Statevertaling – Bybelstigting

Jakobus 5

Veroordeling van die onbarmhartige rykes.

1

KOMa nou, 1julle rykes, ween en huil oor die ellendes 2wat oor julle kom.

2

3Julle rykdom 4is bedorwe, en 5julle klere is deur die motte verniel.

3

6Julle goud en silwer 7is verroes, en hulle roes 8sal tot ’n getuienis 9teen julle wees en sal 10soos ’n vuur julle vlees verteer. bJulle het 11skatte vergader 12in die laaste dae.

4

Kyk, cdie loon van die arbeiders 13wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, 14roep uit; en 15die geroep van die maaiers het gekom tot in 16die ore van die Here 17van die leërskare.

5

dJulle het op die aarde 18’n weelderige en 19losbandige lewe gelei; julle het 20jul harte vet gevoer soos op 21’n slagdag.

6

Veroordeel, vermoor het julle 22die regverdige; hy 23versit hom nie teen julle nie.

Vermaning om geduldig te wees. Die eed. Die gebed. Die bekering.

7

24WEES dan geduldig, broeders, 25tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en 26het geduld daarmee totdat dit 27die vroeë en die 28laat reën ontvang het.

8

29Julle moet ook geduldig wees; 30versterk julle harte, want 31die wederkoms van die Here 32is naby.

9

33Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, 34die Regter 35staan voor die deur.

10

Neem as voorbeeld 36van lyding, my broeders, en van geduld 37die profete wat 38in die Naam van die Here gespreek het.

11

Kyk, eons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die flydsaamheid van Job, en julle het 39die einddoel van die Here met hom gesien, gdat die Here 40vol medelye en ontferming is.

12

Maar bo alles, my broeders, h41moenie sweer nie: 42nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en 43ook geen ander eed nie; maar 44laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie 45onder ’n oordeel val nie.

13

Is daar iemand onder julle 46wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? iLaat hom psalmsing.

14

Is daar iemand 47siek onder julle? Laat hom 48die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle 49oor hom 50bid nadat hulle khom 51in die Naam van die Here 52met olie gesalf het.

15

En 53die gebed van die geloof sal die kranke 54red, en 55die Here sal hom 56oprig. Selfs as hy 57sonde gedoen het, sal dit hom 58vergewe word.

16

59Bely mekaar julle misdade en 60bid vir mekaar, sodat julle 61gesond kan word. Die 62vurige gebed 63van ’n regverdige het groot krag.

17

lElía was ’n mens 64net soos ons, en hy het 65ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het 66op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

18

men hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

19

Broeders, nas een onder julle 67van die waarheid afgedwaal het en iemand hom 68bekeer,

20

laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 69’n siel 70uit die dood sal 71red oen ’n menigte 72sondes sal 73bedek.

a Spr. 11:28. Amos 6:1. Luk. 6:24. 1 Tim. 6:9. 1 Naamlik wat rykdomme op ’n onregverdige manier bymekaarmaak of dit misbruik; soos die volgende uitwys. Want andersins is die rykdomme op sigself nie verkeerd nie, maar ’n seën van God, Spr. 10:22. Maar dit word oor die algemeen en baie maklik misbruik tot nadeel van die saligheid. Sien Matt. 13:22; 19:23, 24. Hier word nie net die gewone ryk gierigaards en verkwisters bedoel nie, maar ook diegene wat in openbare gesagsposisies is, soos konings, prinse, goewerneurs, regters en dergelike; wat hul mag en outoriteit tot onderdrukking van die armes misbruik, soos blyk uit vers 6.

2 Of: wat oor julle sal kom, naamlik sowel in hierdie lewe, as vernaamlik ná hierdie lewe. Sien Luk. 16:23.

3 Naamlik wat julle tot onderhoud van die armes moes bestee het.

4 Dit is, julle het dit eerder by julle laat bederf as om dit met die armes te deel.

5 Naamlik waarmee julle die naakte mense moes geklee het. Sien Jes. 58:7.

b Matt. 6:19. Rom. 2:5. 6 Naamlik wat julle tot onderhoud van julle naaste moes gegee het; soos tevore.

