Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 8

Wat is die mens?

1

VIR die 1musiekleier; op die 2Gittiet. ’n Psalm van Dawid.

2

o HERE, onse Here, hoe 3heerlik is u 4Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het 5op die hemele.

3

Uit adie mond van 6kinders en 7suiglinge het U 8sterkte 9gegrondves, om u 10teëstanders ontwil, om die vyand en 11wraakgierige 12stil te maak.

4

13As ek u hemel aanskou, die werk van u 14vingers, die maan en die sterre wat U toeberei 15het —

5

bwat is die 16mens dat U aan hom 17dink, en die 18mensekind dat U hom besoek?

6

U het hom 19’n 20weinig minder gemaak as ’n 21goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7

U laat hom heers oor die werke van u hande; cU het 22alles onder sy voete gestel:

8

23skape en 24beeste, dié almal, en ook die 25diere van die veld,

9

26die voëls van die 27hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die 28see.

10

o HERE, onse Here, 29hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Sommige verstaan dit ook as ’n sekere musiektoon, of ’n musiekinstrument, vir die speel en sing van die psalms, gebruik deur die nageslag (soos sommige meen) van Obed-Edom, wat ’n Leviet en sanger was, die Gittiet genoem in 2 Sam. 6:10. Die Hebreeuse woord Gat (waarvan Gittiet skynbaar afgelei is) is die naam van ’n beroemde stad van die Filistyne (waar sommige meen hierdie instrument eerste gevind is). Dit beteken ook ’n wynpers, of oliepers, waarom (soos ook uit die inhoud van hierdie psalm blyk) sommige vermoed dat hierdie psalm gemaak is om as ’n dankpsalm gesing te word tydens die wynoes.

3 Of: deurlugtig, grootmagtig, uitermate geweldig, alombekend. So ook in Jes. 33:21. Jer. 30:21. Die Hebreeuse woord word ook aan die maghebbers op aarde toegeskryf, Rig. 5:13, 25. Neh. 3:5. Jer. 14:3; 25:34, 35; ook aan die godsaliges, Ps. 16:3; selfs aan die bruisende waters van die Rooi See, Ex. 15:10, terwyl dit altyd besondere uitnemendheid beteken.

4 Dit is, U self, met die roem van u mag, wysheid en goedheid, wat in al u werke blyk.

5 Dit is, wie se majesteit onbegryplik en oneindig is. Vgl. 1 Kon. 8:27. Of: U, wat u majesteit uiters heerlik bo alle sigbare hemele openbaar. Vgl. Ef. 4:10.

a Matt. 21:16. 6 Verstaan sodanige kinders, wat spraak en verstand begin gebruik, wat op straat loop en speel. Vgl. Jer. 6:11; 9:21. Klaagl. 1:5. Matt. 21:16. Hoewel die Hebreeuse woord soms ook anders gebruik word. Sien Job 3:16 en die kanttekening.

7 Aan wie God sy wonderlike mag, goedheid en voorsienigheid só bewys, sodat hulle daarvan ’n kragtige en onweerspreeklike bewys is. Waarop die Here Christus hierdie woorde toegepas het in Matt. 21:16.

8 Anders: kragtige of sterk lof, dit is, lof van u krag of sterkte. So ook in Ps. 29:1; 96:7; 118:14. Vgl. Matt. 21:16.

9 Dit is, onwrikbaar geordineer, besluit en volbring. Vgl. Est. 1:8. Ps. 11:3.

10 Dit is, om die loënaars en bespotters van u goddelike regering en voorsienigheid te beskaam.

11 Hebr. diegene wat hom wreek.

12 Om hom te bedwing en van sy lasterlike voorneme afstand te laat neem.

13 Anders: Want ek aanskou of sal aanskou, ens.

14 Dit is, wat U met u wonderlike wysheid so kunstig voortgebring het. ’n Beeld van mense wat baie kunstig met hul vingers werk, soos naaldwerkers, borduurders, ens.

15 Verstaan hierby: so dink ek by myself, of roep ek uit, soos volg:

b Job 7:17. Ps. 144:3. Hebr. 2:6. 16 Of: brose ellendige mens. Die Hebreeuse woord enosj kom van ’n woord wat baie swak, ja, dodelik siek wees beteken. Sien Job 4:17 se kanttekening.

17 Deur hierdie dink en besoek van God word vernaamlik die ganse genadewerk in die Messías, onse Here Christus verstaan, wat aan die gevalle mens bewys is; waartoe dit wat volg ook behoort. Vgl. verder Gén. 8:1 en 21:1 se kanttekeninge.

18 Of: adamskind. Sien 1 Kon. 8:39 se kanttekening.

19 Hierdie woorde word deur die apostel in die besonder op onse Here Christus toegepas, Hebr. 2:9.

20 Dit is, ’n klein deel, nie baie nie, of ’n kort tyd. Sien Ps. 2:12 se kanttekening.

21 Hebr. elohim, wat hier engele beteken. Sien Hebr. 2:9.

c 1 Kor. 15:27. 22 Dit word hierna verklaar.
23 Dit is, kleinvee. Sien Gén. 12:16 se kanttekening.

24 Dit is, grootvee.

25 Verstaan die wilde diere. Sien oor die Hebreeuse woord Gén. 1:26 en 6:7 se kanttekeninge.

26 Hebr. tsippor. Sien Lev. 14:4 en die kanttekening.

27 Dit is, van die lug; soos dikwels elders.

28 Dit is, allerlei versamelinge van waters. Sien Gén. 1:10 se kanttekening.

29 Soos in vers 2.