Statevertaling – Bybelstigting

Jakobus 3

Beheersing van die tong.

1

MOENIEa 1baie leermeesters wees nie, my broeders, bomdat julle weet dat ons 2’n groter 3oordeel sal ondergaan.

2

Want ons almal 4struikel dikwels. cAs iemand 5in woorde nie struikel nie, 6is hy ’n volmaakte man, in staat om ook 7die hele liggaam 8in toom te hou.

3

Kyk, 9ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons 10stuur 11hulle hele liggaam daarmee.

4

Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ’n baie klein roer net waarheen die stuurman 12wil.

5

dNet so is die tong ook ’n klein lid en 13beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot 14hoop hout steek 15’n klein vuurtjie aan die brand.

6

16Die tong 17is ook ’n vuur, 18die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; dit 19besmet die hele liggaam en 20steek 21die hele lewensloop aan die brand en word 22uit die hel 23aangesteek.

7

Want 24elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word 25getem en is getem deur die menslike natuur.

8

Maar die tong 26kan geen mens 27tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad, 28vol dodelike gif.

9

29Daarmee loof ons God 30en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense ewat na die gelykenis van God gemaak is.

10

Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. 31Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

11

’n Fontein laat tog nie 32uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

12

’n Vyeboom, my broeders, kan tog nie 33olywe 34voortbring, of ’n wingerdstok 35vye nie? 36So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.

Die wysheid wat van bo is.

13

37WIE is wys en verstandig onder julle? fLaat hom uit 38sy goeie lewenswandel 39sy werke 40in sagmoedige wysheid toon.

14

gMaar as julle bittere 41afguns en selfsug in julle hart het, moenie 42roem en 43lieg 44teen die waarheid nie.

15

hDít is nie die wysheid 45wat van bo kom nie, maar is 46aards, 47natuurlik, 48duiwels;

16

iwant waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

17

Maar die wysheid van bo is ten eerste 49rein, dan vredeliewend, 50vriendelik, 51geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, 52onpartydig en ongeveins.

18

En 53die vrug van die geregtigheid 54word 55gesaai in vrede vir die wat vrede 56maak.

a Matt. 23:8.

b Matt. 7:1. Luk. 6:37.

1 Daarmee bestraf hy nie diegene wat die leeramp begeer nie, 1 Tim. 3:1, maar diegene wat hulle as groot meesters voordoen deur ander ligtelik te oordeel en te berispe; hiervan is daar baie, omdat die mens so geaard is dat hy die gebreke van ander maklik sien en berispe, maar dié van homself nie sien nie. Sien Matt. 7:1. Luk. 6:37.

2 Of: vele, dit is, baie groot en swaar.

3 Dit is, straf, aangesien dit gewoonlik ná die uitgesproke vonnis volg. Sien 1 Kor. 11:31. Hierdie straf word vermeld in Matt. 7:2, en is regverdig, omdat hulle ander veroordeel in dit waaraan hulle self skuldig is, en sodoende ook oor hulself ’n vonnis bring.

c Ps. 34:14. Jak. 1:26. 4 Of: stamp, soos in Jak. 2:10. Dit is, sondig, begaan dikwels dieselfde of dergelike sondes wat ons in ander bestraf, Gal. 6:1.

5 Gr. in die woord, dit is, in dit wat ons sê, spreek.

6 Dit is, is begiftig met die regte wysheid en versigtigheid. Want dit is duidelik dat hierdeur nie die volkome volmaaktheid wat die wet eis bedoel word nie, omdat hy inwendig in sy hart met bose luste, en uitwendig met die ander ledemate ewenwel kan sondig, al bedwing hy sy tong. En omdat niemand sy tong bedwing soos dit hoort nie, vers 8, is dit ook ’n duidelike bewys van die mens se onvolmaaktheid.

