Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 6

Selfverloëning van Paulus in sy bediening.

1

EN as a1medewerkers 2vermaan 3ons julle ook bdat julle 4die genade van God nie 5tevergeefs mag ontvang nie.

2

cWant 6Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. 7Kyk, nou is dit 8die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

3

dOns lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat 9die bediening nie 10beklad mag word nie;

4

maar in alles 11beveel ons ons aan eas dienaars van God, fmet baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;

5

in slae, in gevangenskappe, in 12oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;

6

in 13reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, 14in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

7

in 15die woord van waarheid, in 16die krag van God, 17deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand;

8

18deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;

9

as onbekendes en tog goed bekend, g19as sterwendes en 20kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;

10

as bedroefdes, 21maar altyd opgeruimd; 22as armes, maar wat baie ander 23ryk maak; as mense wat niks het nie en tog 24alles besit.

Dringende vermaninge om heilig te lewe.

11

25ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.

12

26Nie in ons het julle dit te nou nie, maar 27in jul binneste het julle dit te nou.

13

Maar by wyse van vergoeding — ek praat hsoos met kinders — 28moet julle ook verruim word.

14

iMoenie in 29dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, kwant watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

15

En watter ooreenstemming het Christus met 30Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

16

Of watter ooreenkoms het 31die tempel van God lmet die afgode? mWant 32julle is die tempel van 33die lewende God, soos 34God gespreek het: nEk sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

17

35Daarom, ogaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

18

pen Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

a 1 Kor. 3:9.

b Hebr. 12:15.

1 Naamlik saam met God, soos die dienaars van die Woord as instrumente en gesante van God ook elders genoem word, 1 Kor. 3:9, 10.

2 Of: bid.

3 Hy sluit Timótheüs hierby in, saam met wie hy hierdie brief skryf.

4 Naamlik wat aan julle deur die evangelie en ons diens aangebied en deur julle ontvang is.

5 Dit is, sonder om behoorlike vrugte van dankbaarheid en toename in die geloof voort te bring.

c Jes. 49:8. 6 Naamlik in Jes. 49:8, waar God die Vader só spreek tot sy Seun, en die opbou van sy gemeente deur Hom in sy koms beloof.

7 Dit is nou die woorde van Paulus, waarmee hy die voorgaande woorde verklaar en op die tyd van die Nuwe Testament van toepassing maak.

8 Of: die gunstige tyd, soos die Hebreeuse woord by Jesaja eintlik lui, wat God naamlik in sy welbehae bestem het, om die mense oral deur Christus en sy dienaars tot bekering te roep, en hulle kragtig deur sy Gees daartoe te bring, Hand. 2:16, 17; 17:30, 31, ens.

d Rom. 14:13. 1 Kor. 10:32. 9 Naamlik van die heilige evangelie, wat ons toevertrou is, en waarvan hy aan die einde van die voorgaande hoofstuk gespreek het.

10 Of: blameer, belaster, soos die Griekse woord eintlik meebring; wat gewoonlik gebeur wanneer die lewe van die dienaars van die Woord nie met hul leer ooreenkom nie.

e 1 Kor. 4:1.

f 2 Kor. 11:23.

11 Dit is, maak dat ons, nadat ons deur julle op die proef gestel is, goedgekeur word. Of: bewys.
12 Of: verwarring, wanorde; waardeur die toestand verstaan word van hulle wat herwaarts en derwaarts gejaag of verdryf word.
13 Of: kuisheid. So beskryf die apostel van hier af verder die deugde en middele waardeur hy die vorige swarighede te bowe gekom het.

14 Hierdeur verstaan hy die vrymoedigheid en vreugde van die Gees, wat ons ondersteun ook te midde van alle verdrukkinge, Joh. 16:33. Rom. 5:3-5; 14:17.

