Statevertaling – Bybelstigting
Naómi en haar skoondogter.
EN in die dae toe die 1rigters geregeer het, was daar hongersnood in die 2land; daarom het ’n man uit 3Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die 4veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.
En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou 5Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, 6Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en 7daar gebly.
En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.
En hulle het vir hulle 8Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.
En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en 9die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,
het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan 10uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE 11op sy volk ag gegee het deur aan hulle 12brood te gee.
So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda 13terug te gaan,
sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar 14moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die 15dode en aan my bewys het.
Mag die HERE gee dat julle 16’n rusplek vind, elkeen in die huis van haar 17man; en sy het hulle 18gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u 19teruggaan na u volk.
Maar Naómi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my 20liggaam, 21dat hulle julle mans kan word?
Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te 22oud om ’n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag 23aan ’n man mag behoort en ook seuns baar —
sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om 24nie aan ’n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want 25dit is vir my baie bitterder as vir julle 26dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.
Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar 27skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar 28aangehang.
Daarop sê 29sy: Kyk, 30jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na 31haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan!
Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; 32u volk is my volk, en u God is my God.
Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE 33so aan my doen en so daaraan toedoen — net die dood sal skeiding maak tussen my en u.
Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.
En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die 34vroue het gesê: Is dit Naómi?
Toe antwoord sy hulle: Noem my nie 35Naómi nie: noem my 36Mara, want die 37Almagtige het my 38baie bitterheid aangedoen.
39Vol het ek weggetrek, maar 40leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl die HERE teen my 41getuig het, en die Almagtige 42my kwaad aangedoen het?
So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab 43teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.
| 1 Sien Rig. 2:16 se kanttekening.
2 Naamlik Kanaän. Vgl. Rig. 6:4, 6. 3 Sien Rig. 12:8 se kanttekening. 4 Dit is, in die land van die Moabiete, wat van Lot afkomstig was, Deut. 2:9. Hierdie land was geleë in die ooste, oorkant die Jordaan, met baie vlaktes. Sien Deut. 34:1, 8. |
| 5 Sien vers 20.
6 Betlehem-Juda was vroeër ook Efrat genoem, Gén. 35:19. Net so ook die distrik waarin Betlehem geleë was, Miga 5:1 en die kanttekening. Gevolglik word hulle Efratiete genoem. 7 Hebr. was daar. |
| 8 Wat hulle geoorloof was om te doen, slegs indien hierdie vroue bekeer was; want om Kanaänitiese vroue te neem was verbied, sodat hulle nie God se volk tot afgodery kon verlei nie. Hierdie rede was ook van toepassing op die Moabitiese afgodiese vroue. Sien Esra 9:1. Neh. 13:23. Dat Rut bekeer is, blyk uit vers 16. Rut 2:12. |
| 9 Naamlik Naómi. |
| 10 Naamlik om te trek na Betlehem-Juda, vers 19.
11 Of: sy volk besoek het. Sien Gén. 21:1 se kanttekening. 12 Dit is, koring, en verder alle lewensbehoeftes wat nodig is tot onderhouding van die menslike lewe; sodat die honger en swaar tyd opgehou het. |
| 13 Verstaan dit ten opsigte van Naómi, wat tevore in die land Juda gewoon het en deur haar skoondogters (wat nooit daar was of daar gewoon het nie) vergesel was in haar terugkeer. Sien vers 10. Rut 2:6. |
| 14 Óf omdat die vader van Orpa moontlik reeds oorlede was, óf omdat moeders oor die algemeen hul dogters veral bemin. Van Rut word gesê in Rut 2:11, dat sy haar vader en moeder verlaat het.
15 Verstaan Maglon en Giljon, seuns van Naómi en die oorlede mans van haar skoondogters. |
| 16 Sien Rut 3:1.
17 Naamlik met wie julle kan trou. 18 Naamlik om afskeid van hulle te neem. Sien Gén. 29:11 se kanttekening. |
| 19 Dit is, ons wil u, wat na u volk teruggaan, vergesel en saam met u gaan. |
| 20 Hebr. ingewande.
21 Volgens die wet, Deut. 25:5. |
| 22 Hebr. ek het ouer geword as dat ek vir ’n man sou wees.
23 Hebr. vir ’n man wees, naamlik as sy vrou, of vannag by ’n man lê. |
| 24 Hebr. nie vir ’n man te wees nie.
25 Naamlik, dat ek van julle moet skei. Of: omdat ek, terwyl ek oud is, my man en kinders verloor het, en julle nog troos sal kan geniet van toekomstige mans en kinders. Anders: dit is vir my baie bitter ter wille van julle of vanweë julle; omdat julle jul mans verloor het en nou ook so teësinnig van my weggetrek word. 26 Anders: maar die hand van die HERE is teen my uitgestrek. Asof sy sê: Omdat dit God se slag, plaag en werk is dat ek van my man en beide my seuns beroof is, en nou ook julle geselskap sal verloor, so moet ek my in God se wil berus; só moet julle ook doen. |
| 27 Verstaan Naómi, van wie Orpa afskeid geneem het en na haar woonplek teruggekeer het. Sien die volgende vers en vers 9 se kanttekening.
28 Dit is, sy wou nie van Naómi skei nie, maar het by haar gebly en met haar voortgetrek, soos in dit wat volg beskryf word. |
| 29 Naamlik Naómi.
30 Hebr. jou broer se vrou, dit is hier, wat jou man se broer gehad het. 31 Of: haar god, naamlik die afgod van die Moabiete, genaamd Kamos. Sien Rig. 11:24 se kanttekening. |
| 32 Hiermee toon sy haar bekering tot die ware God en die gemeenskap van sy kerk. Dit wil voorkom of Naómi haar daarin met die voorgaande redes, van die voorbeeld van haar skoonsuster, wou beproef. Vgl. Jos. 24:18. |
| 33 Dit is, mag die HERE my so straf en voortgaan in sy straf, of dit vermeerder, indien ek anders meen of doen as wat ek gesê het. Dit is ’n manier van eedswering waarin die kwaad verswyg word wat hulle hul toegewens het, of ook aan God se oordeel oorgelaat het. Vgl. Gén. 14:23 se kanttekening. 1 Kon. 19:2. |
| 34 Naamlik die vroue in Betlehem. |
| 35 Dit is, my lieflikheid, genoeglikheid, my plesier.
36 Dit is, bittere of bitterheid. 37 Hebr. Sjaddai. Sien Gén. 17:1 se kanttekening. 38 Deur my te beroof van my man en beide my seuns. |
| 39 Naamlik, terwyl ek my man en my twee seuns in die lewe gehad het, met genoeg middele om van te lewe.
40 Naamlik, beroof van my man, my twee seuns en middele. Sien Rut 2:18. 41 Dit is, Hom teen my aangestel het as ’n teëstander, of: deur sy plae teen my sy toorn betuig en my van my sondes oortuig het. Vgl. Job 10:17; 16:8. Mal. 3:5. Jak. 5:3. 42 Anders: my neergedruk of verslaan het, dit is, teëspoed, ellende en verdriet na my toe gestuur het. Sien Gén. 19:19 se kanttekening. |
| 43 Dit is, Naómi in haar terugkeer vergesel het, soos in verse 7, 10. |