Statevertaling – Bybelstigting

Lukas 7

Die hoofman van Kapérnaüm.

(Matt. 8:5-13.)

1

EN nadat Hy 1voor die ore van die volk al sy woorde 2beëindig het, ahet Hy in Kapérnaüm ingegaan.

2

En die dienskneg van ’n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie 3werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.

3

Toe hy dan van Jesus hoor, het hy 4ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg 5gesond maak.

4

En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom 6dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd 7dat U dit vir hom doen;

5

want hy het 8ons volk lief en het self die 9sinagoge vir ons gebou.

6

En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom 10om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.

7

Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; 11sê dit maar met ’n woord, en my kneg sal gesond word.

8

Want ek is ook ’n man 12wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

9

Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs 13in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie.

10

En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.

Die seun van die weduwee van Nain.

11

EN die dag daarna was Hy op weg na ’n stad met die naam van 14Nain; en baie van sy dissipels en ’n groot menigte het saam met Hom gegaan.

12

En toe Hy naby die 15poort van die stad kom, word daar net ’n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was ’n weduwee; en ’n groot menigte van die stad was by haar.

13

En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: 16Moenie ween nie!

14

En Hy het nader gegaan en 17die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, bstaan op!

15

En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.

16

En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God 18verheerlik en sê: c’n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: dGod het 19sy volk besoek.

17

En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Judéa en in die hele omtrek.

Johannes die Doper stuur twee dissipels na Jesus.

(Matt. 11:1-19.)

18

eEN die dissipels van Johannes het 20hom van al hierdie dinge berig gebring.

19

En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een 21wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

20

En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en 22gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

21

En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en 23kwale en bose geeste, en aan baie blindes 24die gesig geskenk.

22

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: fblindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

23

En salig is elkeen wat 25aan My nie aanstoot neem nie.

24

gEn nadat 26die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ’n Riet wat deur die wind beweeg word?

25

Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.

26

Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet!

27

Dit is hy van wie daar geskrywe is: hKyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

28

Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die 27kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.

29

En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, 28het hulle God geregverdig 29deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.

30

Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het 30die raad van God aangaande hulle 31verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.

31

iToe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?

32

Hulle is net 32soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.

33

kWant Johannes die Doper het gekom en het 33nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ’n duiwel.

34

Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is ’n mens wat 34’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars.

35

Maar die wysheid is 35geregverdig deur al sy kinders.

Die sondares wat die voete van Jesus gesalf het.

36

lEN een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan.

37

En toe ’n vrou in die stad, wat 36’n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 37’n albaste fles met salf gebring

38

en agter by sy voete gaan staan 38en geween; en sy het sy 39voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.

39

Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: mHy, as Hy ’n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ’n sondares.

40

En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek.

41

Hy sê toe: 40’n Sekere 41geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyfhonderd 42pennings geskuld en die ander een vyftig;

42

en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?

43

En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.

44

Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom — 43water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.

45

’n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, 44vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.

46

Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.

47

Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, 45want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.

48

En Hy sê vir haar: nJou sondes is vergewe.

49

Toe begin die wat aan tafel was, 46by hulleself te sê: oWie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?

50

En Hy sê vir die vrou: Jou 47geloof het jou gered; gaan in vrede.

a Matt. 8:5. 1 Gr. in die gehoor.

2 Gr. vervul.

  3 Gr. kosbaar, naamlik vanweë sy getroue diens.
4 Hierdie ouderlinge was die vooraanstaandes van die volk, wat in daardie tyd in elke stad gebruik was om die politiek te behartig of die kerk te regeer. Sien Matt. 26:3.

5 Gr. behou, naamlik in die lewe.

  6 Gr. vlytig.

7 Of: vir wie U dit sal doen. Anders: aan wie ’n mens dit sou doen.

  8 Naamlik die Jode, waaruit blyk dat hy ’n heiden was, soos ook uit vers 9.

9 Sien Matt. 4:23 se kanttekening oor die sinagoges.

  10 So kan dit wat in Matt. 8:6, ens. gesê word, ook verstaan word, dat hy dit wat hy deur sy vriende laat doen het, self gedoen het.
11 Dit is, gebied of beveel slegs met ’n woord dat my kneg gesond word. Sien Matt. 8:8.
  12 Sien Matt. 8:9 se kanttekening oor wat hy hiermee wil sê.
  13 Dit is, onder die Israeliete.
14 Dit was ’n stad in Galiléa, geleë aan die voet van die berg genaamd klein Hermon (heuwel More), by die spruit Kison, wat in die see van Galiléa inloop.
  15 Vroeër was die dooies, by die Jode en ook by ander volke, buite die stede begrawe, soos ook Christus in ’n tuin buite die stad begrawe was, Joh. 19:41, en soos nog op sommige plekke gebeur. Sien ook Gén. 23:19; 50:13.
16 Daarmee wil Christus nie verbied dat daar geween word oor die dooies nie, 1 Thess. 4:13, maar te kenne gee dat Hy die oorsaak van haar geween wil wegneem.
b Hand. 9:40. 17 Of: doodskis.
c Luk. 24:19. Joh. 4:19; 6:14; 9:17.

d Luk. 1:68.