15 Dit is, die verkondiging van die evangelie, soos in Joh. 17:17.

16 Naamlik wat hierdie verkondiging van die apostels vergesel het, nie net met tekens en wonders nie, Hebr. 2:3, 4, maar ook met mag om die bose te weerstaan en ten gronde te rig, soos met wapens wat in God magtig is om van alle kante die uitverkorenes vir Christus te win, en die ander van hulle af te weer, 2 Kor. 10:4-6.

17 Of: deur die regter- en linkerkantste wapens van geregtigheid.

18 Dit is, te midde van eer en oneer; naamlik eer by die vromes en oneer by die goddelose en wêreldse mense. Verstaan dieselfde onderskeid ook in die teenstellinge wat volg; en sien ’n voorbeeld in Christus, Joh. 7:12, en in Paulus, Hand. 17:18, 32.
g Ps. 118:18. Jes. 26:19. 19 Naamlik volgens die oordeel van mense as dood beskou.

20 Naamlik deur die besondere genade en beskerming van God, Ps. 118:18.

21 Dit is, getroos in God, Rom. 5:3. 1 Thess. 5:16.

22 Naamlik in wêreldse rykdomme.

23 Naamlik met geestelike gawes.

24 Naamlik in Christus, en met Christus, 1 Kor. 3:21, 22.

25 Dit is, ek spreek vrymoediglik en uitvoerig met julle van al my omstandighede, aangesien my geneentheid en goeie hart teenoor julle ook groot is. ’n Hebreeuse spreekwyse.
26 Dit is, julle besit ons hart in die geheel. Ons maak ons hart vir julle wyd oop.

27 Dit is, julle maak jul hart nie genoeg oop nie, maar hou dit nog gedeeltelik as ’t ware geslote vir ons.

h 1 Kor. 4:14. 28 Naamlik in jul binneste, of hart; om vir ons gelyke geneentheid of liefde te koester.
i Deut. 7:2. 1 Kor. 5:9.

k 1 Sam. 5:1, 2. 1 Kon. 18:21. 1 Kor. 10:21. Ef. 5:11.

29 Dit is, ’n juk of gemeenskap met diegene wat nie van dieselfde godsdiens is nie, soos die afgodiese heidene was. Waarmee hy nie allerlei gemeenskap verbied nie, want dit sou in stryd wees met dit wat hy gesê het in 1 Kor. 5:10, maar slegs sulke gemeenskap, waardeur hulle ook tot die gemeenskap van hul afgodery of ander sondes gebring, of die ongelowiges in hul sondes versterk sou word. Dit is ’n beeld geneem uit die wet, Deut. 22:10, waar God verbied dat hulle, wanneer hul ploeg, die os en die esel saam sou inspan.
30 Dit is ’n Hebreeuse woord, en beteken een wat sonder ’n juk is, of vir niemand nuttig is nie. Hier word dit gebruik vir die Satan self, wat alle gehoorsaamheid aan God van hom afgewerp het. Sien 1 Sam. 1:16. Deut. 13:13 en die kanttekening.
l 1 Kor. 10:7, 14.

m 1 Kor. 3:16; 6:19. Ef. 2:21. Hebr. 3:6. 1 Petr. 2:5.

n Ex. 29:45. Lev. 26:11. Eség. 37:26.

31 Naamlik wat tot die diens van die ware God geheilig is.

32 Naamlik wat in Christus glo, Ef. 2:21, 22. 1 Petr. 2:5.

33 Dit is, wat nie net self leef nie, maar die Bewerker van die lewe van alles is, Hand. 17:25. Hierdie titel word hier aan God gegee teenoor die stomme en dooie afgode.

34 Hierdie woorde is gedeeltelik geneem uit Lev. 26:11, 12, gedeeltelik uit Eség. 37:26.

o Jes. 52:11. Openb. 18:4. 35 Hierdie woorde is geneem uit Jes. 52:11, sodat hierdie vermaning van Paulus uit verskeie tekste bymekaargevoeg is.
p Jer. 31:1.