Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 98

Die Verlosser van Israel en Regter van die wêreld.

1

’N PSALM.

Sing tot eer van 1die HERE 2’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; 3sy regterhand en 4sy heilige arm het Hom 5gehelp.

2

Die 6HERE het sy heil bekend gemaak, 7sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

3

8Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; 9al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4

Juig voor die HERE, 10o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

5

Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,

6

met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig 11van die Koning, die HERE!

7

Laat die see 12bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.

8

Laat die riviere 13in die hande klap, die berge tesame 14jubel

9

voor die aangesig 15van die HERE; want 16Hy kom om 17die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig 18in geregtigheid en die volke 19met reg.

1 Naamlik ons Here Christus Jesus.

2 Sien Ps. 33:3.

3 Dit is, Hy het sy vyande oorwin deur sy goddelike krag en sterkte alleen. Sien Jes. 52:10; 53:1; 59:16; 63:5.

4 Hebr. die arm van sy heiligheid.

5 Hebr. heil gegee of verkry. Naamlik oor al sy vyande.

6 Naamlik Christus.

7 Verstaan hiermee die geregtigheid van die evangelie of van die geloof.

8 Verstaan hierby: Hy het gedoen wat Hy sy volk Israel beloof het, om hulle van hul sondes te verlos en te bevry. Sien Luk. 1:54, 55, 72-74.

9 Dit is, die inwoners van die aarde, van die een einde tot die ander. So ook in Jes. 52:10.

10 Dit is, julle almal wat op die aarde woon, soos in Ps. 96:9.
11 Naamlik van die Here Christus.
12 Hebr. donder, naamlik van vreugde. Hierdie spreekwyse toon aan watter groot vreugde die gelowiges wat oor die ganse wêreld versprei (op water en land, en in alle omstandighede), sal put uit die verkondiging van die heilige evangelie. Sien Ps. 96:11.
13 Hebr. met die handpalm. Dit wys op die gebruik by mense, wat met die klap van hande vreugde toon en wys dat hulle ’n groot behae en tevredenheid in ’n saak het. So ook in Ps. 47:2. Jes. 55:12.

14 Of: juig.

15 Naamlik Christus.

16 Dit is, Hy sal kom. Verstaan hiermee die eerste asook die tweede koms van Christus.

17 Dit is, die inwoners van die aarde.

18 Dit is, met geregtigheid, soos in Ps. 96:13.

19 Hebr. in regmatighede.