Statevertaling – Bybelstigting
Geboorte van Jesus Christus.
EN 1in daardie dae het daar ’n bevel uitgegaan van keiser 2Augustus dat 3die hele wêreld 4ingeskryf moes word.
Hierdie 5eerste inskrywing het plaasgevind toe 6Cirénius goewerneur van Sírië was.
En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na 7sy eie stad.
En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, ana die stad van Dawid, bwat 8Betlehem genoem word, omdat hy uit die chuis en geslag van Dawid was,
om hom te laat inskrywe saam met Maria, 9die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
en sy het haar 10eersgebore Seun dgebaar en Hom toegedraai in 11doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Die herders van Betlehem.
EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die 12heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en 13groot vrees het hulle oorweldig.
En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek 14bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat 15vir die hele volk sal wees,
dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat 16Christus, die Here, is.
En dit is vir julle 17die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
En skielik was daar saam met die engel e’n menigte van die hemelse 18leërskare wat God prys en sê:
19Eer aan God in die hoogste hemele fen 20vrede op aarde, in die mense 21’n welbehae!
En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê 22die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en 23hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.
En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
maar Maria het al hierdie woorde bewaar en 24in haar hart oordink.
En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
Besnydenis en voorstelling van Jesus.
EN toe gagt dae 25vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom 26Jesus hgenoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.
En nadat die dae van 27haar ireiniging volgens 28die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
soos geskrywe is kin die wet van die Here: Elke 29manlike kind wat die moederskoot open, sal 30heilig vir die Here genoem word;
en om die offer te gee volgens wat gesê is in die 31wet van die Here: l’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
Símeon en Anna.
EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die 32Heilige Gees was op hom.
En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy 33die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens 34die gebruik van die wet,
het hy Hom in sy arms geneem en God 35geloof en gesê:
Nou m36laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
omdat my oë 37u nheil gesien het,
owat U berei het voor die oë van 38al die volke —
p’n lig tot 39verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, qhierdie Kind is 40bestemd tot ’n val en ’n opstanding van baie in Israel en tot 41’n teken rwat weerspreek sal word —
ja, 42’n swaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die 43gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
En daar was Anna, ’n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op 44baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het 45nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God sgedien, nag en dag.
En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here 46geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat 47die verlossing verwag het.
En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.
En die Kindjie thet gegroei en 48sterk geword 49in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
Die Kind Jesus tussen die leraars.
EN sy ouers 50was gewoond om elke jaar met die vpaasfees na Jerusalem te gaan.
En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
En nadat die feesdae vir hulle 51verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
Maar omdat hulle gedink het dat Hy 52by die reisgeselskap was, het hulle ’n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
xEn almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
En toe 53hulle Hom sien, was hulle 54verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, 55jou vader en ek het jou met 56angs gesoek.
En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van 57my Vader moet wees nie?
yEn hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.
En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle 58onderdanig. En sy moeder het al hierdie 59dinge in haar hart bewaar.
En Jesus het ztoegeneem in wysheid en 60grootte en in genade by God en die mense.
| 1 Naamlik terwyl Maria swanger was.
2 Hy was die tweede Romeinse keiser, wat Julius Caesar, die eerste, opgevolg het; en onder sy regering was die Romeinse Ryk op sy magtigste en rustigste. Hy het omtrent ses-en-vyftig jaar geregeer, en hierdie dinge het omtrent in die twee-en-veertigste jaar van sy keiserryk gebeur. 3 Gr. alles wat bewoon word, naamlik van die aarde; waardeur verstaan moet word: so ver soos die Romeinse Ryk toe gestrek het. 4 Naamlik om daaruit te wete te kom die aantal onderdane van die Romeinse Ryk en hul vermoë, sodat elkeen daarvolgens belas kon word. |
| 5 Hierdie inskrywing word die eerste genoem ten opsigte van nog ’n tweede, wat daarna plaasgevind het, waarvan melding gemaak word in Hand. 5:37, en deur Josephus, Oudhede.
6 Hy word in die Romeinse geskiedenisse Quirinus genoem, wat die goewerneur was oor die hele Sírië, waarvan Judéa toentertyd ’n deel was. |
| 7 Naamlik van waar hy afkomstig was en waar sy geslag gewoon het. |
| a Joh. 7:42.
b 1 Sam. 16:4, ens. c Matt. 1:1. |
8 Sien Miga 5:1, Matt. 2:1 en die kanttekeninge oor hierdie stad. Dit word Dawid se stad genoem, omdat Dawid daar gebore en opgevoed was, 1 Sam. 17:12. Joh. 7:42. |
| 9 Dit is wel aanneemlik dat Josef haar nou al by hom geneem het, volgens die bevel van die engel, Matt. 1:20, maar word hier nog steeds verloof genoem, omdat sy met hom so geleef het, asof hulle net verloof was. |
| d Matt. 1:25. | 10 Sien hieroor Matt. 1:25 se kanttekening.
11 Gr. windsels. |
| 12 Dit is, ’n goddelike glans en helderheid.
13 Gr. hulle het ’n groot vrees gevrees. |
| 14 Gr. evangeliseer.
15 Naamlik God se volk. Sien Matt. 1:21. |
| 16 Of: die Gesalfde. |
| 17 Naamlik waaraan julle die Kindjie sal ken, en vind dat dit waar is wat ek aan julle verkondig. |
| e Dan. 7:10. Openb. 5:11. | 18 Dit is, van engele, wat soos ’n leër van die Here is, deur wie Hy die vromes beskerm en die goddeloses straf, Ps. 34:8; 103:21. |
| f Jes. 57:19. Ef. 2:17. | 19 Of: heerlikheid.
