Statevertaling – Bybelstigting
WANT ons weet dat as 1ons aaardse tentwoning 2afgebreek word, ons 3’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
bWant om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
cas ons ten minste 4gekleed en nie naak bevind sal word nie.
Want ons wat 5nog in die tent is, sug en 6voel beswaard, 7omdat ons liewer nie ontklee nie, 8maar oorklee wil word, dsodat 9die sterflike 10deur die lewe verslind kan word.
Maar Hy wat ons juis 11hiervoor toeberei het, is God, ewat ons ook 12die Gees as onderpand gegee het.
Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van 13die Here uitwoon.
fWant ons wandel 14deur geloof en 15nie deur aanskouing nie.
Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.
Daarom lê ons ons ook 16ywerig daarop toe, 17of ons inwoon 18of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.
gWant ons moet almal voor die regterstoel van Christus 19verskyn, hsodat elkeen kan 20ontvang wat hy 21deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, 22of dit goed is 23of kwaad.
Die bediening van die versoening.
OMDAT ons dan 24die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.
iWant ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding 25tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die 26wat hulle op die 27uiterlike beroem en nie op die hart nie.
Want as ons 28uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons 29by ons verstand is, is dit om julle ontwil.
Want 30die liefde van Christus 31dring ons,
omdat ons 32van oordeel is, dat as 33een vir 34almal 35gesterf het, 36hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, ksodat die wat lewe, nie meer vir 37hulself moet lewe nie, maar 38vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
lOns ken dus van nou af niemand meer 39na die vlees nie; en 40al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg 41nie meer so nie.
Daarom, as iemand 42in Christus is, is hy 43’n nuwe skepsel; mdie ou dinge het verbygegaan, kyk, 44dit het alles nuut geword.
En 45dit alles is uit God nwat 46ons met Homself 47versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
o48naamlik dat God in Christus 49die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening 50aan ons toe te vertrou.
Ons tree dan op as pgesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: 51Laat julle met God versoen.
qWant Hy het Hom wat geen sonde 52geken het nie, r53sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word 54geregtigheid van God 55in Hom.
| a 2 Kor. 4:7. | 1 Dit is, ons swak en sterflike liggaam, waarin ons op hierdie aarde verkeer en wat van grond gemaak is. Dit word met ’n tentwoning of hut vergelyk, wat ’n mens op reis maklik opslaan, en as ’n mens vertrek, weer afbreek of laat verval. Sien dergelike in Job 4:19. 2 Petr. 1:13, 14.
2 Gr. ontbind, losgemaak. 3 Sommige verstaan dit as die hemelse heerlikheid, waarmee ons liggame eers op die laaste dag verheerlik sal word. Omdat die apostel hier egter duidelik spreek van ’n gebou of huis wat ons, nadat hierdie tentwoning afgebreek is, van God het in die hemel, sodra ons uit hierdie liggaam uitwoon, soos blyk uit verse 6, 8, so word dit wel gepas verstaan as die hemelse heerlikheid in die algemeen, waarmee die siel versier en as ’t ware beklee word, sodra dit hierdie tentwoning aflê, en waarmee die liggaam later beklee sal word as dit uit die dode opgewek word. Sien oor die eerste Hebr. 11:14, 16. Openb. 7:14, en oor die tweede 1 Kor. 15:42, 43. Filip. 3:20, 21. |
| b Rom. 8:23. |
| c Openb. 3:18; 16:15. | 4 Naamlik met die ware bruilofskleed, dit is, wat met die geregtigheid en heiligheid van Christus op hierdie dag van verhuising bevind sal word. Want ander, wat daarvan ontbloot is, kan nie hierdie heerlikheid verwag nie. Ander vertaal dit: omdat of aangesien ons ook gekleed, ens., en verstaan dit as ’n verklaring van die voorgaande. |
| d Rom. 8:11. 1 Kor. 15:53. | 5 Dit is, wat nog in hierdie aardse en sterflike liggaam leef.
