Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 97

Die HERE regeer!

1

DIEa HERE 1is Koning; laat die aarde juig; laat baie 2eilande bly wees!

2

3Wolke en donkerheid is 4rondom Hom; 5geregtigheid en reg is die 6grondslag van sy troon.

3

7’n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.

4

bSy bliksems verlig die wêreld; cdie aarde 8sien dit en 9bewe.

5

Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.

6

dDie 10hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.

7

Beskaamd staan almal wat 11die beelde dien, wat hulle op 12afgode beroem; al 13die gode buig hulle voor Hom neer.

8

14Sion 15hoor dit en is bly, en 16die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!

9

Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die 17gode.

10

o Liefhebbers van die HERE, ehaat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.

11

18Die lig is vir die regverdige 19gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.

12

o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof 20sy heilige gedenknaam!

a Ps. 93:1; 96:10. 1 Dit is, Hy bewys metterdaad dat Hy Koning is, nie net van die volk Israel nie, maar van die ganse wêreld.

2 Dit is, volke en nasies wat op die eilande woon, soos in Jes. 42:4; 60:9.

3 Hebr. ’n Wolk.

4 Sien ’n dergelike beskrywing van die mag en majesteit van God in Ps. 18:8, 9, ens.

5 Sien Gén. 18:19 se kanttekening.

6 Of: die steunpunt, of: die fondament.

7 Verstaan deur die vuur die streng wraak en straf van God.
b Openb. 4:5.

c Ps. 77:17.

8 Naamlik die weerligstrale.

9 Of: word angstig, naamlik soos ’n vrou oor wie die barensnood kom.

d Ps. 19:2; 50:6. 10 Verstaan hiermee sowel die hemelse wesens en skepsele, as die donderweer, weerlig, hael, sneeu, storms, ens., of die engele.
11 Hebr. die gesnede of gekerfde beeld.

12 Sien Lev. 19:4. 1 Sam. 12:21.

13 Dit is, engele. Sien Ps. 8:6. Hebr. 1:6. En sien die vervulling van hierdie woorde in Christus, Mark. 1:13. Luk. 2:13, 14. Hebr. 1:7. Openb. 5:11, 12.

14 Dit is, die kerk van God, sowel Jode as heidene.

15 Naamlik die oordele en strawwe van God oor sy vyande, soos blyk uit die einde van hierdie vers.

16 Verstaan hiermee die inwoners van die Joodse land, soos in Ps. 48:12, en verder van die hele kerk.

17 Soos in vers 7.
e Amos 5:15. Rom. 12:9.
18 Dit is, voorspoed en geluk, vreugde en blydskap, soos in Est. 8:16. Sien Job 18:5 se kanttekening.

19 Dit gaan met die troos wat vir die vromes berei is, soos met saad wat in die aarde gesaai word, wat nie dadelik opkom nie; dit lê dikwels lank in die aarde voordat dit uitspruit en bring daarna goeie vrugte voort. Die ware vreugde en vrug van die kinders van God is vir hulle in die hemel berei, maar is nou nog verborge.

20 Hebr. ter gedagtenis van sy heiligheid. Sien Ps. 30:5 se kanttekening.