Statevertaling – Bybelstigting
Opwekking om God te loof en Hom gehoorsaam te wees.
KOM,1 laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
Want die HERE is ’n grote God, ja, ’n groot Koning 2bo al die gode.
aIn wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en 3die toppe van die berge is syne.
Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.
Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE 4wat ons gemaak het.
Want bHy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van 5sy hand. Ag, as julle c6vandag maar na sy stem wou luister!
Verhard julle hart nie dsoos by Mériba, soos op die dag 7van Massa in die woestyn nie;
8waar julle vaders My versoek het, eMy beproef het, alhoewel hulle 9my werk gesien het.
fVeertig jaar het Ek ’n afkeer gehad 10van hierdie geslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n 11dwalende hart, en 12hulle ken 13my weë nie;
sodat Ek in my toorn gesweer het: 14Waarlik, hulle sal 15in my rus nie ingaan nie!
1 Die naam van Dawid word nie hier bygevoeg nie; maar die apostel getuig in Hebr. 4:7, dat Dawid die outeur van hierdie psalm is en dat hy hierdie woorde tot die Israeliete gespreek het. |
2 Dit is, bo alle engele, prinse, regente van die wêreld; of bo alle valse gode; of bo al wat God genoem word. So ook in Ps. 8:6; 96:4, 5. |
a Job 26:6. | 3 Of: kragte, dit is, die berge wat ontsagwekkend hoog is. Of die heel hoogste spitse van die berge, waar geen mens kan bykom nie. |
4 Hebr. wat ons Maker is. Asof hy sê: ons Skepper na liggaam en siel, en wat ons ook deur sy Gees wederbaar, soos in Ps. 100:3. |
b Ps. 100:3.
c Hebr. 3:7. |
5 Dit is, wat Hy soos met sy hand lei en stuur.
6 Dit is, solank die tyd duur waarin Hy tot julle spreek. |
d Ex. 17:7. Núm. 20:1, 3, 13. Deut. 6:16. | 7 Dit is, van die versoeking. |
e Hebr. 3:9. | 8 Die apostel herhaal hierdie woorde in 1 Kor. 10:9, deur te sê: hulle het Christus versoek.
9 Naamlik hoe Ek hulle gestraf het vanweë hul ongehoorsaamheid; en hulle weer genade bewys het, toe hulle hul tot My bekeer het. |
f Hebr. 3:17. | 10 Naamlik aan julle voorvaders, die ongehoorsame Israeliete, toe hulle deur die woestyn getrek het.
11 Dit is, hul hart en gemoed wil voortdurend die dwaalweg in. 12 Dit is, hulle vra nie daarna en het geen behoefte om dit te weet nie. 13 Dit is, my gebooie, om daarin te wandel. |
14 Sien oor hierdie spreekwyse Deut. 1:35. Ps. 89:36.
15 Dit is, in Kanaän, soos in Deut. 1:34, 35; 12:9, waarvan die apostel verklaar dat dit ’n voorbeeld is van die ewige lewe, Hebr. 4:3, ens. |