Statevertaling – Bybelstigting
Vyande rondom!
’N LIED. ’n Psalm 1van Asaf.
o God, 2hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
Want kyk, u 3vyande 4maak rumoer, en u haters 5steek die hoof op.
6Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad 7teen u verborgenes.
Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle 8geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
Want hulle het van harte saam raad gehou; 9teen U sluit hulle ’n verbond:
10die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en 11die Hagareners,
12Gebal en Ammon, en Ámalek, 13Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 14’n arm vir 15die kinders van Lot. Sela.
16Maak met hulle soos met Mídian, soos met 17Sísera, soos met 18Jabin by die spruit Kison:
hulle is verdelg by 19En-Dor, hulle het 20mis geword vir die grond.
21Maak hulle, hul 22edeles, soos 23Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos 24Seba en 24Sálmuna,
wat sê: Laat ons die 25woninge van God vir ons in besit neem!
My God, maak hulle 26soos strooi, soos stoppels voor die wind.
27Soos vuur wat ’n bos verbrand, en soos die vlam wat 28berge aan die brand steek —
vervolg hulle só met u 29storm en verskrik hulle met u stormwind.
Oordek hulle aangesig met skande, 30dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
31sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.
1 Of: vir Asaf, soos in Ps. 80:1. |
2 Hebr. U swyg nie. Die psalmis bid dat God Hom sal gereedmaak om sy volk te help om hulle oor hul vyande te wreek. Sien Ps. 109:1 se kanttekening. |
3 Dit beteken: Ons vyande, wat ook u vyande is, omdat ons u volk is. Sien in verse 7-9 wie hierdie vyande was.
4 Naamlik teen ons, soos in vers 4. 5 Naamlik verwaand en vermetel, asof hulle oor U en u volk triomfeer. In Rig. 8:28 word hierdie manier van spreek ook gebruik. |
6 Naamlik teen ons, wat u volk is.
7 Dit is, teen dié wat hulle toevlug tot U neem om hulle en hul naasbestaandes onder u bewaring en beskerming te verberg. Of: wat U soos ’n kosbare kleinood hou en in u troue bewaring neem en wie se lewe met Christus in God verborge is, Kol. 3:3. |
8 So beraadslaag Moab en ander nasies teen Israel, naderhand het Moab ook dieselfde ondervind, Jer. 48:2, 42. |
9 Dit is, hulle het hulle saam daartoe verbind om die volk van God die stryd aan te sê. Sien Jer. 34:18, 19. |
10 Dit is, die soldate, wat in tente gebly het. Sien ’n dergelike manier van spreek in Rig. 7:13, 14. 2 Kon. 7:7, 10. Jer. 6:3. Háb. 3:7. Of verstaan hier die families en geslagte van Edom, Ismael, ens., wat in tente gewoon het.
11 Naamlik die nakomelinge van Hagar, Abraham se slavin, waaronder verstaan word diegene wat uit Ismael, Hagar se seun, gespruit het. |
12 Dit is, die Gebaliete, wat in die stad of die land van Gebal gewoon het. Dit was geleë in Fenícië, by Sidon. Die klipkappers, wat Salomo vir die bou van die tempel gebruik het, het van Gebal of Gibla af gekom, 1 Kon. 5:18. Sien hieroor ook Eség. 27:9.
13 Dit is, die Filistyne. Die land word verstaan as die volk wat daarin gewoon het. |
14 Dit is, ’n magtige hulp. Sien hierdie spreekwyse ook in Ps. 37:17. Jer. 17:5.
15 Dit is, die Moabiete en Ammoniete wat, soos hierbo gemeld, van Lot afgestam het, Gén. 19:37, 38. Dit blyk dat Lot uitdruklik hier vermeld word, om die onwaardigheid van die saak aan te toon, dat diegene wat afgestam het van Abraham se neef, probeer het om hul bloedverwante uit te roei. |
16 Dit is, verdelg hulle, soos U vroeër die Midianiete verdelg het, toe hulle ons voorvaders beveg het, Rig. 7:13, 22.
17 Sien Rig. 4:15; 5:19, 21, ens. 18 Jabin was koning van die Kanaäniete. Sien Rig. 4:2. |
19 ’n Stad wat geleë was by die Kison, Táänag en by die water van Megíddo. Sien Jos. 17:11. Rig. 5:19.
20 Dit is, hulle het onbegrawe bo die aarde gelê en verrot. Sien Jer. 8:2; 16:4. |
21 Hebr. Stel.
22 Sien Job 12:21 se kanttekening. 23 Oreb en Seëb was twee vorste van die Midianiete, deur Gídeon verslaan, Rig. 7:25; 8:11, 12. 24 Twee konings van die Midianiete, wat Gídeon verslaan het, Rig. 8:21. |
25 Naamlik die land Kanaän, waar God tussen sy volk woon. Sien Ex. 15:13. |
26 Anders: warrelwind, tolbos, wiel, dit is, onbestendig en wankelbaar, sodat hulle nie weet wat hulle doen of waarheen hulle moet vlug nie. |
27 Sien dergelike maniere van spreek in Deut. 32:22.
28 Verstaan die bome en struike wat op die berge staan. Of verstaan vulkane wat ook self brand. |
29 Sien Job 9:17 se kanttekening. |
30 Dit is, sorg dat hulle, ten spyte van hulleself, moet erken dat U magtiger is as hulle, en dat hulle tot U moet roep, wanneer hulle u plae voel. Sien Ex. 8:8. Ps. 18:42. Anders: sodat ’n mens u Naam soek, dit is, dat die vromes hierdeur gelei mag word om hul vertroue al meer en meer op u goedheid en vermoë te stel en hul toevlug tot U te neem. |
31 Soos in vers 17. |