Statevertaling – Bybelstigting
Versoening met God en vrede deur die geloof.
OMDATa ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons 1vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
bdeur wie ons ook deur die geloof die 2toegang verkry het 3tot hierdie genade waarin ons cstaan; en ons droem 4in die hoop op 5die heerlikheid van God.
En nie alleen dit nie, emaar 6ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking 7lydsaamheid werk,
en die lydsaamheid 8beproefdheid en die beproefdheid 9hoop;
en die hoop 10beskaam nie, omdat 11die liefde van God in ons harte 12uitgestort is deur die Heilige Gees 13wat aan ons gegee is.
fWant toe ons nog 14swak was, het 15Christus op die 16regte tyd vir 17die goddelose gesterwe.
Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe — vir ’n 18goeie mens sal iemand 19miskien nog die 20moed hê om te sterwe —
maar God 21bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus gvir ons gesterf het toe ons 22nog sondaars was.
Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is 23in sy bloed, deur Hom gered word 24van die toorn.
Want as ons, terwyl ons nog 25vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons 26deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
En nie alleen dit nie, maar 27ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom, deur een mens ook die geregtigheid en die lewe.
28DAAROM, soos hdeur 29een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde idie dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, 30omdat almal 31gesondig het —
want 32vóór die wet 33was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word 34nie toegereken 35as daar geen wet is nie.
Tog het 36die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle 37wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 38’n voorbeeld is 39van Hom wat sou kom.
Maar dit is met die 40misdaad nie soos met 41die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één 42baie gesterf het, veel meer het 43die genade van God en 44die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, 45vir baie 46oorvloedig geword.
En nie soos deur 47één wat gesondig het, is die gawe nie; want 48die oordeel was uit één tot 49veroordeling, maar die genadegawe is uit 50baie misdade tot vryspraak.
Want as ten gevolge van die misdaad van 51die een die dood geheers het deur die een, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid 52ontvang, 53in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense 54tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur 55een daad van geregtigheid 56vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
57Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
k58Maar die wet het daar 59bygekom, sodat die misdaad 60meer sou word; len waar die sonde meer geword het, het 61die genade nog meer oorvloedig geword;
sodat, soos die sonde 62geheers het 63in die dood, so ook 64die genade kan heers 65deur die geregtigheid 66tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
| a Jes. 32:17. Joh. 16:33. Ef. 2:13. | 1 Dit is, vriendskap van God, terwyl ons tevore sy vyande was, verse 8, 10, en die versekerdheid daarvan in ons gemoed, waardeur ons in God rus vind, Joh. 16:33. Rom. 14:17. |
| b Joh. 10:9; 14:6. Ef. 2:18; 3:12. Hebr. 10:19.
c 1 Kor. 15:1. d Hebr. 3:6. |
2 Of: toeleiding. Hierdeur word te kenne gegee dat ons nie vanself tot hierdie genade gekom het nie, maar dat ons deur Christus deur sy Gees daarheen gelei is, Ef. 2:8. Hebr. 8:10.
3 Dit is, tot hierdie staat van vriendskap en vrede met God. Waaruit ook voortkom dat ons met vrymoedigheid tot Hom gaan, en Hom as Vader durf aanroep, Ef. 2:18; 3:12. Hebr. 4:16. 4 Of: op die hoop, dit is, lydsame verwagting deur Christus. 5 Naamlik wat namaals in ons geopenbaar sal word, Rom. 8:18. |
| e Jak. 1:3. | 6 Dit is, ons verheug ons selfs daarin, en trotseer die verdrukkinge om die versekerdheid wat ons van die goeie uitkoms daarvan het, Rom. 8:34, ens.
7 Nie dat die aard van die verdrukking dit doen nie, maar omdat Christus die gelowiges deur sy Gees daarteen versterk, Joh. 16:33. Rom. 8:37. |
| 8 Of: ervaring, naamlik van Christus se hulp en trou in die volbringing van sy belofte, waarmee Hy beloof het om ons in sulke swarigheid by te staan, Joh. 14:17, 18. 2 Kor. 1:5, 6.
