Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 88

In groot donkerheid!

1

’N1 2LIED. ’n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; op die wysie van:3Máhalat leannot.” ’n 4Onderwysing van 5Heman, die Esrahiet.

2

HERE, 6God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

3

Laat my gebed 7voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

4

Want my siel is sat 8van teëspoede, en 9my lewe raak aan die 10doderyk.

5

Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ’n man sonder krag,

6

11vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer 12dink nie, en wat afgesny is van u hand.

7

U het my gesit 13in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.

8

U grimmigheid 14rus op my, en U druk my neer 15met al u golwe. Sela.

9

U het my bekendes ver van my verwyder, my iets 16afskuweliks gemaak vir hulle; 17ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10

My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan 18die hele dag deur, ek brei 19my hande na U uit.

11

20Kan U aan die dooies ’n wonder doen? Of kan skimme 21opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12

Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou 22in die plek van vertering?

13

23Kan u wondermag 24in die duisternis bekend word en u geregtigheid in 25die land van vergetelheid?

14

Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15

HERE, waarom 26verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

16

27Van jongs af is ek ellendig en 28klaar om te sterwe; ek dra 29u verskrikkinge, 30ek is radeloos.

17

31U toorngloed het oor my gegaan; 32u verskrikkinge 33vernietig my;

18

die hele dag 34omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19

U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes 35is duisternis.

1 Hierdie psalm is van begin tot einde die droewigste en hartseerste in die hele psalmboek.

2 Sien Ps. 48:1 se kanttekening.

3 Sien Ps. 53:1 se kanttekening oor die woord Máhalat. Dit beteken eintlik swakheid, maar hier is dit die naam van ’n musiekinstrument of die begin van ’n bepaalde lied.

4 Dit is, ’n psalm, wat gedig is om die volk van God te onderrig oor hoe hulle God moet aanroep, as hulle in groot ellende verval het.

5 Heman word onder die voortreflikste musikante en wyse manne gereken, 1 Kon. 4:31. 1 Kron. 6:33; 15:17, 19; 16:42.

6 Dit is, wat my tot nou toe bewaar het en voortaan sal bewaar, soos ek onwrikbaar hoop en vertrou.
7 Dit is, in u teenwoordigheid.
8 Hebr. van die kwaad. En sat van teëspoede wees beteken: ek is daarvan oorlaai, oorbelas. Sien Job 7:4 se kanttekening.

9 Dit is, tussen my lewe en die dood is amper geen onderskeid nie. In Ps. 107:18 word die graf die poorte van die dood genoem.

10 Hebr. sjeol. Sien Gén. 37:35 se kanttekening.

11 Hebr. bevry, dit is, afgesonder, naamlik van die lewendes, soos hulle, volgens die wet van God in Lev. 13:46, die melaatses afsonderlik van ander mense laat woon het. Sien 2 Kon. 15:5.

12 Naamlik om hulle weer in hierdie wêreld te bring, Job 7:7; 10:21.

13 Hebr. in ’n kuil van die laagtes of van die onderste plekke.
14 Hebr. steun.

15 Dit word deur ’n beeld gesê van die golwe op die see, waarmee ’n mens oorweldig word. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in 2 Sam. 22:5. Ps. 42:8.

16 Hebr. gruweliks, of: afgrysliks.

17 Dit is, ek kan nie uit die verdriet waarin ek vasgevang is, ontsnap nie.

18 Of: elke dag.

19 Hebr. my handpalms.

20 Naamlik in so ’n opsig, dat hulle, terwyl hulle in die graf lê, nog enige gevoelens sal hê om die Here te loof, soos hulle kon doen toe hulle nog geleef het? Hy wil sê: Here, ek smeek U om my gou te red, anders moet ek binnekort sterf.

21 Naamlik in hierdie tydelike lewe, soos hulle dit in hierdie wêreld geniet het. Sien Ps. 6:6 se kanttekening.

22 Die Hebreeuse woord abaddon beteken eintlik verderf. Daarom word dit soms gebruik vir die plek van die verderf; ook soms vir die graf. Sien Job 26:6; 28:22.
23 Hebr. Kan u wonder, ens.

24 Dit is, in die plek en die toestand van die dood, wat in Job 10:21, 22 die land van duisternis en die doodskaduwee genoem word.

25 So noem hy die grond, of die graf, waarin die dooies begrawe word, omdat hulle, in soverre dit die stand van die liggaam aangaan, geen herinnering aan al die sake van hierdie teenwoordige lewe sal hê nie; of ook omdat ’n mens diegene wat onder die aarde begrawe lê, vergeet. Sien Job 10:22; 21:21. Ps. 31:13. Pred. 8:10; 9:5.

26 Sien Job 19:7 se kanttekeninge.
27 Anders: Van die skudding, waarmee U my geskud het, is ek ellendig, ens.

28 Of: sterwende, naamlik deur gedurige ellende. Sien Núm. 17:12, 13.

29 Naamlik waarmee U my angs aangejaag het.

30 Of: vertwyfeld, wankelmoedig, ek gee amper moed op, ek weet nie hoe ek dit met myself het nie; of: ek verkeer in twyfelmoedige kwellings en vrees dat my nog meer kwaad sal oorkom.

31 Hebr. U vure of brande.

32 Naamlik waarmee U my verskrik.

33 Of: verdruk my.

34 Naamlik u toorn en verskrikking.
35 Dit is, hulle kruip vir my weg en verdwyn as ’t ware in die donker, sodat ek hulle nie sien, en hulle my nie meer wil sien of ken nie. Sien Job 19:13, 14.