7 Naamlik in jul kiste of kaste, waarin julle dit gierig bewaar het, sonder om daarvan met die armes te deel.

8 Dit is, om julle te oortuig van jul gierigheid en van jul regverdige verdoemenis. Sien Matt. 10:18. Mark. 1:44.

9 Naamlik in die oordeelsdag.

10 Dit is, sal soos ’n vuur wees, waarmee julle gepynig sal word.

11 Sommige verstaan dit as die skat van God se toorn wat die gierigaards in die laaste dae sal oorval, waarvan Paulus in Rom. 2:5 spreek; maar dit kan beter verstaan word as die skatte van tydelike besittings; die gierigaards is altyd en uitsluitlik besig om dit bymekaar te maak. Sien Matt. 6:19.

12 Naamlik van die wêreld. Of van julle lewe, dit is, tot aan die einde van julle lewe; as julle al ’n hoë ouderdom bereik het, hou julle ewenwel nie op om gierig nog skatte te vergader nie. Sien Luk. 12:19. Of: teen die laaste dae.

c Lev. 19:13. Deut. 24:14. 13 Met hierdie een soort ongeregtigheid bedoel hy ook alle ander dergelike ongeregtighede.

14 Naamlik tot God, dat Hy wraak daaroor sou wil uitoefen. Sien Gén. 4:10. Hebr. 12:24.

15 Gr. die uitroepe, dit is, die klagte van die werkers oor hierdie ongeregtigheid van julle.

16 Dit moet verstaan word as ’n menslike beeld; daar word dikwels menslike ledemate aan God toegeskryf, nie letterlik nie (want God is Gees, Joh. 4:24), maar figuurlik. Hiermee word bedoel dat God hulle klagte verhoor het. Sien Ps. 18:7. Jes. 37:17.

17 Gr. Sabaot, of Sebaot, soos die Hebreërs dit lees. Dit is ’n Hebreeuse woord, en beteken leërskare, naamlik van die hemel en die aarde, wat in sy diens staan, en vir Hom stry teen sy vyande. Hierdie titel word dikwels in die Ou Testament aan God toegeskryf, sien Jes. 1:9. Jer. 11:20. Rom. 9:29. Hier word dit deur die apostel gebruik om daarmee sy groot mag aan te wys, wat Hy het om die onderdrukkers van die regverdiges te straf.

d Job 21:13. Luk. 16:19, 25. 18 Dit is, julle het jul rykdomme in oordadigheid, gulsigheid en brassery verkwis, en die arme honger laat ly. Sien ’n voorbeeld daarvan in Luk. 16:19, 20, ens.

19 Sien ook 1 Tim. 5:6.

20 Dit is, nie net jul liggame vet gevoer nie, maar dit ook gedoen met ’n groot begeerte van jul harte, om beide te versadig.

21 Dit is, soos op die groot feesdae, as die dankoffers geslag is, en die mense gewoonlik uitbundig feesgevier het, so doen julle daagliks. Sien Spr. 7:14. Jes. 22:13.

22 Dit is, die onskuldiges met geweld en wreedheid vervolg. Hiermee word daardie rykes bedoel wat ook in hoogheid sit en as owerheid aangestel is.

23 Dit is, hy laat hom deur julle onderdruk, sonder om iets daarteen te doen. Sien ’n voorbeeld daarvan in Nabot, 1 Kon. 21:13, en in Stéfanus, Hand. 7:59, 60.

24 Dit is, verdra geduldig die onreg en geweld wat hierdie rykes julle aandoen.

25 Naamlik om te oordeel; dan sal Hy die onreg, wat die vromes aangedoen is, wreek, dit hulle verdrukkers regverdig vergeld, 2 Thess. 1:5, 6, en hulle dan volkome van hulle verlos, Luk. 21:28.

26 Dit is, verwag dit met geduld.

27 Dit is, wat nodig is as die land eers besaai is.

28 Wat daarna, teen die tyd van die oes, vir die gewasse nuttig is. Sien Deut. 11:14 en die kanttekening.

29 Naamlik soos die landbouer. Of: Julle dan, wees geduldig.

30 Naamlik met ’n vaste vertroue dat die Here sy beloftes, wat Hy aan die gelowiges gemaak het, op die regte tyd sekerlik sal volbring.

31 Naamlik tot die oordeel; soos tevore.

32 Dit is, sal nie lank vertoef nie; dan sal Hy julle van die goddelose geselskap en geweld verlos.

33 Dit is, moenie mekaar met onbehoorlike woorde of werke rede gee om daaroor teen mekaar te sug nie, dit is, bedroef te wees of tot God te kla nie.

