DIE TWEEDE BRIEF VAN DIE APOSTEL
PAULUS AAN DIE THESSALONICENSE
Spring na die lys van die boek nameINHOUD VAN HIERDIE BRIEF.
NÁ die apostoliese opskrif, vervat in die eerste twee verse, prys Paulus die standvastigheid van die Thessalonicense, en vertroos hulle teen die verdrukkinge met die koms van JESUS CHRISTUS om te oordeel, tot straf van die vervolgers en tot hulle verlossing, wat hy doen in die eerste hfst. Daarna waarsku hy hulle dat die dag van die oordeel nie so spoedig sal kom nie, maar dat die afval eers moet kom, en die Antichris geopenbaar moet word, wie se opkoms, kragtige verleiding en ondergang hy beskryf, met ’n nuwe vermaning tot standvastigheid in die geloof wat hulle aangeneem het, tot die einde van die tweede hfst. Eindelik vermaan hy hulle tot ’n Christelike lewenswandel en vernaamlik om te bid vir hom, tot onderlinge liefde, en tot vermyding en waarskuwing van die wat onordelik wandel, wat hy deur sy voorbeeld bestraf en ernstig vermaan tot die 16de vers van die derde hfst. En sluit die brief af in die laaste drie verse met ’n gebed tot God vir hulle, en met die gewone apostoliese groet.