Statevertaling – Bybelstigting
Verganklikheid van die mens.
’N1 GEBED van Moses, 2die man van God.
Here, Ú was vir ons ’n 3toevlug 4van geslag tot geslag.
5Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
U laat die mens 6terugkeer tot stof en sê: 7Keer terug, o mensekinders!
8Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en 9soos ’n nagwaak.
10Weggespoel het U hulle; hulle word ’n slaap; 11in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
in die môre bloei dit en 12spruit weer uit; in die aand sny ’n mens dit af, en dit verdor.
Want ons vergaan 13deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
U stel ons ongeregtighede voor U, ons 14verborge sondes 15in die lig van u aangesig.
Want al ons dae 16gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur 17soos ’n gedagte.
Die dae van ons jare — daarin is 18sewentig jaar, of as ons 19baie sterk is, tagtig jaar; en 20die uitnemendste daarvan 21is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
22Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, 23ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
Leer ons om ons dae 24so te tel 25dat ons 26’n wyse hart mag bekom!
Keer terug, HERE! 27Tot hoe lank? En 28ontferm U 29oor u knegte.
Versadig ons 30in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees 31in al ons dae.
Maak ons bly 32na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil 33gesien het.
Laat 34u werk vir u knegte 35sigbaar word en 36u heerlikheid 37oor hulle kinders.
En laat 38die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en 39bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!
1 Verstaan hier dat Moses hierdie gebed uitgespreek het toe die volk Israel in die woestyn gesondig het. Sien Númeri 14.
2 Sien Deut. 33:1. Dit is ’n gebruiklike uitdrukking. Rig. 13:6 se kanttekening. 3 Naamlik in al ons ellendes. Sien Ex. 33:14. Deut. 8:15; 33:27. Hebr. ’n woning, vertrek. 4 Hebr. in geslag en geslag, dit is, in alle geslagte, of in alle tye. |
5 Dit is, voordat die berge asof uit die afgrond verrys het. Sien ’n soortgelyke spreekwyse in Gén. 2:4 se kanttekening. Job 15:7; 38:28, 29. Jes. 51:2. |
6 Dit is, tot so ’n staat, dat hy vergruis en so fyn soos stof gemaal word. Sien Gén. 3:19.
7 Naamlik die liggaam ter aarde, Ps. 146:4; en die gees tot God, Pred. 12:7. |
8 Hy wil sê: Al sou iemand duisend jaar leef, moet hy tog sterf, en U neem die lewe so maklik van hom af weg asof hy net ’n dag of ’n week geleef het, 2 Petr. 3:8. Anders: Maar duisend jaar, ens., met verwysing na vers 2, om die onderskeid wat daar is tussen die sterflike mens en die ewigdurende God, uit te druk.
9 Hebr. soos die wag in die nag; dit is, ’n vierde deel van die nag, want die nag word in vier wake verdeel. Sien Mark. 13:35. Joh. 11:9. |
10 Asof hy sê: So summier soos ’n watervloed alles wat in sy pad is wegruk en wegsleur.
11 Hy wil sê: Die mense is nouliks gebore, of hulle vergaan terstond. Deur môre moet die jeug of kinderjare verstaan word. |
12 Dit is, dit word in skoonheid vernuwe. Vgl. Job 14:7. Jes. 40:31. |
13 Wat as gevolg van ons sondes oor ons ontstoke is. |
14 Wat voor die oë van die mense verborge is, en waarvan ons dikwels self nie weet of daarop ag slaan nie. Ps. 19:13. Sien Job 20:11 se kanttekening.
15 Naamlik, sodat die verborge sondes duidelik voor u aangesig staan. Sien Ps. 51:11. 1 Kor. 4:5. Hebr. 4:13. |
16 Anders: draai hulle.
17 Dit is, baie vinnig. Anders: soos ’n woord, wat ’n geluid is wat nie lank weerklink nie, maar dit verdwyn vinnig in die lug. |
18 Naamlik oor die algemeen, alhoewel sommige mense langer leef.
19 Hebr. in kragte, naamlik wanneer iemand baie sterk van gestel is. 20 Anders: die hoogmoed of vermetelheid daarvan; dit is, dit waaroor mense vermetel en oormoedig is, naamlik die krag van die lewe. 21 Dit is, as ’n mens in die beste tyd van sy lewe is, voordat die dae van die ouderdom aanbreek, dan is ’n mens alreeds aan baie moeite en verdriet in hierdie wêreld onderworpe. |
22 Naamlik in so ’n mate, dat hy hom bekommer oor hoe hy van u toorn ontslae mag raak. Of: die wat daarteen waak om U met sy sondes te vertoorn.
23 Hebr. ooreenkomstig u vrees, dit is, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is, of U wat vreeslik is. |
24 Anders: reg tel. So word die Hebreeuse woord in Núm. 27:7 en 2 Kon. 7:9 gebruik.
25 Dit is, dat ons u toorn oor die sonde reg verstaan, U leer vrees en die kort tyd van ons lewe aan u diens bestee, Job 28:28. 26 Hebr. ’n hart van wysheid aanbring of toebring. |
27 Naamlik hoe lank vertoef U, of: hoe lank sal dit duur voordat U U van ons afwend? Of: voordat U ons verlos? Sien Ps. 6:4.
28 Anders: betoon medelye of berou. Sien Gén. 6:6. Verstaan hierby: omdat U ons so swaar geslaan het. 29 Dit is, oor ons, wat u knegte of u volk is. |
30 Asof hy sê: Bewys tog vroeg aan ons u goedertierenheid, ná die donker nag van verdrukking.
31 Dit is, al die dae van ons lewe. |
32 Dit beteken: Soos U ons ’n lang tyd met swaar plae bedroef het, verbly ons net so weer met u genadige hulp in die toekomende tye.
33 Dit is, gevoel en gely het, soos in Ps. 16:10; 89:49. Sien ook Ps. 4:7. |
34 Dit is, die volkome verlossing uit al ons ellendes.
35 Of: duidelik. 36 Dit is, die verlossing waardeur u heerlikheid openbaar gemaak word; naamlik u mag, goedertierenheid en wysheid. 37 Dit is, oor hulle nakomelinge, volgens die verbond met hulle vaders opgerig. |
38 Of: dat die HERE ons God ook ’n behae in ons het.
39 Dit is, regeer al ons voornemens en dade so, dat dit van nou af voortaan altyd deur u genade vas en bestendig mag bly; want sonder God vermag ons niks nie, Joh. 15:5. Jak. 1:17. |