Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 86

Geroep om hulp.

1

’N1 GEBED van Dawid.

HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.

2

Bewaar my siel, want ’n 2gunsgenoot is ek; U, my God, verlos 3u kneg wat op U vertrou.

3

Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

4

Verbly die siel van u kneg, want 4tot U, o Here, hef ek my siel op.

5

Want U, o Here, is goed en 5vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

6

HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

7

aIn die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8

Daar is niemand soos U 6onder die gode, Here, en bdaar is niks soos u werke nie.

9

Al die nasies wat U gemaak het, 7sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

10

want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

11

cLeer my, HERE, 8u weg: ek sal 9in u waarheid wandel; verenig my hart 10tot die vrees van u Naam.

12

Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13

want u goedertierenheid is groot oor my, en U het 11my siel uit 12die doderyk diep daaronder gered.

14

o God, dvermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en 13hulle stel U nie voor hul oë nie.

15

Maar U, Here, eis ’n barmhartige en genadige God, 14lankmoedig en groot van goedertierenheid en 15trou.

16

Wend U tot my en wees my genadig; 16gee u sterkte aan u kneg en verlos 17die seun van u diensmaagd.

17

Doen aan my ’n teken 18ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.

1 Soos in Psalm 17.
2 Anders: aan wie U goedgunstigheid bewys.

3 Naamlik my; so ook in verse 4, 16.

4 Dit is, ek soek hulp by U, en ek verwag dit ook van U. Sien Ps. 25:1 se kanttekening.
5 Hebr. Iemand wat graag vergeef of kwytskeld.
a Ps. 50:15.
b Deut. 3:24. Ps. 136:4. 6 Dit is, onder die afgode. Sien Ps. 96:5. 1 Kor. 8:5, 6. ’n Mens kan ook onder die naam gode hier die engele, of prinse van hierdie wêreld, verstaan.
7 Naamlik in die tyd van die ryk van Christus, wanneer die heidene tot kennis van Hom geroep en gebring sal word.
c Ps. 25:4; 27:11; 119:33. 8 Hoe ek sal leef en wandel.

9 Dit is, in u gebooie, wat noukeurig wys hoe U geëer en gedien wil word.

10 Dit is, laat my hart vas verknog en innig geheg wees aan die godsaligheid, sonder enige afwyking of skeuring, en sonder om herwaarts of derwaarts gedryf te word.

11 Dit is, my, my lewe of my liggaam, soos in Ps. 16:10.

12 Hebr. die onderste graf. Die betekenis van hierdie vers is, dat Dawid God bid om verlossing uit sy ellende, soos Hy meermale gedoen het. Verstaan deur die woord doderyk, graf of hel, groot gevaar of swaar ellendes en smarte, of die hel self, waarvan God hom deur Christus verlos het. Sien Gén. 37:35 se kanttekening.

d Ps 54:4. 13 Dit is, hulle het U nie voor oë nie, en hulle vrees nie u heilige Naam nie. Sien Ps. 54:5 se kanttekening.
e Ex. 34:6. Núm. 14:18. Neh. 9:17. Ps. 103:8; 145:8. Joël 2:13. 14 Of: stadig om toornig te word.

15 Of: waarheid.

16 Dit is, laat u sterkte en alvermoë my ten goede wees.

17 Dit is, my, wie se moeder u diensmaagd was of nog is. Of: ’n seun uit u diensmaagd, en gevolglik so eie aan U toebehoort soos die kinders wat van ’n diensmaagd gebore is. Sien Ex. 21:4 se kanttekening.

18 Dit is, verlos en bewaar my so, dat ek vir ander ’n teken ten goede, tot vertroosting en tot versterking mag wees.