Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Rut 4

Boas trou met Rut. Die geboorte van Obed.

1

EN Boas het opgegaan na die 1poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas 2gespreek het, sê 3hy: 4Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.

2

Daarop neem 5hy tien man uit 6die oudstes van die stad en sê: Sit hier! En hulle het gaan sit.

3

En hy sê vir die losser: Die stuk grond van ons 7broer Eliméleg wil Naómi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, 8verkoop.

4

Nou het ek 9gedink, 10ek sal jou dit meedeel en sê: 11Koop dit voor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek 12ná jou. En hy antwoord: Ek sal los.

5

Daarop sê Boas: Die dag as jy die grond 13uit die hand van Naómi koop, dan verwerf jy tegelyk Rut, die Moabitiese, die vrou van die 14dode, om die naam van die dode in stand te hou oor sy erfdeel.

6

En die losser sê: Ek kan dit nie vir my los nie, anders 15bederf ek my erfdeel; neem jy my lossingsreg oor, want ek kan nie los nie.

7

aEn dít was 16vroeër in Israel die gebruik by lossing en by 17ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek 18sy skoen uit en gee dit aan 19die ander; dit was dan die 20bekragtiging in Israel.

8

Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop dit vir jou; en 21hy het sy skoen uitgetrek.

9

Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Eliméleg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, 22uit die hand van Naómi koop.

10

En ook Rut, die Moabitiese, die vrou van Maglon, 23verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies.

11

Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos bRagel en soos Lea wat saam die huis van Israel 24gebou het; en 25verwerf mag in Éfrata en 26maak ’n naam in Betlehem!

12

En mag jou huis word soos die huis van cPeres 27wat Tamar vir Juda gebaar het — uit die nageslag wat die HERE jou uit hierdie jong vrou sal gee!

13

So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het 28by haar ingegaan, en die HERE het vir haar 29swangerskap gegee, en sy het ’n seun gebaar.

14

Toe sê die vroue vir Naómi: 30Geloofd sy die HERE 31wat aan jou vandag ’n 32losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel 33geroem word!

15

Hy sal vir jou een wees wat jou siel 34verkwik en jou grysheid 35versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, 36sy wat vir jou meer werd is as 37sewe seuns.

16

En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword.

17

En die buurvroue het hom ’n naam gegee en gesê: Vir Naómi is ’n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van 38Ísai, die vader van Dawid.

18

En dit is die 39stamboom van Peres: dPeres was die vader van 40Hesron,

19

en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab,

20

en Ammínadab van 41Nagson, en Nagson van Salma,

21

en Salmon van Boas, en Boas van Obed,

22

en Obed van Ísai, en Ísai van Dawid.

1 Waar die regspraak gehou is en die volk byeengekom het.

2 Sien Rut 3:12.

3 Naamlik Boas.

4 Hebr. Peloni almoni. ’n Manier van spreek van die Hebreërs wanneer hulle iemand bedoel wie se naam vir hulle onbekend is, of wat hulle vergeet het, of nie wil noem nie. Sien ook 2 Kon. 6:8 se kanttekening.

5 Naamlik Boas.

6 Sien 1 Kon. 21:8 se kanttekening.

7 Dit is, bloedverwant.

8 Naamlik uit nood en gebrek. Sien Lev. 25:25.

9 Hebr. gesê. Sien Gén. 20:11 se kanttekening.

10 Hebr. ek sal jou oor oopmaak, dit is, ek sal dit sê sodat jy dit hoor, ek sal dit aan jou openbaar, of laat weet wat aan jou onbekend is; sodat jy, as die naaste losser, jou kan bekendmaak. As die ore toegemaak is, kan ’n mens nie goed hoor nie; daarenteen, as hulle oop en onbedek is, hoor ’n mens goed. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in 1 Sam. 9:15 en die kanttekening. Net so ook in 2 Sam. 7:27. Job 33:16.

