Statevertaling – Bybelstigting
Jesus Christus die enigste onderwerp van die prediking van Paulus.
DAAROM, aangesien ons 1hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, 2gee ons nie moed op nie.
Maar ons het van 3die heimlike dinge wat skandelik is, 4afstand gedoen, aen ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, b5beveel ons ons by 6elke menslike gewete voor God aan.
Maar as ons evangelie dan nog 7bedek is, is dit bedek in die cwat verlore gaan,
naamlik die ongelowiges in wie 8die god van hierdie wêreld ddie sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, ewat 9die beeld van God is, op hulle nie sou 10skyn nie.
Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
Want God fwat 11gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy gwat 12in ons harte 13geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God 14in die aangesig van Jesus Christus.
Maar ons het hierdie 15skat hin 16erdekruike, sodat die voortreflikheid 17van die krag 18van iGod mag wees en nie uit ons nie.
In alles word ons verdruk, maar ons is nie 19terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;
vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
kGedurig dra ons 20die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook 21die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
lWant altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, msodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
So werk 22die dood dan in ons, maar 23die lewe in julle.
En omdat ons 24dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is: n25Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom 26spreek ons ook.
oWant ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek 27en saam met julle voor Hom sal stel.
Want 28dit is alles om julle ontwil, psodat 29die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.
Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.
DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons 30uiterlike mens ook, nogtans word 31die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
qWant ons 32ligte verdrukking 33wat vir ’n oomblik is, 34bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
omdat ons nie 35let op die 36sigbare dinge nie, maar op die 37onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
| 1 Naamlik nie van die letter óf van die dood nie, maar van die gees en die lewe, waarvan in 2 Kor. 3:6, ens., gespreek is.
2 Of: beswyk, of: bly ons nie in gebreke nie; naamlik nieteenstaande al die swarighede wat ons in hierdie bediening oorkom, soos blyk uit vers 10. Sien oor hierdie woord ook Luk. 18:1. |
| a 2 Kor. 2:17.
b 2 Kor. 6:4. |
3 Of: die bedekte skandelikhede; waardeur hy die uitvlugte, versieringe en bedrieërye van die valse apostels bedoel, wat hul prediking volgens die menslike wysheid wou rig, of volgens die geneenthede van mense, om hulle te behaag en intussen hul eie gemak en eer met sulke voorwendels te bevorder, soos die volgende woorde verklaar.
4 Gr. verwerp, of: afgesê. 5 Naamlik, dat ons daarin in eenvoud handel. 6 Naamlik wat opreg en met verstand oordeel. |
| c 2 Kor. 2:15. 2 Thess. 2:10. | 7 Dit is, duister is en vreemd voorkom. |
| d Jes. 6:10. Joh. 12:40.
e Joh. 14:9. Filip. 2:6. Kol. 1:15. Hebr. 1:3. |
8 Dit is, die Satan, wat deur ’n regverdige oordeel van God oor die ongelowige mense sulke heerskappy verkry, asof hy ’n god van hulle is, en wie hulle as hul god dien. Sien Joh. 12:31. Ef. 2:2; 6:12.
9 Naamlik nie net ten opsigte van sy goddelike natuur, as die ewige Woord en die Wysheid van die Vader nie, maar ook ten opsigte daarvan dat Hy God is, geopenbaar in die vlees, deur wie God se heerlikheid, regverdigheid, genade, wysheid en mag vir ons in die evangelie getoon word soos in ’n spieël. Sien Kol. 1:15. Hebr. 1:3. 10 Of: bestraal. |
| f Gén. 1:3.
g 2 Petr. 1:19. |
11 Dit is, beveel het, naamlik in die begin van die skepping, toe die duisternis die aarde bedek het, Gén. 1:3.
12 Naamlik wat ook van nature duister en onwetend was. Hy spreek hier in die besonder van die apostels, deur wie hierdie lig daarna versprei moes word onder alle volke. 13 Naamlik deur sy Heilige Gees. 14 Dit is, die heerlikheid van God, wat in die aangesig van Moses geblink het en deur hom bedek is, skyn nou baie heerliker in die aangesig van Christus, en word nie deur ons bedek nie, maar onbedek voorgestel vir almal, om hulle daardeur te verlig. |
| h 2 Kor. 5:1.