7 Dit is, die werkinge van al die ander lede van die liggaam.

8 Dit is, bedwing, dat dit nie die bepalings oortree nie. ’n Beeld geneem van perde, wat deur die toom gedwing word om op die regte pad te gaan. Sodat diegene wat die tong kan bedwing, wat die heel moeilikste is, ook die ander ledemate kan bedwing, wat makliker is; soos in die volgende vers verklaar word.

9 Dit is, soos ons stange sit, ens. Gr. ons werp.

10 Dit is, waarheen ons wil. Net so regeer die tong naamlik die hele mens en alles wat hy doen, hetsy ten goede of ten kwade.

11 Naamlik hoe groot en sterk dit ook is.

12 Gr. drywing, dit is, die beweging van sy gemoed.
d Spr. 12:18; 15:2. 13 Dit is, rig groot dinge aan. Of: verhef hom grootliks. ’n Beeld geneem van perde, wat die nek vorentoe uitsteek, Ps. 12:4.

14 Gr. hulen, dit beteken oor die algemeen allerlei materiale, maar vernaamlik die wat ’n mens kan brand; daarom word ’n bos ook so genoem.

15 Dit is, soos ’n klein vuurtjie, al is dit slegs ’n vuurvonk.

16 Naamlik as dit nie bedwing word nie, maar misbruik word.

17 Dit is, hoewel die tong ’n klein lid is, wanneer ’n mens dit misbruik, word daardeur dikwels ’n groot brand van twis, oproerigheid, oorlog, ens., ontsteek, waardeur kerke, lande en stede verwoes word.

18 Dit is, soos die wêreld vol is van allerlei soorte ongeregtigheid, bring ’n onbedwonge tong ook allerlei ongeregtigheid voort, soos om te kyf, te laster, te veg, dood te slaan, ens. ’n Figuurlike spreekwyse, waarmee ’n baie groot menigte aangedui word, soos ’n mens sê: ’n see, of ’n afgrond van booshede.

19 Dit is, bring baie booshede en sondes voort, waarmee die mens besmet word. Sien Matt. 15:18-20.

20 Naamlik soos ’n vuur om te verderf en te verniel.

21 Gr. die hele rat of rondgang van die lewe, ens. Of: die loop van ons lewe van die geboorte af; dit is soos ’n rat wat altyd ronddraai van die oggend tot die aand, van die jeug tot die ouderdom, van die geboorte tot die dood.

22 Dit is, van die duiwel, wie se plek van pyniging die hel is. Gr. gehênnes, sien oor hierdie woord Matt. 5:22 se kanttekening.

23 Dit is, opgewek en gaande gemaak om te misbruik.

24 Dit is, alle soorte wilde diere, hoe wild hulle ook al van nature mag wees.

25 Dit is, mak gemaak, sodat hulle die mense geen kwaad aandoen nie.

26 Naamlik hoe heilig die mens ook is, en watter moeite en sorg hy ook daartoe aanwend.

27 Dit is, só bedwing dat dit nooit meer kwaad doen nie; soos die volgende woorde verklaar. Daarom moet ’n mens des te meer en sorgvuldiger moeite doen, en die Here nog vuriger om sy genade smeek, dat hierdie kwaad van ons meer en meer bedwing mag word.

28 Naamlik wat deur die helse slang aangeblaas is. Want as die tong misbruik word, asof dit die venyn van laster, skinder, uitskel, vloek, ens. uitspoeg, bring die lasteraar hom daardeur in die dood, indien hy hom daarvan nie bekeer nie, Ps. 140:4. Rom. 1:30. 1 Kor. 6:10.

e Gén. 1:27. 29 Gr. Daarin. Die apostel toon nou dat die misbruik van die tong ook ’n totaal misvormde saak is, en geheel en al onbetaamlik dat ’n mens met dieselfde tong waarmee hy God loof, sy naaste, na God se ewebeeld geskape, sou laster of vloek, en dat sodoende deur een en dieselfde tong totaal teenstrydige werke voortgebring sou word.

