Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 9

Danksegging vir ’n groot verlossing.

1

VIR die 1musiekleier; op 2die wysie van:

„Sterf vir die Seun.” ’n Psalm van Dawid.

2

3Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

3

In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

4

omdat my vyande 4agteruitwyk, struikel en omkom 5van voor u aangesig.

5

Want U het my reg en my 6regsaak behandel; U het gaan sit op die 7troon, o 8regverdige regter!

6

U het die heidene 9gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

7

Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

8

Maar die HERE 10sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9

aEn Hy self sal die 11wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met 12reg.

10

bSo is die HERE dan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting 13in tye van benoudheid.

11

En hulle wat u 14Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U 15soek, nie verlaat nie, o HERE!

12

Psalmsing tot eer van die HERE wat op 16Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

13

Want Hy wat die 17bloed 18soek, 19dink aan hulle; Hy vergeet die 20geroep van die 21ellendiges nie.

14

Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die 22poorte van die dood;

15

sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die 23dogter van Sion 24kan juig oor u heil.

16

cDie heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.

17

Die HERE het Hom 25bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. 26Higgajōn. 27Sela.

18

Die goddelose sal teruggaan 28na die doderyk, 29al die heidene wat God vergeet.

19

Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

20

30Staan op, HERE, laat die mens 31nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!

21

o HERE, 32jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is 33mense! Sela.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Hebr. Almoet Labeen. Sommige verstaan dit as die eerste woorde van ’n sekere lied, wat daardie tyd bekend was, waarvolgens hierdie psalm gesing en gespeel sou word. Ander vertaal dit as volg: oor die sterwe of die dood van diegene wat tussenbeide gestaan het; en verstaan daardeur Góliat, wat tussen die leërs van Israel en die Filistyne gestaan het, en Israel beskimp en uitgedaag het. Sien 1 Sam. 17:4. Dit is altans seker, dat die Filistyne in die tyd van Dawid, nie net voor nie, maar ook ná Saul se dood, dikwels hewige oorloë teen Israel gevoer het. Sien 2 Sam. 5:17, ens.; 8:1; 21:15, ens., dit wil voorkom of Dawid in hierdie psalm daarna verwys.

3 Anders: Ek sal U, HERE, loof.
4 Dit is, terug, soos ’n mens spreek van diegene wat met skaamte en skande moet vlug.

5 Dit is, vanweë u besondere teenwoordigheid, wat U betoon het deur u bystand aan my, waardeur die vyande verskrik en verstrooi is en omgekom het.

6 Verstaan die regsaak, wat ek teen my vervolgers gehad het.

7 Vgl. Ps. 7:8 se kanttekening, en onder, vers 8.

8 Dit is, regter van geregtigheid; of: rigtende geregtigheid, dit is, regverdiglik.

9 Soos mense met twis en dreiging hul toorn bewys, so is God se dreiging soveel soos sy toorn openbaar en bewys, wat gewoonlik gepaardgaan met die vloek en ondergang van sy vyande, vgl. Ps. 18:15, 16; 68:31; 76:7; 119:21. Sag. 3:2. Jud. vers 9, en die groot benoudheid van sy volk. Sien Ps. 80:17. Anders: verderf, verniel, uitgeroei.
10 As regter, soos die volgende verklaar.
a Ps. 96:13; 98:9. 11 Dit is, die mense, wat in die wêreld woon.

12 Hebr. in regverdigheid of juistheid, dit is, uiters reg, billik, regmatig. So ook in Ps. 17:2; 58:2. Jes. 45:19.

b Ps. 37:39; 46:2; 91:2. 13 Hebr. in tye, in benoudheid. Soos in Ps. 10:1.
14 Soos U U in u Woord en u werke openbaar. Sien Ps. 91:14. Jes. 52:6.

15 Verstaan hier, U om hulp aanroep met gelowige gebede.

16 Waar die verbondsark en die godsdiens is, waar Hy sy genadige teenwoordigheid op ’n besondere wyse betoon.
17 Hebr. bloed, bloed is in Hebreeus in die meervoudsvorm. Sien Gén. 4:10 se kanttekening; 9:5, 6. Dit is, doodslae, moorde.

18 Om te straf. Vgl. 2 Kron. 24:22 se kanttekening.

19 Sien Gén. 8:1 se kanttekening.

20 Wat elkeen van hulle doen, roepende tot Hom, soos volg in vers 14.

21 Anders: sagmoediges.

22 Uit my vyande wat baie en gewelddadig is, se moorddadige beraadslaging. Vgl. Matt. 16:18. Die volk het in daardie tyd in die poorte byeengekom waar raad gegee is en regspleging plaasgevind het. Daarom was die meeste mag en sterkte van die stad in die poorte gesetel. Sien Gén. 22:17 se kanttekening. ’n Mens kan dit ook so verstaan, dat Dawid wil sê dat hy wonderbaarlik deur God verlos is, toe hy so na aan die dood was soos iemand aan ’n stad is, wanneer hy in die poort is. Vgl. Ps. 107:18. Dawid was dikwels (om so te spreek) op die drumpel van die dood, maar is telkens deur God, as ’t ware met die hand, uit die midde van die vyande weggeruk en daarna verhef tot groot eer.
23 Dit is, in die vergadering van God in Jerusalem, wat op en teen die berg Sion geleë was. Sien 2 Kon. 19:21 se kanttekening.

24 Of: sal juig.

c Ps. 7:16.
25 Dit is, beroemd, bekend, geprys, vanweë die werk van sy geregtigheid, soos in die volgende verse. Vgl. Ps. 74:5 se kanttekening.

26 Dit is, oordenking, betragting. Dit wil voorkom of die profeet hier wil sê, dat sulke oordele van God soos hy dit hier vermeld het, met besondere aandag oorweeg en betrag behoort te word. Ander meen dat dit ’n sekere toonhoogte, of ’n besondere soort musiek is, wat daartoe dien om die aandag daarop te vestig. Sien Ps. 19:15; 92:4.

27 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

28 Tot verderwing van liggaam en siel. Sien oor die Hebreeuse woord sjeol Gén. 37:35 se kanttekening.

29 Nie ag gee op sy oordele nie, maar sorgeloos in hul bose voorneme voortgaan; hulle is dan heidene of verbasterde Israeliete, wat nie beter is as die onbesnedenes of van God vervreemde heidene nie.

30 Sien Ps. 3:8 se kanttekening.

31 Hy stel die rampspoed en sterkte van sy vyande vernuftig teen mekaar, asof hy sê: U sal immers nie toelaat nie, HERE, dat ’n nietige mens die meester (soos ’n mens sê) speel en hom trots gedra voor u aangesig, soos my en u vyande probeer doen. Sien die volgende vers en Ps. 10:18.

32 Hebr. sit vrees in hulle, dit is, maak hulle bang.

33 Sien Ps. 8:5 se kanttekening. Hebr. ’n mens, dit is, dat elkeen van hulle ’n mens is.