6 Naamlik deur die las van die sonde en van die verdrukkinge. 7 Dit is, totaal ontneem word van ons liggaam wat ons nou dra, om dit ewiglik te ontbeer. Of: waarin, naamlik die tent, ons liewer nie, ens. 8 Naamlik met die hemelse heerlikheid, na die siel terstond ná die dood, en na die liggaam wanneer dit aan ons teruggegee sal word op die laaste dag. Sommige meen dat Paulus hier sou wens dat hy kon lewe in hierdie liggaam totdat Christus sal kom om ons liggame te verander, sonder dat ons dit hoef af te lê; van hierdie verborgenheid word gespreek in 1 Kor. 15:51. 1 Thess. 4:17. Dit is egter onwaarskynlik, omdat hy in vers 8 sê dat hy liewer uit die liggaam wil uitwoon, naamlik vir ’n tyd, en by die Here wil inwoon. 9 Dit is, die sterflikheid waarmee ons liggaam nou belas is en in die graf belas bly. 10 Dit is, deur die salige onsterflikheid geheel weggeneem word, naamlik wanneer Christus dit weer sal opwek en aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig sal maak, Filip. 3:21. |
| e Rom. 8:16. 2 Kor. 1:22. Ef. 1:13; 4:30. | 11 Dit is, vir hierdie heerlikheid in ons siel, en hierdie onsterflikheid in ons liggaam.
12 Naamlik die Heilige Gees as onderpand om ons hiervan te verseker. Sien Rom. 8:16. 2 Kor. 1:22. Ef. 4:30. |
| 13 Naamlik Jesus Christus, wie se liggaamlike aanskouing en teenwoordigheid ons solank moet ontbeer, soos blyk uit vers 8 en verklaar word in Filip. 1:23. |
| f 1 Kor. 13:12. 2 Kor. 3:18. | 14 Naamlik wat in werklikheid die dinge wat ’n mens nie sien nie aanneem en hom toe-eien, Hebr. 11:1.
15 Naamlik van die dinge wat ons hoop. Sien Rom. 8:24. 1 Kor. 13:12. Hoewel daar andersins ook ’n aanskouing is deur die geloof, Joh. 6:40; 8:56. |
| 16 Gr. eergierig. Sien ook Rom. 15:20 en die kanttekening.
17 Naamlik by Hom in die hemel, soos in vers 8. Sien Openb. 7:17; 14:4. Of: in die liggaam, soos in vers 6. 18 Naamlik van Christus buite die hemel, terwyl ons nog hierdie sterflike liggaam dra, of: uit die liggaam, soos in vers 8. |
| g Matt. 25:32. Rom. 14:10.
h Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 1 Kor. 3:8. Gal. 6:5. Openb. 2:23; 22:12. |
19 Naamlik nie net ten opsigte van ons persoon nie, maar ook van ons gedagtes, woorde en werke, Rom. 2:16. Openb. 2:23; 20:12.
20 Naamlik as vergelding. 21 Naamlik hier in hierdie lewe, of: terwyl ons in hierdie liggaam verkeer. 22 Dit is, die loon van die goeie, uit genade. Sien Matt. 25:34. Rom. 6:23. 23 Dit is, die loon van die kwaad, uit verdienste. Sien Matt. 25:41. Rom. 6:23. |
| 24 Dit is, hierdie verskriklike en vreeslike oordeel van die Here, waardeur ons sorgvuldig moet wees om altyd opreg voor Hom te wandel. |
| i 2 Kor. 3:1; 10:8. | 25 Naamlik dat ons troue apostels van Christus is, en dat ons leer ’n leer is wat die harte bekeer.
26 Dit is, deur voorgee, versierde woorde en dergelike, wat wel ’n uitwendige skyn voor die mense het, maar nie die hart raak nie. 27 Gr. in die gesig. |
| 28 So spreek die apostel as hy hom en sy bediening moet aanbeveel, omdat dit skynbaar die werk van uitsinnige en dwase persone is om oor hulself te roem, en verklaar dat hy dit doen, nie om homself hierdie eer te gee nie, maar om God se eer te bewaar.