9 Naamlik dat ook die vervulling van alle ander beloftes, en in die besonder die belofte van die ewige saligheid, daarop sal volg, soos ons die vervulling van hierdie belofte hierin ervaar en voel. |
| 10 Dit is, faal en bedrieg nie. Want as ons iets verwag, of roem in die hoop daarop, en dit gebeur nie, word ons daaroor in onsself bedroef en by ander beskaam.
11 Naamlik waarmee Hy ons in Christus Jesus liefhet, soos in vers 8 uitgedruk word. Dit vertroos en versterk ons in die tyd van verdrukking die meeste, Rom. 8:38, 39. 12 Dit is, oorvloedig betuig, Rom. 8:16. 13 Naamlik as Trooster in ons gemoed, en as onderpand van ons erfenis, Joh. 14:16, 17. 2 Kor. 1:22. Ef. 1:13. Dit is die eerste fondament, waarom die hoop nie beskaam nie, omdat die Heilige Gees hierin nie kan lieg nie. |
| f Ef. 2:1. Kol. 2:13. Hebr. 9:15. 1 Petr. 3:18. | 14 Of: onmagtig, naamlik om onsself te verlos, as mense wat deur die sonde oorwin is soos deur ’n dodelike siekte.
15 Dit is die ander fondament van ons hoop, naamlik die versekerdheid van die liefde van Christus vir ons, wat ons met God versoen het toe ons nog vreemd van Hom was, en sal ons nou veelmeer red, nadat ons deur die geloof sy vriende geword het. 16 Of: op die geskikte tyd, dit is, op die tyd wat deur God bestem is, Gal. 4:4. 17 Dit is, wat in hulleself sondaars was, en deur hul sondes God se toorn meer en meer oor hulle verwek het. |
| 18 Of: nuttige, dit is, wat vir hom of ander nuttig en van diens is.
19 Die apostel sê dit, omdat in die besonder in die Romeinse geskiedenisse, hoewel baie min, nogtans ’n paar gevind word, wat hulle aan die dood oorgegee het om hul vriende en medeburgers van swarigheid te verlos; maar nie een van hulle het vir sy vyande gesterf, soos Christus gedoen het nie. 20 Gr. durf. |
| g Hebr. 9:15. 1 Petr. 3:18. | 21 Of: maak bekend.
22 Dit is, toe die sonde nog oor ons geheers het, Joh. 9:31. Rom. 6:17, 19, 20. |
| 23 Of: deur sy bloed, dit is, deur sy gehoorsaamheid tot die dood van die kruis, Filip. 2:8, wat die bewegende oorsaak is waarom God ons regverdig maak en waarop die geloof steun, Rom. 3:25.
24 Dit is, van die straf van die toekomende oordeel, 1 Thess. 1:10, wat ook die dag van die toorn genoem word, Rom. 2:5. |
| 25 Naamlik vanweë die sonde wat in ons was, wat God haat, en wat vyandskap teen God is, Rom. 8:7. Andersins het hy gesê dat God ons liefgehad het, toe ons nog sondaars was, vers 8; naamlik ten opsigte daarvan dat ons deur Hom uitverkies en aan Christus gegee is om verlos te word, Joh. 17:2, 6. Rom. 9:13.
26 Gr. in sy lewe, dit is, deur Hom wat nou leef en sit aan die regterhand van God, waar Hy vir ons intree, en alle dinge aan Hom onderwerp het, Rom. 8:34. Ef. 1:20-22, ens. Hebr. 9:24. |
| 27 Naamlik hieroor, dat ons, omdat ons versoen is, ook van die toekomende toorn bewaar sal word, verse 9, 10, en dat God ons God is en ewiglik sal bly. |
| h Gén. 3:6. 1 Kor. 15:21.
i Gén. 2:17. Rom. 6:23. |
28 In die volgende verse verklaar die apostel hoe ons deur Christus geregverdig is. ’n Teenstelling word gemaak van Adam en sy ongehoorsaamheid, waardeur die dood tot alle mense deurgedring het, verse 12-14, en daarna hoe Christus se gehoorsaamheid ons daarenteen tot geregtigheid strek, verse 15-19, deur God se toerekening. Daarom is dit nie ongerymd nie, dat ons almal deur die gehoorsaamheid van die Één geregverdig word, aangesien ons almal deur die ongehoorsaamheid van een mens tot sondaars gestel is.
