Statevertaling – Bybelstigting
Die heil is naby!
VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.
U het, o HERE, ’n welbehae 1gehad in 2u land; 3die lot 4van Jakob het U verander.
U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
U het al u 5grimmigheid 6teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
7Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur 8van geslag tot geslag?
9Sal Ú ons nie aweer lewend maak, sodat u volk 10in U bly kan wees nie?
11Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons 12u heil!
13Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie 14tot dwaasheid terugkeer nie!
Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, 15sodat heerlikheid in ons land kan woon.
Goedertierenheid en 16trou 17ontmoet mekaar; bgeregtigheid en vrede 18kus 19mekaar.
Trou 20spruit uit die aarde en geregtigheid 21kyk uit die hemel neer.
Ook gee die HERE 22die goeie, en ons cland lewer sy opbrings.
23Geregtigheid gaan voor Hom uit, en 24dit let op die weg van sy voetstappe.
1 Naamlik voorheen, toe U die land van die vyande, wat dit ingeneem het, weer afgeneem het.
2 Of: het ’n welgevalle in u land gehad, naamlik die land Kanaän, wat U vir u volk gegee het om te bewoon. 3 Of: die gevangenskap. Dit is, U het die Jode, wat gevang was, verlos uit hul gevangenis in Babel, waarheen hulle weggevoer was. Gevangenis word ook elders as gevangenes gebruik. Sien Núm. 31:12 se kanttekening. 4 Dit is, van die nakomelinge van Jakob. |
5 Dit is, die strawwe en plae wat U gewoonlik in u toorn oor die mense uitstort. Sien Job 21:30 se kanttekening.
6 Of: laat ophou. Hebr. U het vergader. |
7 Tot ons vorige staat. Anders: Bekeer ons. |
8 Hebr. op geslag en geslag. |
a Ps. 71:20. | 9 Hebr. Sal Ú nie terugkeer, ons lewend maak nie? Naamlik ons geheel en al herstel, in plaas daarvan dat ons nou soos dooies in hierdie ellendige gevangenis is?
10 Naamlik vanweë u goedertierenheid wat U aan hulle bewys het. |
11 Dit is, laat ons u genade en weldadigheid geniet, soos in Ps. 50:23.
12 Dit is, u heilsame verlossing. |
13 Dit is, ek sal naarstiglik let op dit wat God vir ons sê oor sy genade vir sy kerk, sowel deur sy Woord as deur die veelvuldige werke van sy alvermoë.
14 Dit is, tot sondes en oortredings van God se heilige wet, waarmee hulle die regverdige toorn van God oor hulle gebring het. Hulle het nie na die vermanings en onderrigting van die profete geluister of dit gehoorsaam, soos dit hulle betaam, nie. Sien Ps. 125:3. |
15 Dit is, sodat ons land weer in die heerlike en gelukkige toestand gebring word waarin dit tevore was. |
b Hebr. 7:2. | 16 Of: waarheid. En so ook in vers 12.
17 Of: het mekaar ontmoet. 18 Met hierdie en die volgende spreuke, wat ten dele deur beelde weergegee word, beskryf die profeet die welstand van die ryk van Christus, op wie se koms en heerlike weldade hier gedui word. 19 Naamlik soos vriende doen, as hulle mekaar ontmoet, Ex. 4:27; 18:7. |
20 Dit is, trou of waarheid sal vermeerder en uitgebrei word deur die bekering van vele mense tot God en hulle gehoorsaamheid aan die evangelie.
21 Dit is, geregtigheid sal deur God aan die mense gegee en meegedeel word. |
c Ps. 67:7. | 22 Hier verstaan as die goeie geskenk en volmaakte gawe, wat van bo af kom, van die Vader van die ligte, Jak. 1:17. |
23 Die psalmis wil met hierdie woorde laat verstaan, dat Christus op alle plekke waar Hy met die verkondiging van die heilige evangelie sal kom, die geregtigheid van die geloof daarmee saam sal bring. Sien vers 11.
24 Naamlik die geregtigheid. Of: Hy sal ons op die weg van sy voetstappe plaas. |