30 Dit is, God, wat ons Vader is, soos tevore in Jak. 1:27.

31 Dit is, hierdie misbruike van die tong, wat tevore aangewys is.
32 Gr. uit dieselfde holte, dit is, springaar.
33 Dit is, vye en olywe tesame, dit is, soet en bitter vrugte.

34 Gr. maak.

35 Dit is, druiwe en vye tesame.

36 Sien die voorgaande vers. So behoort die tong dan ook nie goed en kwaad, teen die ander skepsele, voort te bring nie.

f Ef. 5:8. 37 Dit is, as daar iemand onder julle is, wat hom daarvoor uitgee dat hy wys en verstandig is, of daarvoor gehou wil word, laat hom sy wysheid toon, ens. Die apostel wys van hier af die regte middele aan teen die meesteragtige veroordeling en misbruik van die tong, waaroor hy tot nou toe gespreek het.

38 Dit is, omgang onder die mense, sowel in die kerk, regering en huishouding, as in die besonder met alle mense.

39 Dit is, laat hom nie oor sy wysheid roem nie, maar laat hom dit in waarheid met sy werke bewys, deur so ’n meesterskap na te laat, en sy tong te bedwing.

40 Gr. in sagmoedigheid van die wysheid, dit is, in sodanige wysheid wat altyd met sagmoedigheid gepaardgaan.

g Rom. 13:13. 41 Of: ywer; soos in Rom. 10:2. Dit is die fontein waaruit die voorgaande sondes gewoonlik spruit. Om hierdie rede probeer die apostel om dit eers toe te stop.

42 Naamlik dat julle opregte Christene is nie.

43 Naamlik as julle so roem.

44 Naamlik van die evangelie, wat deurlopend leer dat sulke sondes nie saam met die Christelike roeping kan bestaan nie. Of: teen die waarheid van die saak, omdat julle geen ware Christene is nie, ook nie waarlik verstandig nie, soos julle roem om te wees.

h 1 Kor. 2:6, 7. 45 Dit is, van die hemel, van die Vader van die ligte, Jak. 1:17, van wie die regte en saligmakende wysheid voortkom en verkry word. Sien ook Joh. 3:5.

46 Dit is, wêrelds, wat die aardse en wêreldse mense het.

47 Gr. siellik, soos in 1 Kor. 2:14. Dit is, wat uit die siel van die mens kom, soos die siel van nature is, en nog onwedergebore, verdorwe en onverstandig in geestelike sake.

48 Dit is, soos die duiwel het, en wat hy die mense ingee.

i 1 Kor. 3:3. Gal. 5:20.
49 Of: suiwer; nie besmet met sodanige heersende gebreke en sondes nie.

50 Of: beskeie. Dit staan nie tot die uiterste toe op sy regte nie, maar sien graag van sy reg af. Sien Filip. 4:5 se kanttekening.

51 Dit is, gee graag ruimte vir goeie onderrig en vermanings, en hou nie hardnekkig aan sy punt vas nie.

52 Die Griekse woord beteken ook iemand wat nie al te noukeurig ’n saak ondersoek of onderskei nie. Die hemelse wysheid maak ook wel onderskeid en oordeel tussen waarheid en onwaarheid, tussen goed en kwaad, 1 Kor. 10:15. 1 Thess. 5:21. 1 Joh. 4:1. Jud. vers 22, maar oordeel nie ligvaardig of te skerp oor sy naaste se woorde of werke nie. Dit is wat die apostel hier wil sê.

53 Naamlik die ewige lewe. Sien Rom. 6:21, 22. Gal. 6:8.

54 Dit is, word deur vrede gesaai. Of: die vrug van die geregtigheid wat in vrede, dit is, in die ware geluksaligheid, bestaan, word gesaai, ens.

55 Dit is, weggelê en bewaar. Sien oor hierdie beeld Ps. 97:11. Gal. 6:8.

56 Of: beoefen, dit is, wat nie net vrede maak tussen strydende partye nie, maar ook alle ywer en middele aanwend om met alle mense, sover dit moontlik is, in vrede te lewe.