i 1 Kor. 2:5. |
15 Naamlik van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Christus.
16 Dit is, ons is swakke, veragte en brose instrumente te midde van alle vervolginge. 17 Naamlik van hierdie woord van die evangelie. 18 Dit is, wat aan God alleen toegeskryf mag word, omdat dit slegs uit God is en nie uit ons nie. Sien 2 Kor. 3:5, 6. |
| 19 Of: benoud, naamlik soos wanneer daar geen uitkoms is nie. Andersins word hierdie benoudheid ook aan die gelowiges toegeskryf, soos gesê is in Rom. 8:35. 2 Kor. 6:4. |
| k Rom. 8:17. Gal. 6:17. Filip. 3:10. 2 Tim. 2:11, 12. 1 Petr. 4:13. | 20 Dit is, die gevaar van die dood om Christus wil. Of: die vervolginge en benoudhede tot die dood om Christus wil en volgens die voorbeeld van Christus, wat Christus ook reken as aan Hom gedoen, Hand. 9:4, soos in die volgende vers verklaar word.
21 Dit is, die lewendmakende krag van Christus en van sy Gees, wat hom hier in ons bediening openbaar en hiernamaals tot ons verlossing ten volle sal openbaar; soos die volgende vers ook verklaar. Sien Rom. 8:10, 11. |
| l Ps. 44:23. Matt. 5:11. Rom. 8:36. 1 Kor. 4:9.
m 1 Kor. 15:49. Kol. 3:4. |
| 22 Dit is, die gevaar van die dood hang gedurig oor ons hoof, en werk in ons deur die krag van Christus tot groter ywer vir die naarstige uitvoering van ons bediening.
23 Dit is, maar julle word deur ons bediening en al ons verdrukkinge en doodsgevare meer en meer versterk in die lewe van die Gees; sodat selfs al hierdie benoudhede wat ons oorkom, vir julle ten goede meewerk en tot die lewe gedy. |
| n Ps. 116:10. | 24 Dit is, dieselfde geloof deur dieselfde Gees, wat alle gelowiges, sowel van die Ou as van die Nuwe Testament, deelagtig is, 1 Petr. 1:11.
25 Dawid sê dit in Ps. 116:10, wanneer hy, terwyl hy in groot swarighede verkeer het, van sy vertroue in sy verlossing betuig het, of wanneer hy, terwyl hy in groot swarighede verkeer het, die vertroue wat hy op God ook vir die toekoms gehad het, voor elkeen bely het. 26 Dit is, bely en verkondig vir elkeen dit wat ons glo. |
| o Rom. 8:11. 1 Kor. 6:14. | 27 Naamlik op die laaste dag, wanneer Christus sal verskyn op sy regterstoel, Ef. 5:27. |
| p 2 Kor. 1:11. | 28 Naamlik wat ek geskryf het oor die doodsgevaar oor ons, en oor die wonderlike verlossinge wat God daarop gee.
29 Naamlik wat Hy bewys in ons wonderbaarlike verlossinge tot jul vertroosting en stigting, en tot verbreiding van God se eer, deur julle danksegginge vir ons. |
| 30 Gr. die mens buite, dit is, ons liggaam, met ons liggaamlike krag, gesondheid en uitwendige welstand.
31 Gr. die mens binne, dit is, die siel wat deur die Gees van God vernuwe is, word daagliks te midde van hierdie swarighede meer en meer vernuwe en versterk. |
| q Ps. 30:6. Matt. 5:12. Rom. 8:18. 1 Joh. 3:2. | 32 Gr. die ligtheid van ons verdrukking. Die apostel sê dit nie omdat die verdrukking op sigself lig is nie, maar omdat die Here dit, deur die versterking en troos van sy Gees, vir ons lig maak. Sien Rom. 5:3; 8:37.
33 Naamlik soos ons lewe nie lank is nie. Want ná hierdie lewe word alle trane van ons oë afgevee, Openb. 7:16, 17. 34 Dit is, bring voort, nie uit enige verdienste nie, maar uit enkel genade, om Christus wil, Rom. 8:17, 18. Gr. ’n ewige gewig van heerlikheid, volgens uitnemendheid tot uitnemendheid. |
| 35 Naamlik soos op ’n doel waarna ons streef, wat die Griekse woord eintlik beteken.
36 Dit is, die wêreldse eer of oneer, gemak of ongemak van hierdie lewe, wat ons daagliks voor ons oë sien. 37 Naamlik wat ’n mens nie sien deur die oë van die liggaam nie, dit is, die geestelike en hemelse heerlikheid en vreugde wat beloof is, en wat ons glo en hoop, waaroor hy breedvoeriger handel in die volgende hoofstuk. Sien Hebr. 11:1. |