34 Naamlik Jesus Christus, wat as Regter van die wêreld alle onreg sal straf.

35 Dit is, is naby met sy wederkoms, soos iemand wat al tot by die deur of poort gekom het, en gereed is om in te gaan. Sien Matt. 24:33.

36 Gr. van die lyding van die kwaad, dit is, van verdrukkings.

37 Die Here Christus stel hulle vir dié doel ook as voorbeeld, Matt. 5:12.

38 Dit is, op las, bevel en ingewing van die Here. Sien 2 Petr. 1:20, 21.

e Matt. 5:11.

f Job 1:21, 22.

g Núm. 14:18. Ps. 103:8.

39 Dit is, die goeie uitkoms wat die Here vir Job gegee het uit al sy lyding, wat hy geduldig verdra het. Sien hieroor Job 42:10.

40 Gr. is van ruime ingewande; met die ingewande word ’n inwendige beroering van die gemoed tot barmhartigheid verstaan. Sien Luk. 1:78. Filip. 2:1. Kol. 3:12. Sien Filip. 1:8 se kanttekening.

h Matt. 5:34. 2 Kor. 1:17, 18. 41 Naamlik ydellik; of uit mismoedigheid, soos mense dikwels in teëspoed doen. Sien ook Matt. 5:34; 23:16, 18. Want anders is ’n wettige eedswering by die Naam van God nie verbode nie, Hebr. 6:16.

42 Dit is, nie by enige skepsele nie, soos baie gewoond was om te doen. Hulle het gemeen dat, as hulle die Naam van God nie in hul gesprekke noem nie, hulle die Naam van God dan nie ontheilig of ydellik misbruik nie; soos die Fariseërs ook geleer het. Sien Matt. 5:34, ens.

43 Wat ydellik of by enige ander skepsel gedoen sou word.

44 Dit is, die waarheid eenvoudig stel met ja, en desgelyks as iets ontken word, dit eenvoudig uitdruk met nee, sonder om ’n eed daarby te sweer in jul gewone omgangstaal, samesprekinge of handelinge.

45 Dit is, straf, wat God gedreig het oor diegene wat sy Naam ydellik gebruik, Ex. 20:7. Sien oor hierdie spreekwyse Matt. 23:14. Luk. 23:40. Rom. 2:3; 13:2. 1 Kor. 11:29. Jak. 3:1. Ander lees in geveinsdheid; waarmee dan aangetoon sou word dat sulke ydele ede óf by die skepsele uit geveinsdheid gesweer word, óf dat dit die mense tot geveinsdheid bring, soos blyk by die Fariseërs, Matt. 23:19.

i Ef. 5:19. Kol. 3:16. 46 Naamlik onder enige vorm van kwaad, soos die Griekse woord meebring.
k Mark. 6:13. 47 Naamlik liggaamlik.

48 Naamlik wat die gawe van gesondmaking deur wonders ontvang het, ’n gawe wat destyds aan sommige leraars en ouderlinge gegee is. Sien 1 Kor. 12:9.

49 Of: vir hom.

50 So het Elísa oor die seun van die weduwee gebid, 2 Kon. 4:33, Christus oor Lasarus, Joh. 11:41, en Paulus oor Eútichus, Hand. 20:10, naamlik dat God hom sy sondes wil vergewe en sy gesondheid teruggee.

51 Dit is, terwyl hulle die Naam van die Here aanroep, wat die Bewerker is van so ’n wonderbare gesondmaking.

52 Naamlik volgens die voorbeeld van die dissipels, wat van Christus die gawe van wonderbare gesondmaking ontvang het, en olie daarvoor gebruik het, Mark. 6:13 en die kanttekening. Nie dat daar in die olie enige verborge krag was om die siektes te genees nie, maar hulle het dit as ’n buitengewone teken gebruik, waardeur bekend geword het dat deur hulle diens so ’n wonder van God plaasgevind het tot bevestiging van hul leer; soos ’n mens sien dat Christus en die apostels, in die genesing van siektes, soms speeksel, modder, aanrakings, handoplegging, ander kere hul skaduwee, gordels en sweetdoeke daarvoor gebruik het. Hierdie gawe van wonderbare gesondmaking het baie honderde jare gelede opgehou, omdat dit nie meer nodig is nie, aangesien die evangeliese leer genoegsaam deur wonders bevestig is. So word hierdie uiterlike teken vandag nog tevergeefs en spottend as ’n sakrament gebruik. Dit word nog meer bygelowig misbruik, as hulle meen dat so ’n salwing krag het om die sondes weg te neem en dat dit tot die saligheid van siele dienstig is.

