Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 9

1

WANTa wat 1die diensbetoning aan die heiliges betref, is dit vir my oorbodig om 2aan julle te skrywe.

2

Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedóniërs roem, dat 3Acháje ’n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.

3

Maar ek het 4die broeders gestuur, sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie verydel mag word nie, dat, soos ek gesê het, julle 5gereed kan wees,

4

sodat nie miskien, as daar 6Macedóniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word 7in hierdie vertroue van ons roem nie.

5

Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle 8vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees 9as ’n dankoffer en nie 10as iets wat afgepers is nie.

6

Maar dink daaraan: bWie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie 11volop saai, sal ook volop 12maai.

7

Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart 13voorneem, cnie met droefheid of uit 14dwang nie, dwant God het ’n blymoedige gewer lief.

8

En God het mag om 15alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte 16volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

9

Soos 17geskrywe is: eHy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, 18sy geregtigheid 19bly tot in ewigheid.

10

En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, 20ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle 21geregtigheid laat toeneem,

11

sodat julle in alles ryk kan word tot alle 22milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons 23bewerk.

12

Want die bediening van hierdie 24hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,

13

omdat hulle deur die 25bewys van hierdie diens God verheerlik oor die 26onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal,

14

terwyl hulle ook in 27die gebed vir julle 28na julle verlang 29vanweë die uitnemende genade van God aan julle.

15

30Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe.

a Hand. 11:29. Rom. 15:26. 1 Kor. 16:2. 2 Kor. 8:4. 1 Hierdeur kan verstaan word óf die handreiking self, óf die wyse om dit te kollekteer en na Jerusalem af te stuur, wat hy geheel aan hul goeddunke oorlaat, omdat hy geweet het dat hulle lankal heeltemal bereid was en genoegsame versigtigheid gehad het om dit goed en behoorlik te doen.

2 Naamlik breedvoeriger of verder.

3 Waarvan Korinthe die hoofstad was. Sien Rom. 15:26. 1 Kor. 1:2 en die kanttekening.
4 Naamlik Titus met die twee ander waarvan in die voorgaande hoofstuk melding gemaak is.

5 Naamlik teen die tyd dat ek kom, soos die volgende vers verklaar.

6 Dit is, die broeders wat van die gemeentes van Macedónië gekies was om die gemeentes se kollekte oor te bring.

7 Of: in hierdie selfstandigheid van die roem, dit is, in my vertroue en vrymoedige roem oor julle, naamlik dat julle nie in gebreke sou bly nie.

8 Dit kan verstaan word óf as dit wat Titus oor hulle aan Paulus meegedeel het toe hy teruggekeer het van hulle, soos af te lei is uit 2 Kor. 7:13; óf as dit wat Paulus tevore daarvan aan hulle geskrywe het in die eerste brief aan die begin van hfst. 16.

9 Dit is, as ’n vrywillige en milde gawe, soos ’n dankoffer die eienskap het dat dit uit ’n toegeneë en milde hart voortkom. ’n Hebreeuse spreekwyse.

10 Dit is, as ’n gawe van suinige mense afgepers. Die Griekse woord beteken eintlik gierigheid, of begeerte om meer te hê. Van sodanige mense is dit baie moeilik om iets te kry, of as hulle iets gee, is dit onwillig en as ’t ware van hulle afgepers.

b Spr. 11:24. Gal. 6:7. 11 Dit is, vrywilliglik en mildelik, soos in die voorgaande vers. Verstaan altyd: volgens wat iemand besit, soos in 2 Kor. 8:12.

12 Dit is, van God oorvloedige vergelding ontvang, Gal. 6:9.

c Deut. 15:7. Rom. 12:8.

d Ex. 25:2; 35:5.

13 Of: self besluit, kies, naamlik uit vrywilligheid.

14 Dit is, uit vrees om deur anders te doen, berispe te word of sy aansien by die mense te verloor.

15 Dit is, middele om weldadig te mag wees teenoor elkeen.

16 Naamlik nie net by julself in julle gemoed nie, wat ’n groot wins is, 1 Tim. 6:6, maar ook oorvloed om ander te hulp te kan kom in allerlei nood.

e Ps. 112:9. 17 Naamlik in Ps. 112:9, waar die profeet die eienskappe van ’n godsalige man ook op hierdie wyse beskryf.

18 Dit is, sy weldadigheid, of sy werke van barmhartigheid, soos hierdie woord dikwels by die Hebreërs so gebruik word. Sien Ps. 112:9.

19 Naamlik in die gedagtenis van die mense, en ook van God, om in die ewigheid uit genade beloon te word, Matt. 25:34, ens. Luk. 12:33; 16:9, ens.

20 Ander onderskei dit só: en ook brood om te eet, mag Hy verskaf dat julle saad, ens.

21 Dit is, weldadigheid, soos in vers 9.

22 Of: eenvoudigheid.

23 Naamlik by die armes en die wat gebrek ly, wat aangespoor word om God te dank, wanneer hulle sodanige gawes van ons ontvang, soos die volgende verse nader verklaar.

24 Gr. leitourgias, hierdie woord beteken wel allerlei publieke dienste, soos in Hand. 13:2 se kanttekening aangeteken is, maar word ook soms gebruik vir ’n offervaardige diens, soos die aalmoese ook geestelike offers genoem word, Filip. 4:18. Hebr. 13:16, daarom is die betekenis hier nie onvanpas nie.
25 Of: goedkeuring, beproefdheid.

26 Dit is, dat julle hiermee openlik bely of getuig dat julle jul in alles aan die evangelie van Christus onderwerp, wat ook die werke van die liefde in die besonder aanmoedig.

27 Naamlik wat die gelowiges in Jerusalem, wat deur jul weldadigheid aangespoor is, nog yweriger vir julle sal doen.

28 Of: baie begerig is na julle, naamlik om daagliks oor julle welstand te mag verneem. Dit kan ook vertaal word: groot geneentheid vir julle koester.

29 Dit is, omdat hulle deur ons en ander verstaan het hoe ’n groot genade en watter groot gawes die Here aan julle gemeente gegee het, Hand. 21:18, 19.

30 Hiermee sluit die apostel hierdie hele bespreking af, deur hulle te vermaan dat die eer van al die voormelde roem en gawes, waarvan hy gespreek het en waaroor hy hulle geprys het, nie eintlik aan hulle toegeskryf moet word nie, maar aan God alleen, tot hul vernedering.