Statevertaling – Bybelstigting
Onderwerping aan die owerheid.
LAATa elke 1mens hom 2onderwerp aan 3die magte wat 4oor hom gestel is, bwant daar is 5geen mag 6behalwe van God nie, en die 7wat daar is, is deur God 8ingestel,
sodat hy wat hom 9teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle 10oordeel ontvang.
Want 11die owerhede is geen voorwerp 12van vrees by 13die goeie dade nie, maar by 14die slegte. Maar 15wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal 16lof van hom ontvang;
want hy is ’n dienaar 17van God, 18jou ten goede. Maar as jy 19kwaad doen, 20vrees dan; want hy 21dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, 22’n wreker om die een wat kwaad doen, te 23straf.
Daarom is dit 24noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen 25ter wille van die straf nie, maar 26ter wille van die gewete.
Want 27daarom 28betaal julle ook 29belastings; 30want hulle is 31dienaars van God wat juis 32hiermee 33voortdurend besig is.
c34Betaal dan aan 35almal wat aan hulle verskuldig is: 36belasting aan die wat belasting, 37tol aan die wat tol, vrees aan 38die wat vrees, eer aan 39die wat eer toekom.
Liefde vir die naaste, waaksaamheid, reinheid.
40WEES aan niemand iets skuldig nie, 41behalwe om mekaar lief te hê; dwant hy wat ’n 42ander liefhet, het 43die wet 44vervul.
Want dít: e45Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word 46in hierdie woord saamgevat: fJy moet jou naaste liefhê soos jouself.
47Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde 48die vervulling van die wet.
En dit te meer, g49omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit 50die slaap wakker te word; want 51die saligheid 52is nou nader by ons as 53toe ons gelowig geword het.
hDie 54nag het 55ver gevorder en dit is 56amper 57dag. iLaat ons dan 58die werke van die duisternis 59aflê en 60die wapens 61van die lig 62aangord.
Laat ons k63welvoeglik 64wandel 65soos in die dag, lnie in 66brassery en 67dronkenskap, mnie 68in ontug en 69ongebondenheid, nnie in twis en nydigheid nie.
oMaar 70beklee julle met 71die Here Jesus Christus, pen maak geen voorsorg vir 72die vlees om sy 73begeerlikhede te bevredig nie.
| a Tit. 3:1. 1 Petr. 2:13.
b Spr. 8:15. Dan. 4:32. |
1 Of: siel. Dit is, elke mens, ongeag watter geslag, staat, beroep of ouderdom hy is; en gevolglik ook die kerkdienaars.
2 Dit is, moet nie net aan hulle gehoorsaam wees nie, maar hulle ook behoorlik erken en aan hulle eer bewys. 3 Dit is, die owerhede, wat deur God met mag en outoriteit oor ander gestel is. 4 Of: uitnemend, dit is, opperste mag het; waardeur nie net die hoë owerhede verstaan word nie, maar ook almal wat onder hulle in enige amp van regering gestel is, 1 Tim. 2:2. 1 Petr. 2:13, 14. 5 Dit is, geen owerheid met mag beklee nie. 6 Naamlik wat nie net die amp van die owerheid ingestel het nie, maar wat ook die persone daartoe verkies en aanstel (hoewel meestal deur middel van mense), Spr. 8:15. Dan. 4:32. 7 Naamlik hetsy hoë of lae owerhede, hetsy hoogste owerhede of die wat onder ander gestel is, 1 Petr. 2:13, 14. 8 Dit is, ingestel onder die menslike geslag om namens God met orde daaroor te regeer; hoewel sommige owerhede hul mag dikwels misbruik, wat God toelaat om die sondes van die volk te straf, Job 34:30. |
| 9 Naamlik nie net met opstand, soos Absalom nie, maar ook met ongehoorsaamheid in sake wat nie teen God se Woord stry nie.
10 Dit is, straf, sowel van God as van die owerhede. |
| 11 Dit is, die owerhede wat oor ons gestel is.
12 Naamlik om gestraf te word. 13 Dit is, as jy goed doen en hulle bevele gehoorsaam. 14 Naamlik dade, dit is, as jy kwaad doen en hulle bevele oortree. 15 Dit is, wil jy vry wees van die vrees om deur hulle gestraf te word. 16 Dit is, deur hom geprys, en met erkenning vereer word. Want die amp van die owerheid is nie net om die slegte te straf nie, maar ook om die goeie te beloon; deur hierdie twee sake word die liggaam van die staat soos deur senuwees saamgebind en bymekaargehou. |
| 17 Dit is, deur God gestel, om as ’n instrument van God vir jou te dien.