11 Of: verkry, bekom, en so in dit wat volg.

12 Dit is, ek is die naaste losser ná jou.

13 Dit is, terwyl dit verkoop en vervreem was, nie net van Naómi nie, maar ook van Rut, en daarom moet jy tegelykertyd met Rut trou, om vir haar oorlede man, wie se naaste bloedverwant jy is, ’n nageslag te verwek, volgens die wet in Deut. 25:5.

14 Naamlik van Maglon, die seun van Eliméleg.

15 Dit is, verloor, en daarmee saam my naam laat uitsterf. Want indien hy slegs een seun by Rut sou hê, sou daardie seun gehou moes word as ’n seun van die oorledene, en sy naam dra, volgens die wet in Deut. 25:6. Sodat die naam van hierdie losser daarmee as ’t ware dood sou wees.
a Deut. 25:7. 16 Of: tevore.

17 By alle oordrag of publieke vervreemding.

18 Vgl. Deut. 25:9 se kanttekening.

19 Aan wie hy sy reg oorgedra het, en daardeur in die toekoms daarvan verstoke sou wees.

20 Dat iemand die reg om enige grond of erfenis as sy eie te betree en te besit, aan ’n ander oorgedra het.

21 Aangesien hier geen melding van Rut gemaak word nie, en Naómi haar beveel het dat sy haar moes stilhou en Boas laat begaan, Rut 3:18; so kan daaruit afgelei word dat Rut hier nie teenwoordig was nie, en sy ook nie die saak voor die gereg gedryf het nie, maar Boas; daarom het hierdie man sy skoen aan Boas gegee. Anders sou die wet in Deut. 25:9 ongetwyfeld gevolg geword het, behalwe indien dit deur menslike goeddunke en vermetelheid versag was.
22 Soos in vers 5 en die kanttekening.
23 Hebr. koop, verkry, bekom.
b Gén. 29:32, ens.; 30:24, 25; 35:17, 18. 24 Dit is, die huis van Jakob vermenigvuldig het, deur kinders voort te bring. Sien Gén. 16:2 se kanttekening.

25 Of: maak of verkry rykdom, bekom vermoë, word magtig, vermoënde.

26 Hebr. roep die naam uit.

c Gén. 38:29. 1 Kron. 2:4. Matt. 1:3. 27 Hier en in dit wat volg word die vernaamste oorsaak geopenbaar waarom dit die Heilige Gees behaag het om hierdie hele geskiedenis van Rut deel te maak van die kanonieke boeke van die Heilige Skrif en daarin te bewaar; naamlik, sodat die waarheid van die belofte van God sou blyk dat die Messías uit Juda (Gén. 49:10) sou voortkom, wie se geslag (na die vlees) in dit wat volg beskryf word tot op Dawid; en verder van Dawid tot Christus, Matthéüs 1 en Lukas 3.
28 Sien Gén. 6:4 se kanttekening.

29 Hebr. ontvangenis.

30 Hebr. geseënd.

31 Hebr. wat vandag nie vir jou ’n losser laat ophou het nie.

32 Verstaan die seun van Rut, wat in die plek van sy vader Maglon (wat Naómi se seun was) as erfgenaam sou tree, soos uit die vervolg af te lei is. Ander verstaan hier Boas.

33 Hebr. uitgeroep of genoem. Vgl. vers 11.

34 Hebr. terugbring; dit is, hy sal jou lewe en lus herstel, verkwik, jou as ’t ware jonger maak. Vgl. Ps. 19:8 se kanttekening; Ps. 23:3. Klaagl. 1:11, 19.

35 Of: voed, ondersteun, onderhou. Sien ’n soortgelyke gebruik van die Hebreeuse woord in Gén. 45:11; 47:12. 1 Kon. 18:4. Ps. 55:23.

36 Naamlik jou skoondogter Rut.

37 Dit is, baie seuns. Sien Gén. 4:15 se kanttekening.

38 Hebr. Jisjai.
d 1 Kron. 2:5. Matt. 1:3. 39 Dit is, nakomelinge wat uit Peres gebore en afkomstig is.

40 Hebr. Getsron.

41 Hebr. Nagsjon.