Statevertaling – Bybelstigting
Die hoogste Regter en die wêreld van onreg.
’N 1PSALM van Asaf.
God 2staan in die 3vergadering van die gode; 4Hy hou gerig 5te midde van die gode.
6Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en 7partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
8Doen reg aan die swakke en die wees; 9gee aan die ellendige en die arme sy reg.
aRed die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand 10van die goddelose mense.
11Hulle weet nie en verstaan nie; hulle 12loop rond in duisternis: 13al die fondamente van die aarde wankel.
14Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —
15nogtans sal julle sterwe 16soos mense, en 17soos een van die vorste sal julle 18val.
Staan op, o God, 19oordeel die aarde! bWant 20Ú het erfbesit van al die nasies.
1 Sien Ps. 48:1 en 50:1 se kanttekeninge.
2 Dit is, Hy is teenwoordig, naamlik as Soewerein of hoogste Regter. 3 Dit is, in die vergadering van die wat saamkom om volgens God se wil en op sy bevel reg te doen. Sien Deut. 1:17. 2 Kron. 19:6. Rom. 13:1. 4 Naamlik so dat Hy hul oordele deur sy voorsienigheid en wysheid só bestier en regeer, dat dit tot sy eer moet strek. Of: Hy hou gerig, dit is, Hy let goed op, watter uitsprake die regters lewer en straf diegene wat hul onderdane onregverdig verdruk. 5 Dit is, te midde van die konings en vorste, ja, van alle owerhede, asof hulle almal verteenwoordigers (goewerneurs) in God se diens is. Sien Ex. 21:6; 22:8, 9, 28. Joh. 10:34. |
6 Verstaan hier God se woorde uit die mond van die profeet, wat die onregverdige regters aanspreek. Ander beskou dit as die woorde van die profeet.
7 Hebr. die aangesig aanneem, dit is: ’n gunstige uitspraak lewer vir diegene wat ’n onregverdige saak het, wat God verbied het om so te doen, Lev. 19:15. Deut. 1:17; 16:19. 2 Kron. 19:7. Spr. 18:5. Jak. 2:1-9. |
8 Dit is, verdedig, beskerm, verlos. Sien Ps. 43:1. Jes. 1:17.
9 Verstaan hierby: indien hy ’n regverdige saak het, doen reg aan hom, bevorder sy saak. Sien Deut. 25:1. Jer. 22:3. |
a Spr. 24:11. | 10 Dit is, diegene wat ’n oneerlike saak het en daarop uit is om die arme te verdruk. |
11 Naamlik die regters; hulle weet en bedink nie dat God in die regspraak by hulle teenwoordig is nie, en hulle vra nie na sy bestraffing of bevel nie. Sien Spr. 29:7. Jer. 10:21. Miga 3:1.
12 In duisternis rondloop of wandel is om aanhoudend in sonde te lewe, Ef. 4:17, 18; 5:8. 1 Joh. 1:6, of: in duisternis, dit is, in onwetendheid. 13 Asof Hy sê: Omdat sake by die konings, vorste en owerhede so staan, daarom gaan dit in die wêreld baie sleg, en daarvan kom al die ellendes en swarighede in lande en stede. Sien Jes. 24:19, 20. |
14 Asof Hy sê: Ek het julle wel die eer aangedoen dat Ek julle gode genoem het, mense wat Ek aangestel het om in my Naam reg te spreek; maar, ens. Sien vers 1. Ex. 21:6; 22:9, 28. Joh. 10:34. |
15 Derhalwe behoort julle opreg te wandel en te handel, in die besef dat julle aan God rekenskap sal moet gee van al jul doen en late.
16 Hebr. soos Adam, dit is, net soos ander eenvoudige, sterflike mense. 17 Naamlik diegene wat voorheen geleef en almal gesterf het. Anders: en julle, owerstes, sal val, soos die ander. 18 Dit is, sterf. |
b Ps. 2:8. Hebr. 1:2. | 19 Naamlik as hoogste regter van die wêreld. Sien Gén. 18:25. Asof die profeet sê: o God, neem U die saak ter hand, en herstel weer wat die bose regters versaak het.
20 Hebr. U erf of sal erf in al die nasies; dit is, U besit en sal altyd die hele menslike geslag as eiendom besit (soos ’n mens ’n wettige erfdeel besit). |