18 Dit is, om deur hom alles wat goed is aan jou te gee, en vir jou welvaart te sorg. Sien 1 Tim. 2:2 se kanttekening. 19 Dit is, die goeie wette van die owerhede oortree. 20 Naamlik om deur hom daarvoor gestraf te word. 21 Dit is, het die mag ontvang om die kwaaddoeners selfs ook met die dood te straf, Gén. 9:6, en laat die swaard nie sonder rede voor hom dra nie, of dra dit aan sy sy, om te kenne te gee dat hy sulke mag het, en dit ook teen die boosdoeners sal uitvoer. 22 Naamlik van Godsweë aan wie die wraak toekom, Rom. 12:19. 23 Gr. toorn. Sien dergelike in Matt. 3:7. Luk. 21:23. Rom. 2:8. |
| 24 Naamlik om daardeur ware onderdane, en vernaamlik ware Christene te wees.
25 Dit is, uit vrees vir straf. Gr. toorn. 26 Dit is, omdat ons weet dat God dit ingestel en beveel het, en dat daarom niemand, wat dit nie doen nie, ’n skoon en geruste gewete kan hê nie. |
| 27 Dit is, dit blyk dat jy aan die owerhede onderworpe is, en behoort te wees, omdat jy belasting betaal. Sien Matt. 22:21.
28 Naamlik aan die owerhede, of aan diegene wat deur hulle daarvoor aangestel is. 29 Daardeur word alle verpligtinge wat die onderdane opgelê word, verstaan. 30 Dit is ’n rede om te bewys dat dit billik is dat ’n mens aan die owerhede gehoorsaam is en belasting betaal. 31 Gr. leitourgoi. Hier sien ons dat die woord nie net gebruik word vir kerklike dienste of ampte, soos in Hand. 13:2 nie, maar ook vir politieke en burgerlike dienste. Sien ook Rom. 15:27. Hebr. 1:14. 32 Naamlik om God te dien in die regeer van die volk. 33 Gr. besig om daarmee te volhard; dit is, voortdurend in hierdie diens baie arbeid, swarigheid, moeite en sorge verduur. Sien oor hierdie woord Hand. 1:14. |
| c Matt. 22:21. | 34 Gr. Gee terug, of vergeld elkeen die skulde.
35 Naamlik die owerheid; hoewel dit ook in die algemeen verstaan kan word. 36 Is eintlik dit wat op persone of vaste goedere gehef word. 37 Is dit wat op die handelaars, of op die uit- en inkomende goedere en ware gehef word. 38 Naamlik die owerhede en hul dienaars, wat hulle gebruik om die kwaaddoeners te straf. 39 Naamlik die owerhede, hetsy hoë of lae, 1 Petr. 2:17. |
| d Gal. 5:14. 1 Tim. 1:5. | 40 Dit is, betaal elkeen dit wat jy aan hom verskuldig is, hetsy geld, dienste of iets anders. As ’n mens dit nie doen nie, bly die verpligting en skuld staan.
41 Want aan dié verpligting kan nooit voldoen of afbetaal word nie, maar bly altyd ’n nuwe skuld wat voortdurend betaal moet word. 42 Dit is, sy naaste. 43 Dit is, die gebooie van die tweede tafel van die wet, soos in die volgende vers verklaar word. 44 Dit is, gedoen en onderhou wat nie net in een of twee gebooie nie, maar in al die gebooie tesame geëis word, ten opsigte van al die dele van die wet; hoewel niemand ten opsigte van die grade van volmaaktheid in hierdie lewe die wet kan volbring nie, omdat ons liefde hier nog onvolmaak is, 1 Kon. 8:46. Ps. 19:13. Spr. 20:9. Jak. 3:2. 1 Joh. 1:8. |
| e Ex. 20:13. Deut. 5:17. Matt. 19:18.
f Lev. 19:18. Matt. 22:39. Mark. 12:31. Gal. 5:14. Jak. 2:8. |
45 Die apostel volg nie die volgorde van die gebooie, soos hulle in die tien gebooie voorgestel word nie, omdat daar nie soveel van afhang nie; solank as al die gebooie wel onderhou word.
46 Dit is, in hierdie een gebod. |
| 47 Hy beskryf hier die aard van die liefde, soos ook in 1 Korinthiërs 13.
48 Sien vers 8. 1 Tim. 1:5. |
| g Ef. 5:14. 1 Thess. 5:6. | 49 Dit is, omdat ons nou nie meer ongelowiges is nie, soos ons vroeër was, toe ons in die duistere nag van die onkunde geleef het, Ef. 4:18. Kol. 1:13. 1 Joh. 2:8, maar omdat Christus, die son van geregtigheid, Mal. 4:2, en die lig van die wêreld, Joh. 8:12, nou aan ons verskyn het.
