 10:16. 42 Dit is, in ewigheid. Soos in vers 1. 43 Wat aan U behoort en om u Naam ontwil ly. Vgl. Ps. 69:27, 34; 72:2. |
44 Wat U met Abraham en sy saad opgerig het, gegrond in die Messías.
45 Dit is, alle hoeke van die land is soos moordkuile, waaruit die vyand alle geweld bedryf. |
46 Sien Ps. 35:1.
47 Hebr. u smaadheid, van ’n dwase. |
48 Hebr. die stem.
49 Dit is, neem steeds toe. Vgl. 1 Kon. 22:35. Of: klim op na die hemel tot U; soos in Jona 1:2. |