Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 80

Die wingerdstok van die HERE.

1

VIR1 die musiekleier; 1op die wysie van: „Lelies.” 2’n Getuienis. 3Van Asaf. ’n Psalm.

2

4o Herder van Israel, hoor tog; U wat 5Josef soos skape lei, 6wat bo-oor die gérubs troon, 7verskyn in ligglans!

3

8Wek u mag op voor 9Efraim en 9Benjamin en 9Manasse, en kom ons te hulp!

4

10o God, 11herstel ons, en 12laat u aangesig askyn, sodat ons verlos kan word!

5

o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog 13rook u toorn by die gebed van u volk?

6

14U het hulle 15tranebrood laat eet, hulle 16oorvloedig trane laat drink.

7

U het ons 17’n voorwerp van stryd gemaak vir 18ons bure, en bons vyande 19drywe die spot.

8

o God van die leërskare, 20herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

9

’n 21Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die 22nasies uitgedrywe en 23hom geplant.

10

U het voor hom plek 24gemaak, en hy het wortels 25geskiet en die land 26vervul.

11

27Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die 28seders van God.

12

29Hy het sy ranke uitgebrei 30tot by die see en sy lote na die 31Rivier toe.

13

Waarom het U sy 32mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14

33Die wildevark uit die bos eet hom op, en 34wat roer op die veld, wei hom af.

15

o God van die leërskare, 35kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en 36gee ag op hierdie wingerdstok;

16

en 37wees ’n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en 38oor die seun 39wat U vir Uself grootgemaak het.

17

40Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom 41hulle om.

18

42Laat u hand wees 43oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

19

Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

20

o HERE, God van die leërskare, 44herstel ons; 45laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

1 Sien Ps. 45:1 se kanttekening.

2 Dit is, ’n betuiging of verklaring van die geloof aan God se genadige belofte in die groot swarigheid van sy kerk.

3 Of: Vir Asaf, soos in Ps. 79:1.

4 Vgl. Ps. 23:1; 48:15. Jes. 40:11. Eség. 34:12, 14, 15. Joh. 10:11. 1 Petr. 2:25.

5 Dit is, die nakomelinge van Josef, naamlik die stamme van Efraim en Manasse. Die Heilige Skrif verstaan soms onder die naam Josef al die ander stamme, en vernaamlik die tien stamme, omdat Josef die vernaamste en mees geagte onder die kinders van Jakob was. Sien Gén. 49:26. Ps. 81:6.

6 Of: God wat gewoond was om op die gérubs te sit; want nadat die tempel deur die Chaldeërs afgebreek en geruïneer is, het die Here nie meer op die gérubs gesit nie. Sien 1 Sam. 4:4 se kanttekening oor die gérubs.

7 Dit is, bewys aan ons u guns en genade, deur ons te verlos uit hierdie langdurige gevangenis, waarin ons nou ’n lang tyd as ’t ware in duisternis gesit het.

8 Dit is, wys en laat u mag blyk, wat nou ’n tyd lank as ’t ware aan die slaap was.

9 Dit is, voor die stamme of nakomelinge van Efraim, Benjamin en Manasse. Hierdie drie stamme se laers was saam aan die westekant van die tabernakel, Núm. 2:17, 18, 20, 22; 10:21-24. Daarom word hulle hier en in 1 Kron. 9:3, en elders ook, tegelyk genoem.

a Ps. 4:7; 31:17; 67:2. Dan. 9:17. 10 Hierdie vers word herhaal in verse 8, 20.

11 Anders: verkwik ons, soos in Ps. 23:3. Naamlik verlos ons uit ons gevangenis en ballingskap, of herstel ons in ons vorige staat in die land waaruit ons weggevoer is.

12 Naamlik oor ons. Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge.

13 Dit is, toornig wees, ons gebed in groot toorn afwys. Dit is ’n beeld wat dui op die gesigsuitdrukking van diegene wat baie vertoornd is. Sien Ps. 74:1.
14 Dit is, U voed ons. Sien Ps. 42:4 se kanttekening.

15 Die betekenis van hierdie woorde is, dat die lyding vir hulle so gewoon is soos kos en drank, en dat hulle met uitermate groot swarighede besoek is. Of: tranebrood, dit is, brood wat in trane gedoop is; of trane in die plek van brood, soos in Ps. 42:4.

16 Of: uit ’n drieling, dit is, ’n groot maat. Die Hebreeuse woord beteken ’n maat, hetsy van nat, soos hier, of van droë goedere, dit wil voorkom of dit so verstaan moet word in Jes. 40:12, waarin drie van dieselfde mate pas, waarvan die grootte vir ons onbekend is.

b Ps. 44:14; 79:4. 17 Dit is, daagliks twis hulle met ons en dwarsboom ons. Of: hulle twis onder mekaar, wie die eer sal kry om ons te onderdruk.