29 Naamlik Adam, 1 Kor. 15:21, waaronder ook Eva begrepe is, aangesien hulle twee een vlees was, en saam die stam van die hele menslike geslag, Ef. 5:31. 1 Tim. 2:14. 30 Of: vir soveel. Dit bring ook noodwendig dieselfde betekenis as onderstaande in wie mee, want nie alle mense wat sterf, het in hulleself sondes met die daad begaan nie, soos blyk in babas, waarvan baie as suigelinge sterf, en daarom in hierdie een mens, in wie se lendene hulle was, moes gesondig het; soos gesê word dat Levi tiendes gegee het, terwyl hy in die lendene van Abraham was, Hebr. 7:9. Sien hieroor ’n breedvoeriger verklaring in die volgende verse en Job 14:4. Ps. 51:7. Joh. 3:5, 6. Ef. 2:3, ens. Gr. in wie. Naamlik in een mens, soos hierdie Griekse woordjie epi elders ook gebruik word. Paulus spreek ook só van hierdie saak in 1 Kor. 15:22. 31 Naamlik net so het ook deur die Één, Jesus Christus, die geregtigheid en die lewe oor alle gelowiges gekom. Soos Paulus tot ’n slotsom kom in verse 18, 19. |
| 32 Naamlik deur Moses gegee.
33 Soos uit die dood blyk, vers 14, wat die loon van die sonde is, Rom. 6:23. 34 Dit is, nie as sonde gehou of gereken nie. 35 Waaruit die apostel tot die slotsom wil kom dat daar dan ’n ander wet was, en alle mense deur die oortreding daarvan in daardie tyd sondaars was; en dat nie net die wet van die natuur, wat die babas nie oortree het nie, maar die wet wat God aan die eerste mens gegee het, se oortreding, almal, selfs ook die babas, toegereken is, soos die volgende vers meebring. |
| 36 Naamlik nie net die geestelike en ewige dood nie, maar ook die liggaamlike dood, waarvan hy in hierdie vers in die besonder spreek, omdat dit vir almal duidelik was, Rom. 8:10. 1 Kor. 15:22.
37 Dit is, die babas, wat nog geen sondes met die daad teen die wet van God gedoen het nie, soos Adam en alle volwassenes ná hom wel gedoen het, en wat ewenwel sterf. Waaruit dan blyk dat hulle met die erfsonde besmet is. 38 Dit is, ’n gelyke voorbeeld, naamlik dat, soos Adam diegene wat op ’n natuurlike manier uit hom gebore is, in hom en deur hom tot sondaars gestel het, Christus ook net so almal wat deur Hom op ’n bonatuurlike wyse wedergebore word, in Hom en deur Hom tot regverdiges stel, soos die volgende verklaring bewys. 39 Dit is, van Christus, die beloofde saad, wat die Satan se kop sou vermorsel, Gén. 3:15, na welke belofte die apostel hier skynbaar verwys. Want dáár word die tweede Adam belowe, direk nadat die eerste geval het. |
| 40 Of: val, afval; dit is, die sonde van Adam, wat in hierdie hoofstuk meermale met hierdie woord benoem word.
41 Dit is, die weldaad wat vir ons deur Christus verkry is en aan ons geskenk word. 42 Dit is, nie net hy self nie, maar baie ander, naamlik almal wat na die natuur uit hom voortgekom het. 43 Dit is, die barmhartigheid en onverdiende guns van God. 44 Dit is, die geregtigheid van Christus, wat ons deur God uit genade deur die geloof toegereken word. 45 Dit is, almal wat deur die geloof in Hom ingelyf word. 46 Dit is, kragtiger en menigvuldiger. ’n Beeld geneem van die water wat die vuur deur sy krag of vloed uitblus. Net so blus ook die krag en oorvloed van Christus se geregtigheid die sonde en skuld uit. |
| 47 Naamlik Adam, soos tevore.