18 Dit is, prys, loof.

19 Of: op sy volk ag gegee, naamlik ten goede, om hulle te verlos, Ex. 4:31.

e Matt. 11:2. 20 Gr. En aan Johannes het sy dissipels berig gebring.
  21 Dit is, die Messías. Sien in Matt. 11:3 se kanttekening die oorsaak van hierdie vraag.
  22 Dit is, om ons vir U te laat sê en vra.
  23 Gr. gésels. Sien Mark. 3:10 se kanttekening.

24 Gr. genadiglik om te sien geskenk.

f Jes. 29:18; 35:5; 61:1.  
25 Gr. in My. Sien Matt. 11:6 se kanttekening.
g Matt. 11:7. 26 Of: gestuurdes. Sien Matt. 11:7, ens. se kanttekeninge oor hierdie hele getuienis van Christus, oor Johannes die Doper.
h Mal. 3:1. Mark. 1:2.  
  27 Gr. die kleinere.
  28 Dit is, het sy regverdigheid, goedheid, trou en waarheid erken en geprys, soos in vers 35.

29 Gr. nadat hulle gedoop was. So ook (as ontkenning) in die volgende vers.

  30 Dit is, die middele wat God volgens sy wyse raad beskik het in die nuwe verbond, om daardeur die mense tot saligheid te bring. Sien Spr. 1:25, 30. Hand. 20:27. Hebr. 12:25. Immers, die raad bly altyd vas, dit is, die besluit van God oor die saligheid van sy uitverkorenes bly altyd vas, Matt. 24:24. Rom. 8:28, 29. Hebr. 6:13, ens.

31 Of: tot niet gemaak. Of: kragteloos gemaak; naamlik deur die moedswillige veragting tot hulle eie skade en verderf van die middele wat God tot saligheid van die mense verordineer het.

i Matt. 11:16.  
  32 Sien Matt. 11:16 se kanttekening vir die verklaring van hierdie beeld.
k Matt. 3:4. Mark. 1:6. 33 Dit is, nie gewone spys en drank soos ander mense gebruik nie. Want hy het sprinkane en wilde heuning geëet, Matt. 3:4.
  34 Gr. eter en wyndrinker.
  35 Sien Matt. 11:19 se kanttekening.
l Matt. 26:6. Mark. 14:3. Joh. 11:2; 12:3.
  36 Dit is, ’n groot sondares, met ’n oneerbare lewe, en in die stad bekend daarvoor.

37 Sien dergelike in Matt. 26:7. Mark. 14:3.

  38 Naamlik bedroef oor haar sondes, soos Petrus in Luk. 22:62.

39 Dit is tekens van haar boetvaardigheid en liefde tot Christus, wat voortkom uit die gevoel oor haar sondes en die vergewing daarvan, soos blyk uit vers 47.

m Luk. 15:2.  
  40 Wat die oogmerk van Christus met hierdie gelykenis is, toon Hy self, as Hy dit toepas op hierdie vrou, vers 47.

41 Of: uitlener, bankier.

42 Gr. denarii. Sien die waarde daarvan in Matt. 18:28 se kanttekening.

43 Met hierdie drie betonings van vriendskap het die mense destyds in dié lande hul vreemde gaste en vriende ontvang, soos te sien is in Gén. 18:4; 19:2. Ex. 4:27; 18:7. Ps. 23:5. Pred. 9:8. Rom. 16:16, en elders.
  44 Gr. vandat Ek ingekom het.
45 Hiermee word nie aangetoon dat hierdie groot liefde van haar die oorsaak was van die vergewing van haar sondes nie, maar dat dit ’n vrug, bewys en teken was dat haar baie sondes vergewe was; en dat sy daarom nie meer as so ’n sondares gereken moes word nie; soos blyk uit die volgende woorde en die hele oogmerk van hierdie gelykenis. Waaruit duidelik gesien kan word dat die vergewing van sondes gestel word as die oorsaak van die liefde, en nie die liefde as die oorsaak van die vergewing van sondes nie; soos ook in vers 50 gesê word, dat die geloof, en nie die liefde nie, haar gered het.
n Matt. 9:2.  
o Matt. 9:3. 46 Of: onder mekaar.
47 Dit is, deur jou geloof in My het jy hierdie weldaad van die vergewing van jou sondes ontvang, waardeur jy behou word tot saligheid. Sien Hand. 26:18.