50 Naamlik van die sondes, Ef. 5:14. 1 Thess. 5:6. 51 Of: ons saligheid is nou nader, dit is, die prys van ons hemelse roeping in Christus Jesus, waarvoor ons hardloop en jaag, 1 Kor. 9:24, 25. Filip. 3:14; dit is die einddoel van ons geloof, 1 Petr. 1:9. 52 Dit is, ons het nou deur ons Christelike wedloop nader aan die prys gekom, om dit spoedig te gryp, Filip. 3:12. 1 Tim. 6:12, en daarom moet ons nie verflou om hierdie Christelike wedloop te voleindig nie, 2 Tim. 4:7, omdat dit groot skande en skade sou wees, as ons – terwyl ons so naby gekom het – die prys deur verslapping of afwyking nie sou verkry nie. Want hoe nader iemand aan die prys kom, hoe vinniger behoort hy te hardloop. 53 Dit is, toe ons eers tot die geloof in Christus geroep is en tot bekering gekom het. |
| h 1 Thess. 5:5.
i Kol. 3:8. |
54 Naamlik van onkunde, 1 Thess. 5:5.
55 Die Griekse woord beteken dat die grootste deel daarvan verby is. Want al die duisternis is nog nie volkome uit ons harte weggedoen nie, 1 Kor. 13:9, 10. 56 Dit is, ons het tot die saligmakende lig van die kennis van Christus gekom, maar nie volkome, solank as ons in hierdie lewe is nie. Maar ons het soveel lig, soos daar is as die dag begin aanbreek en die lig deurkom. 57 Naamlik van saligmakende kennis, vers 13. 1 Thess. 5:5. 58 Dit is, die sondes, wat diegene wat nog in die duisternis van onkunde is, gewoond is om te doen, en vernaamlik die lelike sondes, waaroor die mense ook skaam kry om dit in die lig te doen, maar wat hulle in die nag in die duisternis bedryf, Job 24:15, 16. Joh. 3:20, 21. 1 Thess. 5:7. Sommige hiervan word in die volgende vers beskryf. 59 Naamlik soos die mense, as dit dag geword het, hul komberse afgooi en hul nagklere uittrek, en niks meer daarmee te doen het nie, Ef. 4:22. 60 Hierdie woord beteken alles waarmee die liggaam teen alle moontlike soorte verwonding beklee word; daardeur word hier allerlei Christelike deugde verstaan, waarmee ons siel nie net beklee en versier word nie, maar ook as ’t ware gewapen word teen die verwondinge en versoekinge van die duiwel en van die vlees. Sien Rom. 6:13. 2 Kor. 6:7. Ef. 6:11, 12, ens. 1 Thess. 5:8. 61 Dit is, wat voortkom uit die lig van die ware kennis van God, en tot sy eer voor die mense skyn, wat by diegene pas wat tot hierdie lig geroep is en eerbaar in die lig wil wandel. 62 Of: aantrek, soos diegene doen wat, nadat hulle uit die slaap opgestaan het, hul klere aantrek om hulle naaktheid te bedek en eerbaar in die lig te wandel. |
| k Filip. 4:8. 1 Thess. 4:12.
l Luk. 21:34. 1 Thess. 5:6. m 1 Kor. 6:10. Ef. 5:5. n Jak. 3:14. |
63 Dit is, nie net godsalig voor God nie, maar ook eerbaar voor die mense.
64 Dit is, ons lewe rig, en onder die mense verkeer. 65 Dit is, soos dit diegene betaam aan wie die lig van die saligmakende kennis deur die genade van God verskyn het. 66 Waardeur nie eerbare en matige maaltye verstaan word nie, Gén. 21:8. Joh. 2:1, maar gulsige en ontugtige maaltye, waartydens allerlei oordadigheid, losbandigheid, dansery en ligsinnigheid gepleeg word. 67 Of: oormatige drink van wyn of sterk drank, Jes. 5:22. 68 Dit is, owerspel of hoerery, wat gewoonlik in slaapkamers gepleeg word. 69 Dit is, oordadige en onkuise losbandigheid. |
| o Gal. 3:27.
p 1 Petr. 2:11. |
70 Of: trek aan; naamlik as jul kleed en wapen.
71 Naamlik om so deur die geloof sy geregtigheid aan te neem, en al sy deugde na te volg, julle siel daarmee te beklee en te versier, Gal. 3:27. 72 Dit is, die liggaam. Daarmee word nie verbied dat ’n mens die liggaam met behoorlike klere, voedsel, drank, medisyne en ander dinge, wat tot onderhoud daarvan nodig is, sou mog versorg nie; want dit word ook geprys, Ef. 5:29. 1 Tim. 5:8, 23. Dit moet egter nie gedoen word om die liggaam in sy sondige begeertes te bevredig nie, 1 Kor. 9:27. 73 Naamlik dinge wat strek tot onmatigheid, hoogmoed, gulsigheid, onkuisheid, om die liggaam daarin te voed en aan sy eise toe te gee, 1 Joh. 2:16. |