48 Naamlik waardeur ons vanweë die sonde voor God se oordeel die tydelike en ewige dood skuldig is, soos uit die volgende blyk. Sien 1 Tim. 5:12. 49 Naamlik vir diegene wat nie deur die geloof in Christus van hierdie verdoemlike toestand verlos word nie. 50 Naamlik van diegene wat hierdie sonde van Adam met baie ander sondes verswaar het, soos alle mense doen wat tot volwassenheid gekom het. |
| 51 Naamlik Adam, soos tevore.
52 Of: aanneem, naamlik deur die ware geloof, Joh. 1:12. 53 Dit is, hierdie geestelike lewe deelagtig wees, en die oorhand het oor die sonde en sondeskuld, Gal. 2:19, 20. Ef. 2:5, 6, en hierna die ewige lewe deelagtig word, soos in vers 21 nader verklaar word. |
| 54 Dit is, hulle in so ’n staat gebring het, waarin hulle voor God doemwaardig is, Rom. 3:19. Ef. 2:1, 3.
55 Gr. dikaioma. So noem hy die gehoorsaamheid van Christus, omdat dit die krag het om ook ander regverdig te maak, soos die Griekse woord hier meebring; en word gestel teenoor die oortreding van Adam, waarin ook die krag was om ander tot sondaars te maak, vers 19. 56 Naamlik die wat in Hom glo; of: die wat hierdie gawe aanneem, vers 17. |
| 57 Hier sluit die apostel die vergelyking tussen Adam en Christus af; naamlik dat, soos die ongehoorsaamheid van Adam ons toegereken word tot skuld van die verdoemenis, net so word Christus se gehoorsaamheid ons toegereken tot ontheffing van die skuld. Dit is wel waar dat, soos ons deur Adam se eerste misdaad nie net daaraan en aan die straf daarvan, skuldig geword het nie, maar ook ons natuur daardeur verdorwe geraak het, ons net so deur Christus se gehoorsaamheid nie net van die straf verlos is nie, maar ook deur die krag daarvan deur sy Gees in ons gemoed vernuwe en geheilig word. Die apostel het egter tot nou toe nie daarvan gespreek nie, maar begin daarvan te spreek in dit wat volg. Hierdie vernuwing is in hierdie lewe ook geheel onvolmaak, soos hy met sy eie voorbeeld in hfst. 7 sal bewys, sodat ons daardeur nie voor God regverdig gestel kan word nie. |
| k Joh. 15:22. Rom. 4:15; 7:8. Gal. 3:19.
l Luk. 7:47. |
58 Hier beantwoord die apostel die volgende teëwerping: Indien ons slegs deur die geregtigheid van Christus tot regverdiges gestel word, waarvoor is die wet dan deur Moses aan die Israeliete gegee? Hy verklaar dat die wet nie gegee is om daardeur geregverdig te word nie, maar sodat die sonde, en die straf wat ons vanweë die sonde skuldig is, des te beter bekend sou word; en dat so die genade van God in Christus, wat ons nieteenstaande die swaarte van ons sondes regverdig maak, des te meer geag sou word, en dat ons met meer ywer ons toevlug daartoe sou neem. Sien Gal. 3:19.
59 Naamlik benewens die skuld waaraan ons van nature onderworpe was; of: benewens die belofte, wat reeds aan Abraham gemaak was, waarvan in die voorgaande hoofstuk en Gal. 3:17 gespreek word. 60 Dit is, klaarblykliker, en ook sterker, nie deur die skuld van die wet nie, maar van ons verdorwe natuur, wat altyd streef na dit wat hom verbied is, Rom. 7:5, 8. 61 Sien vers 15 se kanttekeninge. |
| 62 Dit is, die oorhand oor ons gehad het, of ons aan sy mag onderwerp het.
63 Naamlik die tydelike en ewige dood, soos blyk uit die volgende teenstelling. 64 Naamlik van God oor ons. 65 Naamlik wat Hy ons deur die geloof geskenk het. 66 Naamlik wat hier in ons begin, en hierna ten volle aan ons geopenbaar sal word, Joh. 11:25, 26. Kol. 3:3, 4. |