Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 84

Hoe lieflik is u woninge!

1

VIR 1die musiekleier; op die 1Gittiet. 1Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2

Hoe lieflik is u 2woninge, o HERE van die leërskare!

3

aMy siel verlang, ja, 3smag na 4die voorhowe van die HERE; 5my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

4

Selfs vind die mossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik 6u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!

5

Welgeluksalig is hulle wat 7woon in u huis; hulle prys U gedurig. 8Sela.

6

Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, 9in wie se hart die gebaande weë is.

7

As hulle deur die 10Droë 11Laagte trek, 12maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit 13met seëninge.

8

14Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God 15in Sion.

9

HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10

o God, 16ons skild, 17kyk en aanskou 18die aangesig van 19u gesalfde.

11

Want ’n dag in u 20voorhowe is beter as 21duisend; ek wil liewer 22by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in 23die tente van goddeloosheid.

12

Want die HERE God 24is ’n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; 25Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

13

HERE van die leërskare, bwelgeluksalig is die mens wat op U vertrou!

1 Sien Ps. 42:1 se kanttekening oor musiekleier, en Ps. 8:1 oor Gittiet. Sien oor die psalms van die kinders van Korag, Ps. 47:1.
2 Of: u tabernakels, waarin U gedien word. Die psalmis noem woninge in die meervoud, omdat die tabernakel verskeie afdelings of kwartiere gehad het. Sien Ps. 43:3 se kanttekening.
a Ps. 42:2; 63:2. 3 Dit is, my siel beswyk en verdwyn amper as gevolg van die intense en gedurige verlange om in die HERE se huis of tabernakel te mag kom. Sien Job 19:27 se kanttekening.

4 Hier verstaan as die voorhowe wat by die tabernakel was.

5 Dit is, my liggaam en siel verlang hewig as ek dink dat God nogtans aan my die genade sou betoon, sodat ek saam met God se volk mag verskyn in die heilige tabernakel by die godsdiensoefeninge.

6 Asof hy sê: u altare is die huis en nes waarna ek verlang; ek het ’n groot behoefte daaraan. Dit is immers ’n betreurenswaardige saak dat ek deur die geweld van my vyande uit die tabernakel, waar die swaeltjies hulle nessies het, verban is en bly. Anders: na u altare, naamlik, roep my hart en my vlees, vers 3.
7 Dit is, daagliks daar verkeer, naamlik die priesters en Leviete, asook ander godsalige persone.

8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

9 Dit is, wat met hartlike begeerte verlang om op die paaie te gaan wat na die tabernakel lei, en wat deur die vromes dikwels bewandel word, of: wat die pad van God se gebooie met lus voor oë hou.
10 Verskeie verklaarders skryf dat dit ’n baie dor vallei was, waardeur sommige Israeliete, wat na die tabernakel op pad was, moes gaan. Verstaan hier ook alle droë plekke, wat geen water het nie.

11 Of: dal van balsembosse. Sien 2 Sam. 5:23, 24 oor hierdie plek, waar baie balsembosse gestaan het. Enkele vertalers behou hier die Hebreeuse woord baka, en vertaal dit met die dal van trane, soos die Griekse vertalers van die Septuagint, of met die jammerdal.

12 Dit is, hulle beskou die Here as hul Bron, deur wie hulle oorvloedig verkwik en gelawe word. Sodoende oorwin hulle die swaarkry van hierdie moeilike reis. Anders: hulle maak dit, naamlik die dal, tot ’n fontein. Dit is asof die psalmis sê: Hulle vra nie uit oor die dorheid en moeilikheid van die genoemde dal nie, maar hulle trek met vreugde en groot tevredenheid daardeur, asof die dal vol borrelende fonteine was.

13 Of: ryklik oordek, dit is, ryke, oorvloedige oordekking. In Eség. 34:26 word die oorvloedige reëns stortreëns van seën genoem. En in 2 Kor. 9:6 staan wie volop (in seëninge) saai, dit is, mildelik.

14 Dit is, in hoogste mate. Hulle word al hoe meer begeester totdat hulle by die huis van God in Sion kom. Anders: van groep tot groep, dit is, hulle trek in onderskeie groepe of skares, die een groep ná die ander. Sien Ps. 42:5. Luk. 2:44.

15 Naamlik in die tabernakel, wat op die berg Sion was en waar die verbondsark was, waarop God gesit het. Hieruit kan afgelei word dat Dawid hierdie psalm gedig het toe hy deur Absalom verdryf is, want toe was die verbondsark op die berg Sion, 2 Samuel 6. 1 Kronieke 16. Maar toe Dawid vir Saul gevlug het, was die ark te Kirjat-Jeárim, 1 Sam. 7:1.

16 Dit is, God, wat ons beskut en beskerm.

17 Hy wil sê: Sien ons in genade aan.

18 Dit is, die persoon of die ellendige toestand.

19 Hebr. u messías, naamlik van Dawid, wat ’n beeld en vader van Christus na die vlees was, wat ook die messías of gesalfde van die Here genoem word, 2 Sam. 23:1. En so kan hierdie woorde van koning Dawid verstaan word, toe hy deur Absalom verdryf was. Alhoewel ander dit soos volg verstaan, dat Dawid dit hier bid om Christus, die Messías, se ontwil.

20 Sien vers 3.

21 Naamlik buite u voorhowe, waar dit ook al sou mag wees.

22 Dit is, om in ’n geringe toestand te lewe, terwyl hy as deurwagter by die tempel diens doen.

23 Dit is, in die huise (hoe groot en weelderig hulle ook mag wees) waarin hulle goddeloosheid bedryf.

24 Dit is, Hy verlig en verbly sy getroue dienaars, soos die son met sy lieflike skynsel die mense verkwik, nadat hulle vir ’n lang tyd in ’n droewige duisternis gesit het. Sien Jes. 60:19. Openb. 21:23.

25 Dit is, Hy weer alle ongeluk en kwaad af van die wat aan Hom behoort. Sien Gén. 15:1 en die kanttekening.

b Ps. 2:12; 34:9.