Statevertaling – Bybelstigting

3 Johannes

DIE DERDE BRIEF VAN DIE

APOSTEL JOHANNES

Spring na die lys van die boek name

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF.

1 NÁ die opskrif en die groet, 3 Prys die apostel die godsaligheid van Gajus, vir wie hy hierdie brief skryf. 4 Waaroor hy hom ook verbly. 5 En prys vernaamlik sy gasvryheid jeens die broeders, wat ter wille van die evangelie in vreemde lande moet reis. 6 En vermaan hom om daarin te volhard. 9 Kla oor ’n sekere Diótrefes, wat daarna gestreef het om hom as die eerste van die gemeente voor te doen, dat hy die apostel gelaster het en verhinder het dat sulke broeders ontvang word. 11 Vermaan Gajus om daardie slegte voorbeeld nie te volg nie. 12 En beveel ’n sekere Demétrius by hom aan, oor wie hy goeie getuienis gee. 13 Hy sluit af met ’n verklaring waarom hy nie ’n langer brief aan hom geskryf het nie. 15 En met onderlinge groete.