53 Dit is, wat sowel deur die ouderlinge as deur die kranke uit ’n ware geloof tot die Here gebid word.

54 Dit is, sal die kranke verlos van die liggaamlike siekte, ooreenkomstig die Here se wil.

55 Naamlik as die Werkmeester van hierdie wonderbare gesondmaking. Dit word uitdruklik hier bygevoeg, sodat ’n mens nie sal dink dat die olie of die uitgesproke gebed so ’n krag in hulself sou hê nie.

56 Of: ophelp, naamlik uit sy siekte.

57 Naamlik waarom God dié siekte oor hom sou kon beskik; soos in Joh. 5:14. 1 Kor. 11:30.

58 Naamlik deur die Here, as ’n mens Hom op passende wyse daarom bid.

59 Die apostel wil hiermee nie leer dat die gelowiges al hul sondes sou openbaar en bely voor ’n ampsdraer om daarvan onthef te word of vergewing te kry nie, soos verkeerdelik gemeen word. Want hy spreek hier uitdruklik van ’n belydenis wat mense aan mekaar moet doen, dit is, die een gelowige aan die ander, en ook onderling, soos omstandighede dit eis. Onder die misdade word eerstens die sondes verstaan wat die een gelowige teen die ander sou gedoen het, waardeur die liefde tot die naaste verbreek is en twis mog ontstaan het. Die apostel wil dat diegene wat teen sy naaste misdoen het, sy skuld sal bely of beken, en met hom daaroor versoen, soos ook Christus leer in Matt. 5:23. Dit behoort te alle tye te gebeur, maar dit is in die besonder nodig as ’n mens siek is. Daarbenewens, as iemand in ’n sonde geval het waaroor hy só beswaard is dat hy hom nie alleen goed kan troos nie, moet hy daardie sonde aan ’n ander bekendmaak, hetsy ’n ampsdraer, óf enige ander goeie vriend, om deur hom uit God se Woord getroos te word, en om hom te help bid dat daardie sonde hom deur God vergewe mag word; soos die volgende woorde stel.

60 Naamlik vir vergewing van sondes wat hulle teenoor mekaar bely het, asook vir die gesondheid van die liggaam wanneer iemand siek is, soos in die voorgaande vers.

61 Naamlik na liggaam en siel.

62 Dit is, kragtig en opreg; of sterk aanhoudend.

63 Dit is, van ’n vroom gelowige mens.

l 1 Kon. 17:1. Luk. 4:25. 64 Of: dieselfde lyding as ons. Sien Hand. 14:15. Dit word hier bygevoeg, sodat ’n mens nie sou dink dat Elía vanweë sy groot ywer en godsaligheid enige verdienste in sy gebede by God sou gehad het nie. Hy het ook sy swakhede gehad en is slegs uit genade deur God verhoor.

65 Gr. het ’n gebed gebid. Of: het met ’n gebed gebid. Dit is ’n Hebreeuse spreekwyse; deur die verdubbeling word te kenne gegee dat hy ernstig gebid het.

66 Dit is, op die land van die Israeliete. Want daar was geen algemene droogte oor die hele wêreld nie.

m 1 Kon. 18:45.
n Matt. 18:15. 67 Naamlik van die evangeliese leer, hetsy in oortuiging, of in wandel.

68 Naamlik deur onderwys in die gesonde leer, en ernstige vermanings tot boetvaardigheid, wat middele is waardeur God mense bekeer. Aan hierdie middele word toegeskryf wat God se eie werk is, omdat Hy kragtig daardeur werk.

o Spr. 10:12. 1 Petr. 4:8. 69 Naamlik van die dwalende, Jud. vers 23.

70 Naamlik van die ewige dood.

71 Naamlik as ’n instrument van hierdie behoudenis. Sien dergelike in 1 Tim. 4:16.

72 Naamlik van die afgedwaalde.

73 Dit is, sal daartoe lei dat God die sondes van die afgedwaalde bedek en hom dit nie sal toereken nie; ook dat sy sondes onder die mense as vergete en vergewe beskou sal word.

Einde van die brief van die apostel JAKOBUS.