18 Naamlik die Edomiete, soos in Ps. 79:4, en ook ander goddeloses.

19 Naamlik met ons, as hulle sien dat dit sleg gaan met ons.

20 Sien vers 4.
21 So noem hy die kerk en die volk van Israel, asook in Jes. 5:1, 7. Jer. 2:21. Matt. 21:33. Mark. 12:1. Luk. 20:9.

22 Hier moet die sewe nasies van die Kanaäniete verstaan word. Sien die boek Josua. Ps. 44:3; 78:55.

23 Naamlik die wynstok, Ex. 15:17. Ps. 44:3.

24 Dit is, U het die Kanaäniete voor hul aangesig weggestoot en verdryf, Ex. 23:28. Jos. 24:12. Sien Gén. 24:31 se kanttekening aangaande die betekenis van die Hebreeuse woord, wat eintlik uitsuiwer, reinig, uitvee beteken.

25 Dit is, diep en vas in die grond laat groei.

26 Naamlik met sy ranke.

27 Die psalmis gee te kenne dat die volk van Israel baie vermenigvuldig het, deur die hele land Kanaän.

28 Dit is, baie groot, baie hoë seders. Sien Gén. 13:10 se kanttekening. In Ps. 36:7 staan berge van God, dit is, groot en hoë berge. Of seders van God beteken hier: seders wat God self geplant het, soos in Ps. 104:16.

29 Naamlik die wynstok, dit is, die volk van God, die volk Israel.

30 Naamlik tot aan die Middellandse See, soos in Ps. 72:8.

31 Naamlik Eufraat, soos in Ps. 72:8.

32 Dit is, sy vestings, wat verbreek is, so lê die land oop as prooi vir sy vyande. Sien Ps. 89:41, 42. Jes. 5:5.
33 So noem hy die vyande en vervolgers van God se volk, soos in Ps. 68:31. In daardie tyd was dit in die besonder die Assiriërs en Babiloniërs, soos in 2 Kon. 17:6; 25:1.

34 Hier kan ’n mens die wilde diere verstaan waarmee God sy volk dreig, Lev. 26:22. Of die wrede tiranne, soos die woord wildevarke hier te kenne gee. Sien Job 4:11 se kanttekening.

35 Naamlik tot ons hulp, wat U, toe U op ons vertoornd was, nou ’n lang tyd van ons onttrek het.

36 Of: besoek. Sien Gén. 21:1 en Job 5:24 se kanttekeninge.

37 Ander veronderstel ’n selfstandige naamwoord, en vertaal: en (gee ag op) die stam of steggie wat U regterhand geplant het.

38 Naamlik Israel of die gemeente van God. Ander vertaal om die Seun se ontwil, en verstaan hier die Seun van God. Vgl. Ps. 2:7. Jes. 9:5. Dan. 9:17 se kanttekening, en hier vers 18 se kanttekening.

39 Vgl. Jes. 49:1-5, 8, ens. Anders: (spruit) wat U groot en sterk gemaak het tot U eer, en om die vrug daarvan te geniet.

40 Naamlik die wingerdstok, soos in vers 9.

41 Naamlik die mense, en met name u volk Israel (van wie hier gespreek word) vergaan, wanneer U u aangesig teen die volk draai om die vloek oor hom uit te spreek. Sien Ps. 9:6 se kanttekening.

42 Hierdie vers moet ten diepste met betrekking tot die Seun van God, die Messías, verstaan word, net soos in vers 16 verklaar is. Laat u hand oor Hom wees, beteken soveel as: Wees met Hom, onderhou Hom en bevorder sy ryk. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Esra 7:6, ens., en vgl. Ps. 118:25. Jes. 11:2, 3; 61:1. Hand. 10:38.

43 Dit is, wat U so liefhet soos u regterhand. Sien Gén. 35:18 se kanttekening. Of: die Man wat u naaste of metgesel is, Sag. 13:7 (u ewige Seun) en deur wie U u krag uitstrek, alles geskape het, onderhou en regeer, Joh. 1:3. Kol. 1:16. Hebr. 1:2, 3, en vir wie U gesê het: Sit aan my regterhand, ens., Ps. 110:1, waar Hy die mensekind genoem word, Ps. 8:5, 6 se kanttekeninge. Hebr. 2:6, 9, en deurgaans in die Nuwe Testament, soos Hy ook verskyn het, Dan. 7:13. Sommige verstaan onder hierdie man (asook onder die menseseun, waarvan direk hierna volg) die volk van Israel, wat ook God se eersgebore seun genoem word, Ex. 4:22.

44 Sien vers 4.

45 Sien vers 4.