20 Naamlik met God, Rom. 5:1. 21 Dit is, laat die welbehae van God deur Hom aan die mense vervul word, 2 Thess. 1:11 se kanttekening. Anders: van die welbehae, dit is, in die mense wat God na sy welbehae uitverkies het, Ef. 1:5. |
| 22 Gr. die mense, die herders.
23 Gr. hierdie woord. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| 24 Of: dit vergelyk met die ander sake, naamlik wat tevore hieroor aan haar breedvoeriger geopenbaar was en gebeur het, Lukas 1. |
| g Gén. 17:12. Lev. 12:3. Joh. 7:22.
h Matt. 1:21. Luk. 1:31. |
25 Dit is, toe die agtste dag aangebreek het. Sien Hand. 2:1.
26 Sien hieroor en oor die uitleg van hierdie Naam Matt. 1:21. |
| i Lev. 12:6. | 27 Naamlik van Maria.
28 Sien Lev. 12:2, 4 oor hierdie wet. |
| k Ex. 13:2. Núm. 3:13; 8:15-17. | 29 Naamlik sowel van mense as van diere, Ex. 13:2. Núm. 18:15-17.
30 Naamlik om óf geoffer te word, as dit rein diere was, óf vir vyf sikkels gelos te word, as dit volgens die wet nie geoffer mog word nie. |
| l Lev. 12:8. | 31 Sien Lev. 12:6, 8, waar so beveel word aan arm mense; want die rykes moes ’n eenjarige lam offer met ’n tortelduif of jong duif, die lam as brandoffer en die duif as sondoffer. |
| 32 Naamlik die Gees van profesie. |
| 33 Dit is, nie sterwe nie. |
| 34 Gr. die gewoonte; waarvan tevore gespreek is. |
| 35 Gr. geseën. |
| m Gén. 46:30. | 36 Gr. ontbind, laat los, naamlik van hierdie ellendige lewe, volgens u belofte. Sien dergelike in Filip. 1:23 en die kanttekening. |
| n Ps. 98:2. Jes. 52:10. | 37 Of: u saligmaking, dit is, Saligmaker, en dit waardeur die saligheid teweeggebring word. Sien Jes. 52:10. Luk. 3:6. |
| o Hand. 28:28. | 38 Naamlik sowel heidene as Jode, soos hierna volg. |
| p Jes. 42:6; 49:6. Hand. 13:47. | 39 Gr. openbaring. |
| q Jes. 8:14. Rom. 9:32. 1 Petr. 2:8.
r Hand. 28:22. |
40 Dit is, naamlik deur God. Hierdie woorde word geneem uit Jes. 8:14 en word deur Paulus verklaar, Rom. 9:32, 33. 1 Kor. 1:23, 24. 2 Kor. 2:16 en 1 Petr. 2:6, 7. Sien die kanttekeninge daar.
41 Dit is, as ’n teiken waarna elkeen mik en skiet. |
| 42 Dit is, bitter smarte, hoofsaaklik oor die lyding en sterwe van hierdie Seun van u.
43 Dit is, hul geloof en ongeloof sal geopenbaar word. Sien 1 Kor. 11:19. |
| 44 Gr. in baie dae. |
| s 1 Sam. 1:22. | 45 Dit is, was gedurig of daagliks in die tempel. |
| 46 Dit is, erken en betuig dat Hy die verwagte Messías was.
47 Naamlik wat beloof was om deur die Messías te geskied. |
| t Luk. 1:80. | 48 Dieselfde word ook in Luk. 1:80 gesê van Johannes, maar Christus het hierdie gawe nie met mate ontvang nie, Joh. 3:34.
49 Of: deur die Gees. Sien ook Luk. 1:80 se kanttekening. |
| v Ex. 23:15, 17. Lev. 23:5. Deut. 16:1. | 50 Naamlik volgens die bevel van God, Deut. 16:16. |
| 51 Gr. voltooi. |
| 52 Naamlik diegene wat saam met hulle na Násaret teruggekeer het. Die Jode het in groot groepe na die groot feeste opgegaan en weer teruggekeer, Ps. 42:5. |
| x Matt. 7:28. Mark. 1:22. Luk. 4:22, 32. Joh. 7:15. |
| 53 Naamlik Josef en Maria.
54 Naamlik omdat hulle gesien het dat Hy wat nog ’n kind was, onderneem het om met sulke groot leraars te spreek en hulle uit te vra. 55 Naamlik Josef. So spreek Maria volgens die mening van die Jode, Luk. 3:23, of omdat ’n mens gewoonlik ’n stiefvader ook vader genoem het. 56 Gr. synde beangs of benoud. |
| 57 Naamlik wat God, my hemelse Vader, My beveel het, en waartoe Ek deur Hom in die wêreld gestuur is. |
| y Luk. 9:45; 18:34. |
| 58 Naamlik soos die kinders aan hul ouers gehoorsaamheid verskuldig is volgens die wet, waaraan Hy Hom onderwerp het.
59 Gr. woorde. |
| z 1 Sam. 2:26. Luk. 1:80. | 60 Of: in ouderdom; want die Griekse woord het beide betekenisse, Luk. 19:3. Joh. 9:21, 23. |