Statevertaling – Bybelstigting
In die beskerming van die Allerhoogste.
HY wat 1in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag 1in die skaduwee 2van die Almagtige.
3Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
a4Want Hy is dit wat jou sal red 5uit die net 6van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Hy bsal jou dek met sy vlerke, en 7onder sy vleuels sal jy skuil; 8sy trou is ’n skild en pantser.
cJy hoef nie te vrees vir 9die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat 10op die middag verwoes nie!
Al 11val daar duisend aan 12jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou 13sal dit nie aankom nie.
Net met jou oë sal jy dit 14aanskou en die 15vergelding van die goddelose sien.
Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste 16het jy 17jou beskutting gemaak.
Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
dwant Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar 18op al jou weë.
eHulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
19Op die fleeu en die adder 20sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Omdat 21hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, 22omdat hy my Naam ken.
Hy 23sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Met lengte van dae 24sal Ek hom versadig, en Ek sal hom 25my heil laat sien.
1 Dit is, onder die beskerming. Vgl. Núm. 14:9. Rut 2:12. Ps. 17:8; 36:8; 61:5; 63:8. Hos. 14:8 met die kanttekening.
2 Sien Gén. 17:1 se kanttekening oor die Hebreeuse woord sjaddai. |
3 Of: Ek sê van die HERE. |
a Ps. 124:7. | 4 Dit wil voorkom of die profeet homself met hierdie woorde aanspreek. Of hy rig sy siel tot die gelowige mens.
5 Sien ’n dergelike manier van spreek in Ps. 10:9. 6 Dit is, alle listige vyande, sowel geestelik as liggaamlik, in die besonder die duiwel, wat ons altyd omsingel en ons wil verskeur. God gebruik die dienste van sowel die goeie as die bose engele om sy oordele uit te voer. Sien 2 Sam. 24:16. 2 Kon. 19:35. 1 Kor. 10:10. |
b Ps. 57:2. | 7 Sien Rut 2:12 se kanttekening.
8 Dit is, die sekerheid van sy heilige beloftes sal dien om jou te beskut, soos ’n mens se liggaam met ’n breë skild teen die aanslae en skote van die vyand. Paulus skryf dit aan die geloof toe, Ef. 6:16, omdat die geloof God se beloftes aangryp. |
c Job 5:19, 20. Spr. 3:25. Hoogl. 3:8. | 9 Of: angs; dit is, vir dit wat die mens gedurende die nag bang maak. |
10 Dit is, openlik; so ook in Jer. 15:8. Asof hy sê: Jy sal nie vir die pes vrees nie, nie in die nag nie, ook nie in die dag nie. Ook al ruk die pes baie mense rondom jou weg, sal die Here jou bewaar, mits dit tot sy eer en tot jou saligheid strek. |
11 Verstaan: wat deur die pes gedood is.
12 Naamlik aan jou linkerkant. 13 Naamlik die pes, waarvan in vers 6 gespreek is. |
14 Naamlik hoe die goddeloses skrikwekkend met sulke plae aangetas sal word.
15 Dit is, hoe die goddeloses vir hul boosheid vergeld en hoe hulle deur God gestraf sal word. |
16 ’n Mens mag dit so verklaar dat die profeet homself of sy siel aangespreek het; of dat hy sy woorde tot die gelowige mens gerig het, soos in vers 3.
17 Naamlik waar jy in veiligheid mag woon en bly. |
d Ps. 34:8. Matt. 4:6. Luk. 4:10. | 18 Naamlik op al die weë wat God jou beveel het om daarin te wandel. Die duiwel het hierdie woorde uit die vers weggelaat toe hy Christus versoek het, Matt. 4:6. |
e Luk. 4:11. |
f Job 5:22, 23. | 19 Of: Oor.
20 Naamlik sonder om daardeur skade te ly. Onder die name leeu en adder kan ook alle ander dinge verstaan word, wat die mens kan hinder of skade aan die siel of aan die liggaam kan aanrig. Hulle word almal deur die geloof oorwin, Mark. 16:17, 18. Hebr. 11:33, 34. Sien die voorbeeld van Dawid, 1 Sam. 17:34, van die drie jongmanne, Daniël 3, en van Daniël, Dan. 6:23. |
21 Naamlik die gelowige man.
22 Hy ken my Naam, dit is, hy het My baie lief, soos in Ps. 1:6. Of: hy ken My as sy God, op wie hy sy vertroue stel. Sien Ps. 9:11 se kanttekening. |
23 Of: As hy My sal aanroep, dan sal Ek hom verhoor. |
24 Daar staan oor Abraham, Isak, Dawid, Job, ens. geskrywe dat hulle oud en afgeleef was, Gén. 25:8; 35:29. 1 Kron. 23:1. Job 42:17.
25 Of: my saligheid. Hieronder mag ’n mens met sekerheid die ewige saligheid en verlossing verstaan. Dit is die vernaamste weldaad wat God aan die vromes bewys, en wat op hulle lang lewe en die afsterwe volg. |