29 So spreek die apostel wanneer hy, sonder om van homself te moet spreek, sy bediening onder hulle sonder prag of praal uitvoer, wat hy verklaar ook tot hul voordeel strek. Sien 2 Kor. 11:1, 16, 17, ens., soos ook deurgaans in hfst. 12. |
| 30 Dit kan verstaan word, óf as die liefde waarmee Christus ons liefhet, óf as die liefde waarmee ons Hom liefhet, omdat Hy Hom vir ons gegee het, wat die volgende vers skynbaar meebring, hoewel hierdie liefde ván ons ook voortspruit uit sy liefde vír ons.
31 Dit is, besit ons heeltemal, en beweeg ons om dit te doen. Sien ook Hand. 18:5. |
| k Rom. 14:7. Gal. 2:20. 1 Thess. 5:10. 1 Petr. 4:2. | 32 Dit is, dit as seker beskou.
33 Naamlik Christus. 34 Naamlik wat in Hom glo, Joh. 3:16. Hand. 10:43. Rom. 3:22; 10:4. Hebr. 5:9; 10:14. 35 Naamlik om hul sondes te vernietig. 36 Naamlik met Hom, om deur sy dood nie net vergewing van sondes en versoening met God te verkry nie, maar ook om die sonde af te sterf, soos in Rom. 6:6. Hebr. 9:26-28. 37 Dit is, tot hul eie gemak, voordeel en eer. 38 Dit is, tot diens en eer van Hom. |
| l Matt. 12:50. Joh. 15:14. Gal. 5:6; 6:15. Kol. 3:11. | 39 Dit is, na die uiterlike status, afkoms, voorkoms, eer, wysheid of welsprekendheid; maar (wil hy sê) slegs na die gees, dit is, na die geestelike krag wat in hom is en deur hom gewerk word.
40 Soos Paulus getuig dat hy ook Christus gesien het, 1 Kor. 9:1. 41 Naamlik om daaroor te roem, of ons agting daardeur te soek, soos sommige doen. |
| m Jes. 43:18. Openb. 21:5. | 42 Dit is, Christus waarlik ken, en met Hom verenig is.
43 Dit is, deur die krag en die Gees van Christus wedergebore, sonder om meer ag te gee op die vleeslike dinge of om sy geluk daarin te soek, Gal. 6:15. 44 Naamlik in die ryk van Christus; hier verwys die apostel na die beloftes van God, Jes. 65:17; 66:22, waar hierdie vernuwing van alle dinge onder die ryk van Christus beloof word, en alleen voor God waarde het. ’n Deel daarvan is nou in die ware gelowiges vervul, wat deur God se Gees vernuwe is, en die oorblywende sal vervul word in die toekomende lewe, ná die opstanding. Sien 2 Petr. 3:13. Openb. 21:5. |
| n Kol. 1:20. 1 Joh. 2:2; 4:10. | 45 Naamlik wat hierdie nuwe skepping aangaan.
46 Naamlik wat in Christus glo. 47 Naamlik toe ons nog sy vyande was; soos Paulus aantoon in Rom. 5:8, ens. |
| o Rom. 3:24, 25. Kol. 1:20. | 48 Of: hoe dat God, ens.
49 Dit is, die uitverkorenes en gelowiges oor die hele wêreld, soos in Joh. 6:33, 51. 50 Naamlik om dit in sy Naam te verkondig. |
| p 2 Kor. 3:6. | 51 Naamlik deur die geloof in Christus en sy bloed, Rom. 3:25. |
| q Jes. 53:9. 1 Petr. 2:22. 1 Joh. 3:5.
r Jes. 53:12. Rom. 8:3. Gal. 3:13. |
52 Dit is, wat van alle sonde vry was, 1 Petr. 2:22.
53 Dit is, ’n offer vir die sonde, soos in Lev. 7:2. Of: sonde, deur toerekening van ons sondes, soos van Hom ook gesê word dat Hy ’n vloek geword het, Gal. 3:13. 54 Dit is, geregverdig voor God; of: dat die geregtigheid van God ons toegereken sou word, Rom. 4:4, 5, ens. 55 Naamlik Christus, ten opsigte daarvan dat ons in Hom is, en sy geregtigheid ons toegereken word, Rom. 8:1, ens. |